Skip to content

Die ABC van 123-blog-myself

Ek is onlangs gevra om saam met Nina Timm (kosghoeroe) te gesels oor blogs op RSG. Die opdrag was om aan mense wat nog nooit geblog het nie ‘n paar “pointers” te gee.

Vreeslik paraat skryf ek toe so 10 punte neer wat van nut kan wees, maar soos dit maar gaan met onderhoude is dit nie ‘n platform vir die aframmel van punte nie.  Het wel ‘n paar genoem en vir die res was daar nie tyd nie. So hier is my tien sent se raad:

  • Wees uniek – vind jou eie stem. Jy wil iets oordra wat mense sal laat lees en deelneem aan jou blog.
  • Moenie inligting spoeg en plak nie – dis oneties/ onoorspronklik en weerspieel nie wie jy is.
  • Gee erkening waar nodig.
  • Geen beswaddering/ onwettigheid en hou kopiereg in gedagte.
  • Doen jou huiswerk!  Watter ander blogs  is daar met dieselfde onderwerp en wat kan ek leer van dit. Jy wil dalk begin met ‘n kosblog so Google “best foodblogs/ top 20 foodblogs”.  Kyk na die formaat, aanslag en besluit hoe jy joune uniek wil maak.
  • Skryfstyl en taalgebruik – baie minder formeel en taal kan maar gemeng word/ jou eie mening is ok en hou dit interessant.
  • Humor en fotos trek altyd lesers. Blogs met “how to” onderwerpe is ook baie gewild en laastens moenie van die tranetrekkers vergeet nie.
  • Beplan jou uitleg:  genre/ lengte/ visuele aspek/ hersien inhoud gereeld.
  • Wees kreatief:   Selfs al is jy Hemmingway se eie suster/ broer is woorde alleen nie genoeg nie. Foto’s altyd ‘n goeie idee, maar moet pas by onderwerp. En…. hou inskrywings kort(erig).
  • Titel is alles! Oog vang/ ongewoon is goed/ Gebruik woorde wat leser sal aanmoedig om te lees bv. Hoe om….
  • Moedig lesers aan om kommentaar te lewer en antwoord  vining en positief – ja selfs die negatiewes. Goeie maniere is om die persoon wat kommentaar gelewer het se blog ook te gaan lees en so mekaar te leer ken.
  • Hoe kry ek lesers vir my blog:  pos skakels op fb/ twitter/ tumblr en stuur uitnodigings na vriende via epos

Webwerwe vir  gratis blogs:

Ten slotte:

Blog vir jou eie genot en nie omdat jy honderde volgelinge wil werf nie.  Volgelinge is goed, maar as jy so ‘n groot behoefte daaraan het… begin ‘n kerk!

3 thoughts on “Die ABC van 123-blog-myself

  1. tina10 says:

    heheheh… lekker! Ek het toevallig geluister en het ‘n dringende vraag: Watter eroties bloggers blog hier op Litnet?

    AntwoordReport user
  2. perdebytjie says:

    Dankie vir die interessante wenke.Baiekeer kry ‘n blog sommer sy eie lewe,want hoe langer mens blog,val mens mens naderhand in jou eie unieke patroon.Dis wat dit so interessant maak.

    AntwoordReport user

Los ’n antwoord.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Gaan direk na nutsbalk.