Om deur te druk
Februarie 19, 2010 in Sonder kategorie
Hierdie, normaalweg klein, droe driffie het na ‘n goeie bui reen in ‘n druisende rivier ontaard. Dit was ‘n gesig om een van die natuurkragte in aksie te sien. Alhoewel die water nie so diep oor die drif vloei nie ( tussen die knie en die heup) het die geweldige krag van die water byna my voete onder my uit gespoel toe ek so klein entjie ingestap het om te voel hoe sterk dit is!
Ons het gewag dat die water sak en is toe met die bakkie deur na ‘n benoude oomblik of twee! Die 60 mm wat geval het gaan ‘n welkome verligting wees en oor ‘n paar dae gaan dit GROEN wees.
kerneelsie het gesê op Februarie 19, 2010
Ek het eergister met ‘n wolkbreuk hier net weer gesien hoe kragtig water kan wees. Groot klippe is sommer oral oor die pad gespoel.
En een kind het dit nie gemaak nie…
Sanseveria het gesê op Februarie 19, 2010
Julle moenie ‘cowboys’raak daar in die wildernis nie! Wees versigtig!
aa3cher het gesê op Februarie 19, 2010
Ja, so amper saam gevloei
aa3cher het gesê op Februarie 19, 2010
Nee, ons bly maar kalm tussen die ander wilde goed!
loudavisi het gesê op Februarie 26, 2010
Hene, julle moenie so kanse vat nie.