Berou
Januarie 13, 2014 in Uncategorized
Ek doen dit nie gewoonlik so nie, maar hier is my probeerslag in ‘n rympie…….
Berou, wat ‘n bitter reaksie
op ‘n ondeurdagte aksie.
Gedryf deur die gewete
oor dade, swaar vergete
En netsoos nat en droog
hand aan hand moet loop,
staan Vergifnis verhewe en hoog
aan Berou vasgeknoop.
perdebytjie het gesê op Januarie 14, 2014
Jy het dit goed saamgevat.
Vloei het gesê op Januarie 14, 2014
Dankie, Perdebytjie
tina10 het gesê op Januarie 14, 2014
Dis lekker as jy deelneem en die is aangrypend
As jy wil ‘ping’ beweeg jy jou muis oor die persoon se naam en dan verskyn links onder aan die blad die url Daar van gebruik jy net die laaste naam saam met @ Maak seker dat daar ‘n ‘n spasie voor en na die naam is anders werk dit nie @aa3cher @perdebytjie @tina10 ens.
Vloei het gesê op Januarie 14, 2014
Dankie Tina, maar wat is die doel van ping? Wat gebeur as jy iemand ping?
Henry @kompethenry het gesê op Januarie 14, 2014
Dan kry die persoon ‘n epos om hom/haar daarop attent te maak dat jy geantwoord het – meeste mense lees ‘n pos net eenmaal en as jy nie ping nie dan praat jy effektief met jouself.
Vloei het gesê op Januarie 14, 2014
Dankie Henry (nou kan ek ophou met myself praat!)
Carol R @ Losbek het gesê op Januarie 14, 2014
Mooi beskryf!
ek-myself het gesê op Januarie 15, 2014
Mooi
monicahaddad het gesê op Januarie 22, 2014
Netjies saamgevat 🙂