Skip to content

Leeflysie vir 2011 (oop vir aanpassings)

2 Januarie 2011en ek is nog steeds heelwat kilo’s te swaar bevind en ten minste 6cm te kort vir meeste klere in die winkels. Altyd gebaffle oor ontwerpers wat dink bree mense is ook lang mense – nee, nee! kry asb die boodskap: hoe korter hoe ronder! Maar wag dis ‘n onderwerp vir ‘n ander dag.

Waaraan ek wel nie te swaar dra of te kort skiet nie is my entoesiasme vir geleenthede uitsnuffel, maak; forseer en inryg om my jaar vorentoe interessant te maak.

Hierdie nuwe jaar is klaar oorgewig gelaai met gebeurtenisse en planne wat my lewe  “worth living”  kan maak. Meeste is reeds bevestig, geboek en uitgesorteer en dit nogal deur iemand wat haarself nie juis vreeslik vooruit wil laat vaspen nie…

  • Canon fotografie-kursus sodat ek en Miss Clic mekaar beter kan verstaan
  • Francois se koshuislewe begin op Stellenbosch – ver van sy grootste “fan” sy ma
  • Lekker familietroue in Darling – Jani en Ross (April)
  • Kroasie – huisie by die see, Stari Grad, Hvareiland (Mei)
  • Slovenie – Ljubjlana Lipizaner perde  en Jazz Festival (Junie)
  • Montenegro – Sveti Stefan (Junie)
  • Francois kom aan in Split en ons verf die strate verder reenboog (26 Junie)
  • Budapest – ( begin Julie)
  • Tours – Loire-Vallei: huisruil met Franse onderwyser en sy verpleegsustervrou vir 2 weke (Julie)
  • Parys  – klim al die trappe uit by Eiffeltoring (asem jaag sommer as ek net daaraan dink), eet gebak langs die Seine en gaan loop nogmaals om en in die Pompedoursentrum – ongelooflike argitektuur buite en mooiste moderne kuns binne.
  • September – verjaardagmaand van vele familielede –  koek en tee!
  • Oktober – nog ‘n lekker familietroue (James en Helene?)
  • Desember – my ou geliefde wederhelf raak 50 en beplan iets lekker!

Ek is egter seker as jy mooi dink het jy ook al ‘n lysie vol pret en vooruitsigte vir 2011.  Laat weet my wat, waar en wanneeer!

2 thoughts on “Leeflysie vir 2011 (oop vir aanpassings)

  1. verbeeldingsvlug says:

    Jy’s gelukkig om jou lysie so uitgewerk te hê. Myne bestaan glad nie eens nie. Trouens, ek dink nie eens verder as volgende week nie! 🙂

    Antwoord
  2. beatrixroux says:

    hi nika, ek dink tog jy het ‘n toekomsvisie – jy maak dan tuin! Mens kan nie plant sonder om aan die toekoms te dink. By the way… geniet jou blog ook baie.

    Antwoord

Los ’n antwoord.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Gaan direk na nutsbalk.