Kayalami Kronieke: Kruispad
November 15, 2013 in Uncategorized
Diegene wat al baie rondgery of geloop het sal weet dat daar verskeie paaie is wat na jou bestemming lei en dit hang van die situasie af watter pad jy kies. Díe wat in die stad bly sal daarvan kan getuig wanneer daar een of ander verkeersprobleem is, kies jy gou ‘n alternatiewe roete. Wanneer die omgewing egter vreemd is vir jou, is dit ‘n perd van ‘n ander kleur. Nou moet jy op instink en inisiatief staatmaak (dis nou as jy nie ‘n tomtom het nie!). Nie almal het ingeboude rigting nie….
‘n Oefening wat ek met die nuwe studente en vrywilligers doen op hulle veldorienterings kursus is om aan die einde van die twee dae wat ons in die bos opleiding gedoen het, elkeen ‘n kans te gee om die groep terug te lei na Kayalami toe. Vir ‘n kwartier moet die persoon rigting inslaan wat hy/sy dink is terug huis-toe terwyl die ande glad mag kommentaar lewer nie en dan is dit weer die volgende een se beurt. Die gevolg is dat ons (onvermydelik) langer loop maar tog by die huis uitkom. Dis altyd interessant om te sien hoe daar gehuiwer word waar 2 wildpaadjies kruis of hoe die ander omtrent bars om kommentaar te lewer maar hulle mag nie!
Ekself staan op die oomblik by die kruispad. Omstandighede het my voor ‘n keuse gebring en ek het besluit om ‘n ander rigting in te slaan. Soos met die studente was dit nie sonder huiwering van my kant af nie en daar is dalk ander wat bars om kommentaar te lewer maar weet dis my besluit. Die goeie nuus is dat dit darem nie die einde van die Kayalami Kronieke sal wees nie aangesien die universiteite steeds my sal gebruik op kontrakbasis om die nuwelinge veldgereed te kry. Daar lê ook nog ou stories wat wag om vertel te word soos die slag van Amajuba toe die poachers lood om ons ore laat sing het of die keer toe twee alleenloper bulle gedagtes uitgeruil het. Daar is nog ‘n paar ou karakters wat beskryf moet word maar dan ook nuwe horisonne wat wag om verken te word en nuwe stories wat beleef en gedeel moet.
Tot dan, vrede.
Godiva het gesê op November 15, 2013
Goed om jou weer te lees.
Vloei het gesê op November 16, 2013
Dankie Godiva, sal een van die dae beter internettoegang he!
lora2me het gesê op November 15, 2013
Ek bewonder mense wat ‘n ander rigting kan inslaan, sonder huiwering of vrees, want dis nooit maklik nie en dit word moeiliker soos ‘n mens ouer word. Sterkte met die nuwe “rigting”. Gaan jy ons nog kom vertel wat dit is?
Vloei het gesê op November 16, 2013
Dis nie heeltemal sonder vrees nie! Sal julle nog laat weet …
Henry @kompethenry het gesê op November 15, 2013
Ons kyk maar uit virrie stories…
Vloei het gesê op November 16, 2013
Daar sal wees!
vega het gesê op November 15, 2013
So kom daar maar altyd besluite wat geneem moet word by die kruispaaie. Sterkte.
Vloei het gesê op November 16, 2013
Dankie. gaan dit nodig he!
perdebytjie het gesê op November 15, 2013
Ek hoop jou kruispadkeuse bring jou tuis.Altyd lekker hier gelees,want die natuur le my na aan die hart.
Vloei het gesê op November 16, 2013
Dankie Perdebytjie
Carol R @ Losbek het gesê op November 16, 2013
Ek hoop die pad wat jy kies bring vrede en geluk. Ek is nie goed met nuwe paaie nie. Ek sien uit na nog van jou skrywes
Vloei het gesê op November 16, 2013
Dankie! Nuwe paaie, nuwe stories.