Jy blaai in die argief vir 2011 November.

by Bruggie

Nursie

November 30, 2011 in Sonder kategorie

Modderkoekie is die enigste jongeling wat skynbaar belang gestel het in die debat van my vorige pos.

Vandag besluit Tina om eerder n lang lys grappies te plaas oor oud word. Ek stem saam , grappies is beter.

Tog wil ek nou vertel van n bepaalde niche mark wat n verpleegster hier in my geweste haar eie gemaak het.

Ek het haar ontmoet in die laaste jare van n steunpilaar van ons seniorsskaakgroepie. Hierdie slim man het

met haar getrou . Hy het haar lief gehad omdat sy hom goed versorg het. Sy het hom ook lief gehad en sy dood was vir haar swaar.

n Week gelede praat ek met n man wat op sy dag n wereldklas pianis was. Hy is opgewek. Toe ek hom tien jaar gelede

gesien het was hy suur. Hy kon dit nie verwerk dat dat hy nie meer klasgee nie, nie meer belangrik was nie. Oor beuselagtighede

het hy in die koerante briewe geskryf en gekla.

Hoekom is ou knorpot nou weer gelukkig ? Aan sy sy is die weduwee van die skaakspeler. Sy is die nuwe mev/doktor/professor.

Sy versorg hom . As verpleegster weet sy hoe. Sy straal ook,want versorging is haar roeping. 

by Bruggie

Vrynet ?

November 29, 2011 in Sonder kategorie

Nuwe maat op 72 ?

 

Ek is al 7 jaar n wewenaar. Sorg vir myself in n lekker, stil huis.

Weer vrou soek ? Glo nie. Gelukkig soos ek is.

 

 

 

n Weduwee wat alleen woon binne 10 km radius, sal gaaf wees.

Lekker om nou en dan saam tee te drink en takies vir haar te verrig. Beide gaan voort met hul eie lewens en deel wanneer dit albei pas.

 

Ligloop vir bitter geskeides.

 

Vermy alle vrouens jonger as 30.

 

Pasop vir die mooies. Die sugar daddy ding is nie vir my nie.

 

Beste ouderdom vir n blywende maat waarskynlik 70 +

 

n Wyse , rustige vrou, wakker en skerp van gees, woon dalk tevrede alleen iewers in Kaapstad.

by Bruggie

Tjorre

November 28, 2011 in Sonder kategorie

Dis waar. Kyk na n ou se ryding en jy kyk na hom.

Veertig jaar gelede het ek weereens klaar geswot. Ek ontruim my eenkamer woonplek in Braamfontein.

Dit vat n harde dag se meet en pas om die wat nie weggegooi word nie binne en bo-op my 1952

1200 cc Wolseley te pak. Dit was n eenmanjob. Teen 23 uur is ek p^e. Beste sou wees om eers te slaap,

maar selfs daardie jare sou my gepakte besittings nuwe base gekry het.

Val toe maar in die pad. Verby Soweto, rigting Potch. Kry toe die blink idee na so sestig myl. Ry met

n plaaspad weg van die hoofweg en knip n uiltjie.

Toe ek ligte afskakel is dit pikdonker. Net paddas wat kwaak. En muskiete. Oo wee. Dommel so liggies

weg, al sitende.

So teen vieruur, is daar amper baie popo in die fen. Die plaaslike melkboer stop net betyds.

Toe ry ek maar verder. Kaap toe.

So teen twee uur is dit ek en die lang reguit Karoopad en die hitte. O”e val kort kort toe.

Onverantwoordelik neuk ek voort. (Die pad was daai tyd nie so besig soos vandag nie.)

Elke keer word ek wakker as die linker wiele die grondskouer tref.

Met die tiende wakker word pluk ek te heftig aan die stuurwiel. Links, regs, links , regs.

Toe rol Wolseley. Kom op sy dak tot rus. Alles stil. Toe hoor ek petrol drup. Aan die brand slaan ?Verkool?

