by

My Engel

November 6, 2009 in Sonder kategorie

Die sirkel reenboog in die wolk op die foto staan bekend as ‘n “pilot’s halo”. Dis wanneer die son reg van agter die vliegtuig (helikopter, in die geval) skyn en in die wolk in die kleurspektrum opgebreek word. Hierdie foto is net anderkant Hogsback in die Oos Kaap geneem terwyl ons besig was met ‘n lugsensus op uitheemse plante.

Dis nie ‘n algemene gesig nie en die foto laat nie reg geskiet aan die verskynsel nie. Julle moes self daar gewees het om dit te beleef!Behalwe vir die mooi, het dit vir my ‘n spirituele waarde wat ek dalk eendag oor sal blog.

5 antwoorde op My Engel

  1. aa3cher het gesê op November 7, 2009

    sal graag wil hoor oor die reenboog in die nag! Was dit ‘n buitengewone helder dampkring?

  2. betowerend, dankie daarvoor.

  3. Die aarde en die wolke, die vliegtuig en die engele alles saam in een foto!

  4. Ek kon dit nie beter gese het nie!

Los ’n antwoord vir Sanseveria. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.