by

Droom

November 11, 2009 in Sonder kategorie

Ek het die vreemdste droom vanoggend gehad. Om dit in detail te beskryf sal my oop laat vir sielkundige evaluering, maar dan weer ….ek skryf as Vloei en nie as A… nie, so wat maak dit saak? En tog het ek nog nie rerig dinge geskryf wat ek nie onder my eie naam sou se nie! So wat se dit eindelik? Maar ek was besig om van my droom te skryf……Daar was ‘n partytjie of so iets en almal daar het maskers gedra en dit was maar hoe dit moes wees en dit was nie goed of slegs nie en toe het my alarm my wakker geruk voordat die droom na ‘n punt toe beweeg het en ek weer moes fokus op wat gedoen moet word as om verder oor die betekenis te dink.

So, nou wonder ek of Zorro nog Zorro sal wees as hy sy masker afhaal? Dieselde trant is in van die vorige blogs deur ander bloggers geopper en dit laat my wonder oor presies hoe groot invloed litnet se blogs op my onderbewussyn het? Tog sien ek hier ‘n oop en eerlikheid wat ek nie altyd ervaar in my daaglikse omgang nie. En dit is verslawend…..

4 antwoorde op Droom

  1. Berwick het gesê op November 11, 2009

    😉

  2. Liani.Mare het gesê op November 11, 2009

    Dis dalk soms een van die mooi elemente van ‘n droom. Dat dit jou laat wonder. Die lewe kan mense ook maar stroop van alles wat ‘n mens probeer voorgee. Lekker aand!

  3. Neffertiti het gesê op November 12, 2009

    Anonimiteit maak die brieke los.

  4. loudavisi het gesê op November 12, 2009

    Meeste bloggers is oop en eerlik soos jy se.
    En ja, dit is verslawend en ‘n heerlikheid om julle te ken.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.