by

Wat’s dit?

November 9, 2009 in Sonder kategorie

 

 

Ek wil baie graag weet of iemand in blogland my kan se watter monument hierdie is. Die foto is in die Oos-Kaap geneem in die Bisho omgewing. Ek stel baie belang in die geskiedenis maar kon nie inligting oor die een opspoor nie. Die terrein is erg verwaardloos en dis duidelik dat niemand meer die terrein besoek nie. Al wat ek kan dink is dat dit iets te doen moet he oor die grensoorloe van toentertyd. Dis in die hartjie van die ou Transkei (of was dit nou die Ciskei?).

5 antwoorde op Wat’s dit?

  1. Janklaas het gesê op November 9, 2009

    Dis vir my nuus. Is dit nie ‘n soort kerkgebou nie? As dit ‘n monument was was die stene al weggedra.

  2. aa3cher het gesê op November 10, 2009

    Dis definitief ‘n monument. Daar is sementblad agter wat ‘n tipe amfiteater vorm en verder terug ‘n paar geboue wat wel geplunder is. Ons het om dit gevlieg maar kon nie land om meer te wete te kom nie.

  3. zephur het gesê op November 10, 2009

    Naby watter dorp is dit

    OK ek sien jy sê Bisho

  4. Ek het nie ‘n idee nie (en dit is nie net beperk tot monumente en landmerke nie) maar wat ek wel weet is dat jy ongelooflike foto’s neem.

  5. aa3cher het gesê op November 11, 2009

    Dankie vir daai kompliment!

Los ’n antwoord vir aa3cher. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.