Gelukkig draai die venster nog oop. Ek kruip uit. Net n klein wondjie aan die kop.

Twee minute later hou n plaaslike boer stil. Kort daarna n ou met n bakkie. 

Binne vyf minute bereken ek Wolseley gaan te duur kos om te herstel. Boer offer R30 vir die wrak.

Bakkieman sal vir R3O vir Bruggie en al sy besittings in die Kaap aflewer.

Sien ,Tjorre het voordele. 

by Bruggie

Komediant

November 27, 2011 in Sonder kategorie

Ek en Mater sit heerlik en kakpraat. Ons het sopas

n lekker juicy steak agter die ribbes. Die fraaie

Angie bring filter koffie. Dis seker haar wegstappie wat Mater

uit die bloute laat vra :

 

“Wat is die vroulike van KOMEDIANT ?”

 

“Seker maar KOMEDIENNE” , speel ek saam.

 

Mater smaail net ondeund. Ek laat hom maar sy grappie geniet. Hy moet die spanning eers laat opbou. Na n ruk gee hy toe n clue. Dink aan

“kom” . En later nog n clue. Almal het twee en tien.

 

Selfs toe was ek te dom.

 

Mater moes dit toe vir my uitspel.

 

Manlik —– Kom-met-die hand

Vroulik——Kom-met-die-vinger.

 

Mater, jou ou blikskottel !

 

(alle eer aan Thomas se ramblings)

by Bruggie

Oooooeps

November 25, 2011 in Sonder kategorie

n Omie in n vliegtuig hoog bo Vietnam beleef n senior oomblik.

Hy probeer die nooduitgangdeur oopmaak want dis sekerlik die toiletdeur.

En hy het n nood.

Ook in Vietnam slaag n jong man. Hy maak die nooddeur oop want hy wil die uitsig bewonder.

Gelukkig was die vliegtuig nog op die aanloopbaan.

by Bruggie

Skotse rokkie

November 22, 2011 in Sonder kategorie

Hoekom dra die Skotte nie gulpbroeke met ritssluiters onder hul kilts nie ?

Want die skape hoor te fyn en hardloop betyds weg as hulle daai sluiters hoor afrits.

Modderkoekie  bly glo asb geen skaap hoef vir n Highlander te vlug nie.

by Bruggie

Woes en Wiel

November 20, 2011 in Sonder kategorie

Jare gelede kla Emile Joubert oor dubbele standaarde in porn.

Woes word mikroskopies verfilm.

Wiel nie.

by Bruggie

Evita for President

November 18, 2011 in Sonder kategorie

Malema eis dramaties  “Treat me like you treated Madiba”

Tannie Evita: “What a wonderful idea  !   Lets start with 27 years in jail.”

(Danie Botha se omsendbrief)

by Bruggie

Die Moderne (bevryde) Volksmoeder

November 18, 2011 in Sonder kategorie

Ons ou toppe met die pense smag tevergeefs na die groen jong blaartjies.

Tina en kie. smag ook na die mooi jong manne met die abs. ..sug,sug…

Ontboesem ons matriarg  sy’s bly is sy het nie n pot geld nie.

Sy’s bang sy blaas alles op n katelknaap.

by Bruggie

Ou hardloop skoene

November 17, 2011 in Sonder kategorie

Ek gooi moeilik ou (duur) hardloop skoene weg.

Hulle is handig vir vuil werk .

Verlede week beland n paar tog op die syspaadjie langs die wheelie.

Die snuifelaars was soos gewoonlik oorvloediglik daar.

My ou skoene word verwerp. Miskien te groot. (Size 45)

Bedaar dames, dis nie waar wat hulle se van groot voete nie.

Na n paar dae word die skoene tog gevat.

n Veel kleiner, stukkender, paar word agter gelaat.

Voorspoed, Broer.