by

Tjorre

November 28, 2011 in Sonder kategorie

Dis waar. Kyk na n ou se ryding en jy kyk na hom.

Veertig jaar gelede het ek weereens klaar geswot. Ek ontruim my eenkamer woonplek in Braamfontein.

Dit vat n harde dag se meet en pas om die wat nie weggegooi word nie binne en bo-op my 1952

1200 cc Wolseley te pak. Dit was n eenmanjob. Teen 23 uur is ek p^e. Beste sou wees om eers te slaap,

maar selfs daardie jare sou my gepakte besittings nuwe base gekry het.

Val toe maar in die pad. Verby Soweto, rigting Potch. Kry toe die blink idee na so sestig myl. Ry met

n plaaspad weg van die hoofweg en knip n uiltjie.

Toe ek ligte afskakel is dit pikdonker. Net paddas wat kwaak. En muskiete. Oo wee. Dommel so liggies

weg, al sitende.

So teen vieruur, is daar amper baie popo in die fen. Die plaaslike melkboer stop net betyds.

Toe ry ek maar verder. Kaap toe.

So teen twee uur is dit ek en die lang reguit Karoopad en die hitte. O”e val kort kort toe.

Onverantwoordelik neuk ek voort. (Die pad was daai tyd nie so besig soos vandag nie.)

Elke keer word ek wakker as die linker wiele die grondskouer tref.

Met die tiende wakker word pluk ek te heftig aan die stuurwiel. Links, regs, links , regs.

Toe rol Wolseley. Kom op sy dak tot rus. Alles stil. Toe hoor ek petrol drup. Aan die brand slaan ?Verkool?

Gelukkig draai die venster nog oop. Ek kruip uit. Net n klein wondjie aan die kop.

Twee minute later hou n plaaslike boer stil. Kort daarna n ou met n bakkie. 

Binne vyf minute bereken ek Wolseley gaan te duur kos om te herstel. Boer offer R30 vir die wrak.

Bakkieman sal vir R3O vir Bruggie en al sy besittings in die Kaap aflewer.

Sien ,Tjorre het voordele. 

3 antwoorde op Tjorre

  1. TS het gesê op November 28, 2011

    Ai mens het darem vir baie dinge kans gesien toe ‘ons’ jonk was.
    Ek kan onthou dat ‘ons’ maklik vir ‘n naweek see toe is en dan Maandag oggend weer betyds voor die klas gestaan het.

  2. Toe word Wolseley ‘n hoenderhok 🙂

  3. 40 jaar terug het jy klaar studeer en ek het begin

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.