Drie Vrae.
Oktober 13, 2009 in Sonder kategorie
– Is daar nog vrouens oor wat nie metro males verkies nie?
– Is alle drome soos die reenboog…..hoe harder gejaag word , hoe vinniger ontwyk dit jou?
– Hoekom draai die maan nie ook om sy eie as nie?
Maghitta het gesê op Oktober 13, 2009
hmmm
Bloggies het gesê op Oktober 13, 2009
Die maan draai om sy as – anders sou ons nie die heeltyd dieselfde kant kon sien nie – sy as draai tyd is net gelyk aan sy wenteltyd om die aarde.
Tot Trolle weet dit.
maryke-anne het gesê op Oktober 13, 2009
Ja swaer. Al metro wat ek ken is die metro poulieste en jy weet wat Suid-Afrika van hulle dink.
aa3cher het gesê op Oktober 13, 2009
Dankie, ek het geweet ek gaan antwoorde kry van my blog vrinne. Dis beter as Wikipedia!
katrina het gesê op Oktober 13, 2009
Wat presies is die definisie van ‘n metro man?
aa3cher het gesê op Oktober 13, 2009
Soos ek dit verstaan; nuutste modes,gel innie hare,nie skaam om ‘n gesig masker te gebruik nie, baie in voeling met sy vroulike kant (of so iets), polities baie korrek, gesien in die ‘regte’ geselskap en kaalvoete net vir die strand.
jr_hewing het gesê op Oktober 13, 2009
1. Ja. Ek dink daar is vrouens wat nie metro mans verkies nie
2. Ja. Ek glo vas dat as jy nie soek nie, jy sal vind.
3. Ek weet nie.