by Bruggie

Beter ?

April 30, 2014 in Uncategorized

Die rykste 1000 ouens ter wêreld  gebruik glo hul berge geld om ooral polities koning te kraai.  Hulle bevark boonop die omgewing roekeloos. Glo.

Hier by ons staan die rykes en belange groepe tou om groot geld in die ANC se verskiesingspoging te belê. Hulle weet dis geld mors om selfs die DA te ondersteun  want selfs die DA se mag om tenders uit te deel of beleid te bepaal, is skraal, behalwe in die Weskaap. Knip die skakel tussen ryk donateurs en politici en amptenare wat diense namens ons almal moet koop.

As jy die heel rykes wil aanvat moet jy geld se mag uitskakel. Hoe ?

Wissel elke tien jaar van regerende party, landwyd, grondwetlik.Die regerende party tree uit. Punt. Voorkom dat die rykes en hul huurlinge net voortgaan onder n nuwe naam. Hoe ?

Identifiseer  vyf sterk en uiteenlopende  partye . Slegs hulle kry media dekking en  staatsgeld om hul kandidate en beleide bekend te stel , streng volgens onpopulistiese reëls. Gee die wat beskaaf duisende klein debatte reël meer geld. Beloon die kandidate wat beskaafd en ingelig koerant artikels skryf of in vaktydskrifte hul saak debatteeer. Beboet partye en kandidate wat betoog , toi toi, doodskree, en vlagswaai by massavergaderings. Vereis dat geen anonieme ad hominum kommentaar gelewer mag word nie en dat kommentators hul steun aan een van die vyf partye moet verklaar . Partye moet ondersteuners wat oortree  skors en stil maak.   Verban volhardende popuplistiese party uiteindelik, en vervang hulle met redeliker, versigtiger denkers uit dieslefde sfeer.  Stem vee vergader namens godsdiensdwepers of stamhoofde ? Verbied dit.

Die polisie,weermag , regsbank,en sekerheidsdienste (CIA ekwivalente) sweer trou aan n grondwetkomitee en is onafhanklik. Beskerm whisleblowers. Dring aan op absolute deursigtigheid met die toeken van tenders.

Belas die superrykes swaar . Werk internasionaal saam sodat hul versteekte geld uitgesnuffel en belas word.

n Linkser party sal afwisselend vir tienjaar regeer. Hulle moet ook grondwetlik aan bande gelê word anders swaai die pendulum te woes.

Beter ? Ek skat so.

 

 

by Bruggie

Spinnekop(wyfie)

April 28, 2014 in Uncategorized

(moet n mens by weet, want die mannetjies se rol is jammerlik.)

Lieflike dag hier in die Kaap. Ook vir n pragtige , groot spinnekop. Rustig sit sy en prooi afwag in die middel van haar web. Ek pla eenkant met n stokkie. Rats beweeg sy om ondersoek in te stel. Lang pote gryp en los ankerdrade. Elke poot se punt n delikate gryper.

Iewers op aarde verfilm iemand die natuur met geduld en duur toerusting. Plaas dit dan op die net, waar iemand anders n kind kan leer.

Gat in die botter geval, die moderne mens.

 

by Bruggie

Nigel

April 9, 2014 in Uncategorized

Destyds moes eerstejaars inkomende oproepe by die koshuis se tiekieboks opvang en dan die gang af gil . n Groot steurnis  vir die wat stilte verlang.

My twee bure op die verste uithoek, derde verdieping ver, was Nigel B, baie gewild onder die dames en die onvanger van menige  oproepe.

Tot die ergernis van my ander buurman, n sesde jaar, gay tokkelok.

Toe n eerstejaar weer aanhoudende skree “Niiiii…….gel ! bars die tokkelok se deur oop en hy skree terug. “Nee !!……… Ongelukkig nie !”

Die selfde Nigel moes Saterdagoggende papsakke aan die verlaafdes verkoop. Een tandlose vrou het in ruil vir haar papsak n offer gemaak wat die aantreklike stud met min verlies van die hand kon wys.

“Ek’t nie geld nie, maar hoe lyk dit met n stukkie p..s. “

by Bruggie

tuingereedskap

April 2, 2014 in Uncategorized

My ma was die tuinmaker en ek die handlanger. Elke keer as sy n kaal stuk grond vir n toekomstige huis koop , is n verskeidenheid vrugtebome geplant.

Dit was my taak om hulle so twee maal n week almal deeglik nat te gooi. Eers n dam om elke boom maak sodat ten minste 20 liter stadig kon insyfer. Destyds was die waarskynlikste emmers twee 5 gelling blik marteltuie wat rem aan n 6/8 jarige se arms. Natuurlik tot bo gevul om loop te spaar. Die oorslop op kaal beentjies in die winter het skurftes veroorsaak wat ma dan saans moes regdokter.

