Ou hardloop skoene
November 17, 2011 in Sonder kategorie
Ek gooi moeilik ou (duur) hardloop skoene weg.
Hulle is handig vir vuil werk .
Verlede week beland n paar tog op die syspaadjie langs die wheelie.
Die snuifelaars was soos gewoonlik oorvloediglik daar.
My ou skoene word verwerp. Miskien te groot. (Size 45)
Bedaar dames, dis nie waar wat hulle se van groot voete nie.
Na n paar dae word die skoene tog gevat.
n Veel kleiner, stukkender, paar word agter gelaat.
Voorspoed, Broer.
lora2me het gesê op November 17, 2011
Sien, daar’s altyd iets vir ‘n ander outjie in ‘n mens se weggooi goed … tot ou, gaar skoene. Ek hou van die inruilstorie.
Modigliani het gesê op November 17, 2011
Ek is seker jy gaan goeie myle uit daai skoene kry.
vygie het gesê op November 17, 2011
Hierdie dame het nou lekker ge-smile!
loudavisi het gesê op November 17, 2011
Dis nou regtig ‘n goeie comeback!
benvanbruggen het gesê op November 17, 2011
Vygie jy’s die enigste wat gesmile het
oor die groot voete volkswysheid.
benvanbruggen het gesê op November 17, 2011
Hello, Lou
benvanbruggen het gesê op November 17, 2011
Ons gaar te veel op, Lora
TS het gesê op November 17, 2011
Ag hoe hartseer… enige skoene was beter as syne… dink net hoe arm moet hy/sy wees
benvanbruggen het gesê op November 17, 2011
Ek bewonder jou flyt , MK. Besige mens,
jy.
Creme-Soda-Junky het gesê op November 17, 2011
hehe! Ek gooi ook nie sommer my ou tekkies weg nie. Ek het al drie ou pare in my kas.
benvanbruggen het gesê op November 17, 2011
Jy’s reg Tina, die armoede van al
hierdie snuffelaars is hartseer.
Op die TV was daar beelde van
mense wat baklei om eerste by die
nuutgetipte sakke te kom.
benvanbruggen het gesê op November 17, 2011
Gooi weg, CS. Ek kry elke keer
athlete’s foot van die ou skoene.
Daai taai swam wag daar vir jou.
rosiemetdorings het gesê op November 17, 2011
ek dra my skoene tot niemand dit meer wil besit, dan word dit tuinskoene
Blikskottel het gesê op November 17, 2011
As ek nou my vroutjie se moer goed wil koer, dan moet ek nou my holy tekke aantrek.
benvanbruggen het gesê op November 17, 2011
Drie maal duimlengte is heel bruikbaar.
benvanbruggen het gesê op November 17, 2011
My toonnaels grou gaaie in al my tekke.
Mooi een , holy tekke, Blikskottel