Skip to content

Monthly Archives: Mei 2011

Van sonsonder, bosniese bouers en nie-watigerdigte kameras gepraat…

Dag 6 in Stari Grad:  Aandskemering bekruip die baaitjie en daar skuins onder die wit sambrele verkoop hul die lekkerste, lekkerste klapperroomys en enige ander geur waaroor jy al ooit gewonder het.

Ndjo, die Bosniese bouer het die huisie al 3 jaar gelede binne herstel, verbou en verpleister, maar onlangs die buitekant bietjie weer mooigemaak.  Bedags maak ek die groen venster oop om met die buurvrou oorkant te gesels en laatmiddag sit ek en ander buurvrou (aan my regterkant) reg voor my groen deur – elkeen op ‘n stoel en drink dan ‘n glasie grappa of prosek.  Sy praat nie Engels en ek praat nie Kroaties, maar dit maak nie saak.  Ons kuier elke laatmiddag ‘n uurtjie of wat hier saam – elk met sy eie opvoustoel.

Vandag hierdie most beautiful baai en strand ontdek.  So halfpad tussen Stari Grad en Hvar Town.  Die paadjie soontoe kan net een motor op ‘n slag hanteer soos Murphy’s Law werk ry ek toe netmooi kop-aan-kop tot teen drie minibusse vol Franse.  Dit was ‘n halfuur se getrurat, handgebare en sie sie, no no (as ek te na aan die afgrond reverse), maar uiteindelik het ons verby mekaar geskuur.  Die seekospotjie hier is onverbeterlik en die tuisgemaakte wyn sterk genoeg om verf mee af te haal.  Al vlieg in die paradyssop was Merlene (vriendin wat by my kuier vir drie dae) se kamera wat karplaks in die water geval het toe sy nog so beduie oor die baai, die helder turkooiswater en na die klipperige strandjie se kant toe.  Praat nou van verwonderbos geeet!

O ja, in hierdie afgelee eiland vind ek toe sowaar gister ‘n 3G kaart van TMobile en daar trek ek met die internet – vandaar die nuus nou so vars uit die oond.

Word vervolg/…

Cima in Starigrad

Dis Sondagaand so skuins na sewe en ek  sit in die internetkafee.  Nie enige internetkafee nie, maar een met die naam van Cima, op die hawe van Stari Grad. 

Deur die vennstertjie met diefwering (nugter weet hoekom, want hier is geen diefstalle!) dobber 11 jagte vol jongmense, middeljariges of seeverweerde couples op dekke.  Almal besig met n laatmiddag biertjie of dekwas en klere uitspoel.  Die son sit nog baie hoog, want hier in Kroasie is ons op die drumpel van somer.

Ek is hier op Hvareiland vir die volgende ses weke.  Stoksiel alleen vir meeste van die tyd met net die bekende meubels en boeke van ons huisie in die middel van n 500 jaar oue straatjie.    Het hierdie plekke al vir vier jaar en dis waarheen ek kom as die sin van die lewe my laat wonder.  Dis waarheen ek kom as die behoefte aan die vreemde my oorval en dis ook die plekkie waarheen ek kom as ek wil vergeet van die realiteit van Afrikanerwees in n land soos ons eie SA.

Ons Bosniese sokkerafrigter en sy spaanse vrou het ook op dieselfde dag as ek met die ferry aangekom en ons al drie skrop al vir twee dae aan ons huisies om alles net weer stofloos en leefbaar te kry.  So deur die blare bymekaarvee en stoeptafeltjies se uitdra, drink ons vinnig turkish coffee of n knertsie Pelinkovac.  Die engels is vir ons almal vreemd, maar tussen die handgebare, woordeboek en my drie kroatiese woorde tel ons die drade op en vertel mekaar wat in die afgelope jaar gebeur het terwyl ons laas gesien het. 

Ek het so twee maande gelede reeds aansoek gedoen vir ADSL lyn by die huisie, maar soos dit net in Kroasie kan gaan, is daar nog geen teken van enige draadwerk of plug wat na telefoonlyn lyk nie.  Sal more die doolhof van kanale moet tackle om hierdie een uit te rafel. Intussen gesels ek maar vanuit Cima so gereeld moontlik.

Hoop jul geniet die reis van die volgende twee maande saam met my.

Dobro Vece

bx

Nou toe nou, Kaapstad jou lekker ding!

En daar het ons dit nou!

Tripadvisor.com se Travellers’ Choice 2011 het so pas die 25 beste bestemmings in die wereld aangekondig en raai wie is no 1?

Kaapstad, Suid-Afrika natuurlik. Wel “what is not to like?” Stel jou voor jy is ‘n bleek Ingilsman wat vir die eerste keer voet aan wal sit in Kaapstad en moet besluit wat jy vir die volgende 7 dae met jouself hier gaan aanvang. Hmmm waar sal mens begin?