Fast forward so 65 jaar en deesdae is dit ek en n elektriese grassnyer. Met n nuwe swaailem wat klippe en bene teen die geroesde raamwerk slinger moet die ding kort kort op sy sy gaan lê sodat die ouman met n hamer staal weer kringvorming kan moer sodat die aaklige staal op staal rumoer kan bedaar.

Te lui is om grasmasjien te stoot en deurgesnyde elektriese koord reg te maak, swaai ek n stuk nylonkoord na die bossies.  Die bossies baklei terug en kort kort moet die nylonkoord vervang word. n Delikate joppie.

Agter in my tuin staan n pragtige ry immergroen bome uit Australie”. (As mens die specie tem,maak dit n ondeurdingbare heining, ,1.5 meter dik en 3 meter hoog.) My knape is jare gelede vrye teuels gegee en nou is hulle propperse bome, 10 meter hoog.Elke tien jaar of wat moet laatlam beur teen n tou sodat ek met n handsaag takke kan afsaag wat dreig om my kothuis se grasdak af te torring.

En dan is daar n pragtige rankplant met pers blomme wat grys beton mure bedek en ander bome doodsmoor.Ook n geliefde suurlemoen. Die rankers het gewen. Elke nou en dan veg ek en n snoeisker halfhartig sodat looppaadjies oopbly.

Ek geniet hierdie natuurtuin. Die honde ook.

by Bruggie

‘n Kolos Sterf

Februarie 19, 2014 in Uncategorized

n Kolos sterf.

Siyajabula is n reuse plakkerskamp skaars twintig kilometre noord van Durban. Dis waar Mdubuleni Mvubu op sterwe lê. Die trotse leier van sy gemeenskap ,ge-ag ook deur die regering van Mandela en FW de Klerk. n Leier van die armes . Bekend vir sy regverdigheid en sy omsien na getroue volgelinge. Bekend veral vir sy vinnige optrede en genadelose straf van vyande.

Mdubuleni was n gevestigde sakeman toe die hewige stryd tussen Inkatha en die Comrades na ’76 opvlam . Hy tree vining op om skuiling aan n groep vlugtelinge te bied.Laat hulle plak op n oop stuk grond . Ry water aan. Bring orde. Verskaf beskerming sodat die plakkers winkeltjies en shebeens op die been kry en aan hom n heffing betaal.

Nuwe aankomelinge in Siyajabula is welkom mits hulle nutraal staan in die stryd tussen Inkatha en die UDF tensy hulle namens hom en op sy bevel  as gehuurde vegters kon optree. Onder hom word die plakkerskamp n bepalende faktor wat huursoldate verskaf.  Sy vegters haat niemand nie. Hulle veg namens hom om den brode.

Hy bly op voetsoolvlak betrokke. Straf mans wat hul vroue verneuk. Gryp jong latte  wat  meisies swanger laat en verantwoordelikheid probeer ontduik.

Hy help vier uitstaande vertouelinge om elders die Siyajabula resep te herhaal en vegtergemeenskappe te stig wat teen betaling te huur is en geen ideologie aanhang nie.

Voor elke geveg vergader sy krygers om n reuse pot en drink medisyne. Heel laaste skep hy met die skedel  uit die bodem van die  pot en  drink saam op die missie.

Daar word vertel hoe MVubu in sy tuin sit en eet . n Jong man word binne gesleep, glo n verraaier.

Hy pleit vir sy lewe. “Ek is onskuldig , Baba” huil die jong man. Die trane vloei.

Dis warm. Mvubu sweet, geklee in slegs  n kort broek. Hy begluur die jong man.

“ Kan jy nie sien ek kry warm nie. Waarom pla jy my nou met jou spoeg op my kos ?”

Mvubu steek die jong man twee drie keer in die oog met sy vurk. Dood.

“Sleep hom weg”, mompel Mvubu nadat hy met dieselfde  vurk kos in sy kies plaas .

Hierdie storie is oor die jare in die shebeens vertel.

In 1986 daag n gesin sy gesag uit. Hulle weier dat hul seun as  vegter opgelei word en weier om  heffing te betaal. Hulle word na sy hoofkwartier gesleep en beveel om sake reg te stel. Hulle verkry n hofbevel wat Mvubu verbied om hulle lastig te val. Binne ure word hulle huis verwoes , en hulle verdwyn. Sommer so.

En nou lê Mvubu op sterwe.

“ Ek sterf met n skoon gewete. Eerwaarde Tembe moet my seën en die goue poorte van die hemel vir my open.”

Die veldheer lê op sterwe en die mense is bekommerd.

by Bruggie

Township humor

Februarie 16, 2014 in Uncategorized

Fred Kumalo se Seven Steps to Heaven is voorgeskryf vir Engels op UNISA. Lees gerus as jy townshiplewe wil verstaan.

Een van Fred se karakters,n knap Zulu seun, sien op n dag  n swart bedelaar in n arm township met n plakaat PLEEZ HELP HANGRY. Die seun verbeter  die ou man se plakaat so:

NO JOB. NO BED

NO HOUSE, 20 CHILDREN

4 WIVES, STILL HORNY

JACUZZI BROKEN

NEED SOME MONEY

Die geletterdes in die township vind die plakaat skreeusnaaks en beloon gul.

 

by Bruggie

Geld

Februarie 16, 2014 in Uncategorized

n Ruk gelede verhuur ek my woonstel aan Nigeriers. Hulle betaal kontant. n Nuisance. Nou moet ek bank toe piekel en deponeer. Besluit toe om die kontant te hou vir uitgawes en versteek dit toe in n opgegaarde  Brovril botteltjie.(Ou mense gaar bottletjies op en probeer diewe uitoorlê deur geld op onwaarskynlike plekke weg te steek) .

n Maand of wat later is die stowwerige botteltjies n nuisance  en hulle word almal buite in n Pick @ Pay sak gebêre.

n Half jaar later kry ek n botteltjie nodig vir oorskiet terpentyn. Skrik groot. Ontdek n moerse klomp geld toe ek n botteljie oop maak. Sê-nou-maar ek het al die botteltjies  getrash ? Of n ander een gekies vir die terpentyn.

Intussen is die Nigerier weg en hy skuld R2500 huurgeld. Die vroom ou biblepuncher het vir Bruggie oortuig sy parfuum verkoop nie in die winter nie. Wag asseblief net tot  die somer wanneer die mense sweet.

Bruggie oorweeg om die man iewers in Gugulethu op te spoor, maar stoot die gedagte weg. Dis bloed uit n klip tap. Miskien n paar honderd rand na maande se spanning, polisie, paspoortdreigemente.

Nee wat . Die lewe is te kort. n Ou wat per ongeluk op R4500 in n Bovrilbotteltjie afkom, kan seker bekostig om vir biblepuncher toe te laat om hom ore aan te sit.

by Bruggie

Straat teater

Februarie 11, 2014 in Uncategorized

Vreedsame oggend . Skielik in temoelt in die straat. Vrou wat skree. Tree nader om te red. Op die oorkantse sypaadjie slons n javel rustig aan. Jong vrou bestorm hom kort kort met n slaanding en krete van “Jou poes ! Jou naai. Jou ma se poes….. ”

Die vrou is duidelik hewig ontsteld . Sy is nie dronk nie. Bruisend en energiek. Ek sou vlug voor haar aanvalle. Javel is dit gewoond. Stap rustig aan sonder antwoord.

n Prentjie. Verwese , depressiewe vrou by haar shrink. “Skree, Sannie”, sê die shrink. Dit sal jou laat beter voel. ” Na n lang stilte. “Jammer,Sannie, tyd is op. Sien jou weer volgende week. Huil gerus, dit sal help.”

by Bruggie

Woorde

Februarie 3, 2014 in Uncategorized

wat moeilik vertaal: bv.

dweper – google vertaal met zealot, fanatic en ,ten laaste, gusher.

Geen Afrikaanse gelowige  wil n dweper genoem word nie.

Nog n negative woord is teem.

Politici is nie op hul bekke geval nie dus wanneer selfs hulle die spindokters moet inspan, is die  beleid  erg vrot. Wanneer n beeld gepoets word, is daar voete van klei en geraamtes in die kas. Blatante cliche strooiers wat nogtans dommes aan die neus lei. Perde drolle is groen vye.

Digters en liriekskrywers kies fynproewer woorde. My nooi is in n nartjie, my ouma in kaneel  . Reklameplegers soek  slagspeuke en nuutskeppings. Zap it in a Zibby. Kits koffie. After action, satisfaction.

Beelde slaan die hardste. Sonder woorde.

by Bruggie

Gilding the lily.

Januarie 31, 2014 in Uncategorized

Wat beteken dit ? Onnodig verfraai van iets moois ? Alewig sukkel om die hond se agterent te bedoilie ?

Dis my kwaal. Bv. Sonder tande ontdek ek bly dat as ek spinasie pap mikrogolf, Engelse komkommer rasper, n halwe blik backed beans, n stewige skep KOO beet en fyngekapte koue hoener alles met n Magic Wand verpulp, dan het ek n voedsame wye verskeidenheid , slukbare pappery wat ek dik oor n sny bruin brood kan smeer. Alles deeglik gesout en peper.

Maar nou word die lily gegild. Geen botter of marge op die brood nie. Systap  daarmee die gesonde vet debat. Nee, smeer die brood eers dik met Mrs. Balls.

Heel smaaklik.

Maar wat van die mikro organismes in die derms. Lyk my hulle het handdoek ingegooi. Ek vermoed Mrs Balls het die kameel se rug gebreek, want n dag later plons dieselfde skynbaar onverteerde rooigroen  pappery in die spoelbak.

Ek gaan nou eksperimenteer sonder Mev Balls. Tensy julle mooi vra, sal ek in groot detail verslag doen