ag nou ja

Oktober 17, 2012 in Sonder kategorie

Ek sien almal pos nou maar iets op hulle blogs om die goed te laat oorleef tydens die groot trek.

Eintlik weet ek nie rerig of ek myne nog aktief wil hou nie , maar what the heck . Hy is nou daar so kom ons hou hom maar aan die gang.

Wonner wanner die bleddie groot trek nou eintlik gaan plaasvind ? En hoe suskesvol dit gaan wees ?

Rus in vrede Lucas

Februarie 19, 2011 in Sonder kategorie

In 1997 het ek in ‘n musiek instrument winkel begin werk as ‘n verkoopsman. Daar, in die winkel, het ek die vooreg gehad om musikante van alle kleure en geure te ontmoet.

So het ek instrumente of toerusting verkoop aan manne soos Coenie de Villiers, Danie Niehaus, Kevin Leo , Mathys Roets en ‘n baie besonderse mens genaamd Lucas Maree.  Ek onthou, soos gister, die eerste keer wat ek vir Lucas ‘n nuwe mikrofoon moes gaan demonstreer in die Bloemfonteinse Stadsaal een aand na werk. Lucas en sy toerusting was reeds opgestel op die verhoog en ek het net nodig gehad om die mikrofoon in te prop en reg te plaas voor sy kitaar sodat hy kon hoor hoe die klank reproduksie is. Lucas het ‘n G akkoord op sy kitaar gespeel en toe die klanke wegsterf in die saal gesnuif en met sy diep stem vir my gevra :”Wat …. kos … dit …?”. Ek het hom gesê en hy het daardie aand die mikrofoon by my gekoop op voorwaarde dat ons nooit vir Ilse sy vrou sou vertel hoeveel die mikrofoon gekos het nie.

Dit was die begin van die voorreg wat ek gehad het om vir Lucas mens te leer ken. Gereeld sou Lucas by ons in die musiek winkel kom sit en koffie drink en stories vertel het. En gereeld het Lucas een of ander instrument of toerusting gekoop  op die voorwaarde dat Ilse nie mag weet nie. Ek weet ook dat Ilse elke keer wel uitgevind het van Lucas se aankope wanneer sy haar maandstaat vir hulle rekening kom haal het. Maar dan was dit te laat want Lucas het reeds die nuwe toerusting gebruik.

Ek het uit Bloem getrek en het kontak verloor met Lucas tot ek 6 jaar later weer in Bloem gaan bly het. In daardie 2 jaar voor ek weer moes trek het ek die absolute voorreg gehad om op ‘n amper weeklikse basis saam met Lucas by Oliewenhuis te gaan ontbyt eet. Aan die begin was dit altyd 2 x gebakte eiers met spek en roosterbrood en gebraaide sampioene en kaasworsies en bodemlose koffie. Later , toe sy gesondheid hom begin pla, het hy begin om gesondheids ontbyte te eet, terwyl ek by de ongesonde opsie gebly het. Daar sou ek en Lucas onder die bome sit en kuier en gesels oor die dinge van die lewe tot na 12 in die middag. Daardie kuiertjies was goed vir my siel en my ‘sanity’ en ek sal hom altyd dankbaar wees vir die feit dat ek kon deel in sy lewe en sy mens wees. Lucas was ‘n wonderlikke mens met ‘n baie skerp sin vir humor en ‘n hart vir mense.

Ons wêreld sou kon doen met nog ‘n miljoen van sy soort.

Rus in vrede my vriend.

(ek weet nie wie die foto geneem het nie, ek het dit op die internet gekry)

Nog Kransvalkies

Januarie 25, 2011 in Sonder kategorie

Die valkies word net elke dag groter en mooier. Vir die wat belangstel om fotos te sien , gaan loer gerus op my se anner blog.

Mag julle ‘n lekker aand hê.

Fotos op my anner blog

Januarie 22, 2011 in Sonder kategorie

Hallo julle. Vir die wat sou belangstel , ek het ‘n paar fotos van twee kransvalkie kuikens op my anner blog geplaas. Julle is welkom om te gaan loer.

BLIK

Januarie 17, 2011 in Sonder kategorie

Vir die van julle wat soos ek deesdae op meer as een blog platform boer en nog vantevore hiervan gehoor het nie.

Ek het ‘n website ontdek wat meer as 700 afrikaanse blogs se updates vertoon. Amper soos Litnet se voorblad, net oor meer platforme heen.

Gaan loer gerus by www.blik.co.za 

Pappa wag vi jou

Januarie 16, 2011 in Sonder kategorie

Hier

Ekke dink…

Januarie 8, 2011 in Sonder kategorie

…. ek gat nou maar eers bietjie waai. Ek sal beslis nog steeds hier inloer en kom lees wat julle aanvang. En ek sal beslis nog steeds hier en daar kommentaar lewer. Maar ek dink my blog hier by litnet gaan nou eers bietjie stilstaan.  So nou en dan is ‘n skuif ook nodig.

Good bye … en good riddance ?

Desember 31, 2010 in Sonder kategorie

Nou ja. En hier is ons dan by die einde van 2010.  Nog ‘n jaar is in sy moer. Eintlik is ek nogal bly daaroor. Dis nie rerig ‘n jaar wat ek graag sal wil oor hê nie.

Saam met die einde van die jaar kom ook die gedagte dat ek dan nou ampetlik twee jaar lank al geskei is. Beslis twee van die alleenste en ook van die moeilikste jare wat ek al gehad het in my lewe.  2 Jare wat voel soos n leeftyd.

More begin 2011 en Maandag begin ek al weer werk.  En die vet weet , ek sal moet ander keuses maak en dinge doen om te verseker dat 2011 beter sal wees as 2010.

Erens moet ek ‘n roeping vind. Iets om te doen. Iets wat ek graag wil doen. Iets om my lewe (weer) die moeite werd te maak. Hierdie laaste (twee) jaar is soos n waas. Ek kan bitter min daarvan onthou. Ek kan aan bitter min dink wat goed of lekker was. Ja daar was lekker tye ook , maar op n manier oorskadu die slegte tye die goeies. Twee jaar van depressie was genoeg.  Ek het n keuse , gaan ek net bestaan , of gaan ek lewe ?

Hoe gaan ek hierdie verandering in my lewe teweeg bring ??  Ek het nie ‘n cooking clue nie. Maar soos Pappeslaai in sy blog vanoggend gesê het , ek kan sit en mope en mor oor die dinge wat verkeerd gaan in my lewe, of ek kan ‘n keuse maak en aangaan.

Ek besef dat dit nie altyd maklik gaan wees nie. Ek besef dat dit soms vrek moeilik en scary gaan wees. Maar met Sy genade en hulp glo ek dat ek dit sal maak.

Mountain Zebra National Park

Desember 31, 2010 in Sonder kategorie

Ek het saam met my Laaitie gaan kamp by MZNP naby Cradock vir twee nagte.  Hier is n klompie fotos van dit wat ons gesien het.

Landscape

Yong springbuck

Mountain Zebra

Landscpae

Grouse

Springbuckk

Landscpae

Landscape

Camp Site

Misty tree

Black Backed Jackal

Black Backed Jackal

Ground Squirel

Camp Site

Landscape

andscape

Ostrich

Buffalo

Landscape

Mountain Zebra