by

Uitsterf

Oktober 21, 2011 in Sonder kategorie

Tegnologie gaan Afrikaans (en ander klein taaltjies) red. Van nou af vorentoe gaan Afrikaners

hulle taal kan gebruik en geniet en lewendig hou op die kuberruim. Reg of verkeerd . Wat dink julle ?

15 antwoorde op Uitsterf

  1. Neander het gesê op Oktober 21, 2011

    Ek kan in Die Taal google.

  2. DaddyJ het gesê op Oktober 21, 2011

    stem saam

  3. melvanas het gesê op Oktober 21, 2011

    Solank mense besef en aanvaar dat Afrikaners nie meer so ERG polities-korrek is en hulle verbeel ons sit met ons koppies Joko met die pinkie in die lug nie! Viva AFRIKAANS!

  4. zephur het gesê op Oktober 21, 2011

    Afrikaans kook…ons hou hom mos lewendig hier op die blogs

  5. as mens kyk na die mense wat uit vreemde lande steeds in Afrikaans kan blog – Jip wil so voorkom

  6. Yip, Doring , tegnologie bemagtig die
    enkeling enige plek op aarde. Dankie

  7. vdmbj het gesê op Oktober 23, 2011

    Die net is beslis ‘n bastion, maar Afrikaans verloor veld op plekke wat my soms bekommer.

  8. STC het gesê op Oktober 23, 2011

    Dit bly lewendig…en Moet ons bly baklei vir ons plekkie in die afrikaanse son.

  9. Ek dink iemand moet die debat nou
    via n blog verder neem. Dis in ingewikkelde saak.

  10. amtaylor het gesê op Oktober 24, 2011

    Afrikaans is net so min dood as wat ek doood is. Solank mense ‘n taal praat, sal dit nie uitsterf nie

  11. Bedoel jy Afrikaans sterf alreeds uit ?
    Onder die wat na 1994 gebore is ?
    Klein taaltjies en die taal van ontworteldes het in die verlede teen die
    derde generasie uitgesterf, maar dit was voor die gemak van die net. Nou het jy my ook aan die twyfel.

  12. En wie moet ons bedank ? Litnet/Naspers,
    natuurlik.

  13. Spekbek, Ja, it takes a vilage to raise a child, en ja,
    jy is reg, die oorlewing van klein taaltjies is
    ingewikkeld. Dit lyk my Afrikaanse universiteite gaan
    verdwyn en miskien ook Afrikaanse openbare skole. Ek
    voorsien dat hoogsten 20% van Afrikaners sterk genoeg voel om private Afrikaanse skole te befonds. Al wat oorbly is die familie (moedertaal). Geldmag is ook belangrik vir n Afrikanervriendelike kuberruim.
    Is moedertaal en Naspers/Ruperts genoeg?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.