Dis Amper Weer Valentines Day

January 14, 2013 in Lifestyle

Oe Oe Oe  en almal kloek weer oor die wonder van liefde,  want Valentines Day is in die lug. Getroude ouens koop skelm pienk bottels sjampyn wat hulle dan naamloos aan die mooi blond by die werk stuur net om te sien hoe sy op Valentynsdag die ou met die motorfiets om die nek val omdat sy hoop dit kom van hom.

En die minder mooi meisies sit in hulle hoekie en wonder of hulle nie maar hierdie jaar so gelukkig sal wees dat iemand haar sal soekie.

Dis bleddie depressing man.

Maar alhoewel ek self nou nie aan ewige liefde glo nie (maar wel aan verliefdheid, want DIS ******g lekker), gee dit mensies soos ons ‘n ou kansie om ‘n geldjie te maak. Want ek dink na gewigsverliesprodukte moet produkte wat verband hou met liefde en wellus die tweede grootste verkopers wees.

So, om ons deel van die koek te kry, druk ons spesiale verpakkings en labeltjies om Valentines vir iemand spesiaal te maak. Of dit nou vir korporatiewe geskenkies is of vir herverkoop, ons goedjies is spesiaal, uniek en bekostigbaar. Ek dis net so lekker soos ‘n goeie vrytjie. Want tjoklits laat jou nooit in die steek nie…..

Vir R10 she’ll love you long time.

So kry vir jou.

Andre’

Voelgoed Kougoed

Unieke Belgiese Sjokolade Karamels

2 responses to Dis Amper Weer Valentines Day

  1. @andreskamer – Wow, dis sommer baie oulik!

    En jy is reg, liefde, verliefdheid, wellus (call it what you want) is ******g lekker! 😉

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *