by

Vloek 2

November 9, 2009 in Sonder kategorie

Na aanleiding van Anha se blog vanoggend, wil ek ‘n soortgelyke storie met julle deel om die Maandag se blou te verdun.

Die twee boeties besluit  een oggend hulle is nou oud genoeg om te vloek en stap saam die kombuis in waar ma doenig is. “more julle twee, wat wil julle eet vanoggend?” Die oudste enetjie hak af en se; “shit ma, ek weet nie, miskien bietjie cocopops!” Ma kan nie glo wat sy hoor nie en sleep hom kamer toe waar hy goed uitgelooi word met die houtlepel!

Terug in die kombuis vra sy aan die kleintjie; “En jy, wat wil jy eet?”. Grootoog stotter kleinboet; ” N, n, net nie van daai fokken coccopops nie!”

7 antwoorde op Vloek 2

  1. zephur het gesê op November 9, 2009

    Daar pop die houtlepel op sy boud…

  2. ha ha haaaaaaaaaaaa, ek het laasweek die trein storie gepost!!!!

  3. Is dit net ek of klink daardie fokken-woord nie so erg in Afrikaans as in Engels nie?

  4. aa3cher het gesê op November 9, 2009

    Dalk het ons hom al mak gery in Afrikaans? Dit hang ook af wie dit gebruik en in watter konteks. Self nie lief vir hom in alledaagse taalgebruik nie, maar werk so lekker as ek die moer in is!

  5. louisna het gesê op November 9, 2009

    Mooi, hou die blog lewendig

  6. :-))

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.