Die mooiste uitsig oppad na Houtbaai lei mens na vis en skyfies wat van die lekkerste ooit is. Die geur kom haal jou al by die kar en net as jy nog wil twyfel krys ‘n seevoel bo jou kop en skreeu die snoekmanne van die kaai af. Neem ‘n boot na die rob-eiland en verkyk jou aan die skeepswrakke van kapteins wat die Kaap van Storms op sy baadjie wou takseer.

Wat van ‘n rit op die oopdekbus al om die Kaapse Skiereiland en ‘n vinnige afklim by Boulders, om die pikkewyne van naderby te besigtig. Dan ‘n skuimerige biertjie by Brass Bell of rare tweedehandse boeke in Kalkbaai.

Die Oceanarium en Waterfront wag met al die heerlike winkels, buitelugmusiek en sommer ‘n rit na Robben-eiland om ‘n oomblik van stilte te hou vir onse Madiba by sy sel.

Wat van‘n Inkopie-uitstappie na Canal Walk en heerlike middagete by een van Durbanville se wynplase. Kies tussen Bloemendal Taphuis, Durbanville Hills, Nitida of nog vele ander. Gaan snuffel daarna in Durbanville, by On Oxford se pandoraboks vol geskenke. Eet daarna ‘n dekadente stuk koek by Chocolat net langsaan. Kies koers vir mengeldrankies teen die Tyger Waterfront by Pzazz of Bueno Vista Social Cafe.

Huur ‘n motor en vaar Stellenbosch in op ‘n staptog deur die dorp, inloer by die Rupert Kunsmuseum en verdwaal dan tussen die wingerde van ‘n ontelbare wynplase vir proe en eet. Dis ‘n dag of meer se verkenning – so neem jou tyd.

Franschhoek met sy Europese flavour het iets vir elkeen. Van Belgiese handgemaakte sjokolade, La Motte se laventelvelde en mondwaterlekker wyn tot by Chamonix se peer, perske en lietjie-schnaps’e. Ry teen die berg uit en kyk oor ‘n sjokoladeboks mooi prentjie. Moenie vergeet om te gaan loer in die Franse Hugenote Monument of te soek na jou Franse voorvaders in die klein museum.

Die week is lankal om, maar jy het nie eens tyd gehad vir sonsonderdrankies by The Grand Beach Cafe, High Tea by Mount Nelson of ‘n helikopterrit oor die Skiereiland nie. Ai te veel dinge – te min tyd.

Kaapstad jy verdien jou plek as no 1!

Hieronder volg die ander 24 beste plekke vir 2011:

2. Sydney, Australie

3. Machu Picchu, Peru

4. Parys, Frankryk

5. Rio de Janeiro, Brasilie

6. New York-stad, New York

7. Rome, Italie

8. Londen, Verenigde Koningryk

9. Barcelona, Spanje

10. Hong Kong, China

11. Kyoto, Japan

12. Queenstown Nieu-Zeeland

13. Jerusalem, Israel

14. Siem Reap, Cambodia

15. Praag, Czechiese Republiek

16. Venesie, Italie

17. Buenos Aires, Argentinie

18. Ko Phi Phi Don, Thailand

19. Honululu, Hawaii

20. St Petersburg, Rusland

21. Florence, Italie

22. Cayman

23. San Francisco, Kalifornie, VSA

24. Petra / Wasi Musa, Jordanie

25. Las Vegas, Nevada, VSA

7 Goedkoopste stede in Europa

Het hierdie oulike navorsing raakgeloop op een van my favorite reiswebwerwe (matador).  Dit gee die 7 goedkoopste stede in Europa met kort aantekeninge oor elk.  Moet se party lyk maar vir my twyfelagtig en minder opwindend, maar miskien is dit die moeite werd om te gaan kyk. Of wat se ek?

My persoonlike no 1 is Kroasie (hele land) en ek gee aan die einde ‘n opsomming van my kennis/ ondervindinge daar:

7. Chisinau, Moldova

Currency: The Leu, with plans to convert to the Euro in 2010-2012
Language: Romanian
Weather: Hot, dry summers and mild winters
Hardship Level: 30%
Things that are cheap:Groceries, alcohol
Corruption: 2.9
Miscellaneous: With warm summers and mild winters, Moldova has ideal weather for growing grapes, which means excellent wine and a well-established wine industry. Jobs for foreigners may be difficult to find; it’s estimated that 25% of Moldovans work abroad.

6. Bucharest, Romania

Currency: The Romanian Leu
Language: Romanian
Weather: Average summer temperature is 73 degrees Fahrenheit, windy because of the Romanian plain, and winter weather below freezing.
Hardship Level: 30%
Things that are cheap: Alcohol and tobacco
Corruption: 3.7
Miscellaneous: Once called “Little Paris,” Bucharest is home to an eclectic culture that includes great nightlife, numerous museums, French-influenced architecture, and numerous cultural festivals throughout the year.

Bucharest Expat is a good information source with over 2,000 active community members.

5. Skopje, Macedonia

Currency: The Denar
Language: Macedonian and Gheg Albanian
Weather: Humid, subtropical climate with hot and wet summers. Winter months are equally wet and often snowy, though rarely freezing.
Hardship Level: 30%
Things that are cheap: Recreation, culture, and restaurants
Corruption: 4.1
Miscellaneous: Skopje is a mix of Christian and Islamic culture. A major earthquake in 1965 destroyed some of the historical architecture, but the city is being rebuilt with an emphasis on public parks and preservation of the remaining Ottoman architecture, including medieval hotels.

4. Pristina, Kosovo

Currency: The Euro
Language: Gheg Albanian
Weather: A humid, continental climate with average summer temperatures in the 80s and snowy, mild winters
Hardship Level: 40%
Things that are cheap:Education and groceries
Corruption: 2.8
Miscellaneous: In the summer, locals spend as much time at outdoor cafes as possible. Cafe culture is as much about being seen as it is about drinking coffee. The streets are said to be safe after dark, even for single women.

For information on toddler play groups to women’s clubs in Pristina check outinyourpocket.com/kosovo.

3. Sofia, Bulgaria

Currency: The Bulgarian Lev
Language: Bulgarian
Weather: Because Sofia is located in a high valley, it has cooler temperatures than the rest of Bulgaria, with summer temperatures in the high 70s and winters in the mid 40s.
Hardship Level: 30%
Things that are cheap: Household costs like electricity, rent, and taxes
Corruption: 3.6
Miscellaneous: Sofia is one of the best locations on this list, bordering the Black Sea and Turkey. Expats consider it a “large small town,” easily walkable, with opportunities for rugby and outdoor activities. Sofia is a great jump-off point for skiing in the winter and hiking in the summer in Vitosha, a mountain town just south of the city.

2. Tirana, Albania

Currency: The Albanian Lek
Language: Tosk Albanian
Weather: Tirana has a Mediterranean climate with hot, dry summers and cool, wet winters.
Hardship Level: 40%
Things that are cheap: Groceries, healthcare and personal care
Corruption: 3.3
Miscellaneous: With daily power outages and no international train service, Tirana is not the easiest place to live. Tirana is an ideal place to learn Albanian as very little English is spoken.

1. Sarajevo, Bosnia and Herzegovina

Currency: The Marka
Language: Bosnian, Croatian, Serbian
Weather: Proximity to the Adriatic Sea keeps Saravejo’s climate moderate with an average of 170 days of rainfall.
Hardship Level: 40%
Things that are cheap: Education and household costs
Corruption: 3.2
Miscellaneous: Described as a “little city or a big village,” Saravejo is dealing with post-war reconstruction, political corruption and social instability.

Kroasie as geheel:

Geldeenheid: Kuna

Taal: Kroaties (Slawiese oorsprong met baie konsonante en min vokale!) bv Vrboska

Weer: Warm somers teen die kus en binneland (meditereens) en gematigde winters teen die kus, maar in die binneland baie sneeu en minus grade in die winter.

Swaarkry-graad: mense is arm maar baie trots en niemand is haweloos of sonder heenkome nie.

Goedkoop:  vakansieverblyf; wyn per liter (goedkoper as koffie en Coke); pizzas en openbare vervoer

Korrupsie:  Korrupsie is maar “alive and well” aangesien hul van ‘n sosialistiese stelsel na ‘n vryemarkstelsel oorgeskakel het in  1994 en dis maar moeilik om die vingers uit die “till” te hou. Gedurig berigte van politici en selfs polisiehoof wat nonsens aanjaag.  Vorige Eerstemininster het ook baie skielik vertrek so ‘n jaar gelede…

Algemeen:  Kroasie het meer as ‘n 1000 eilande waarvan ongeveer 65 bewoon is. Dit is een van die mooiste kusstreke wat ek al besoek het.  Die meeste eilandbewoners maak hul eie wyn, plant hul eie groente en het ‘n somerwerk asook ‘n kamer of woonstel om uit te verhuur vir vakansietye.  Die mense is vriendelik, baie godsdienstig (Rooms-Katoliek) en rook soos skoorstene!  Polities is die land baie stabiel en ongelooflik veilig om in te reis.  My buurvrou op Hvar-eiland se dis net “tourists” wat steel in Kroasie, he-he.   Die busdienste is baie goed georganiseer en het lugreeling! Jy kan per bus, trein of veerboot na enige plek in die land reis (vinnig, goedkoop en maklik). Motorhuur is duur, maar baie gerieflik en aan te beveel vir lekker rondkyk en jou eie ding doen.

www.croatiadreamholiday.com – kyk bietjie en raak lus vir ‘n heeeeeerlikke vakansie!!!

  

Gaan direk na nutsbalk.