Lego
Oktober 5, 2009 in Sonder kategorie
Snaaks hoe ‘n eenvoudige insident ‘n geykte lewenslessie by jou kan inhammer dat dit voel of jy ‘n openbaring van insig ontvang het. Gister het ek en my twee mannetjies met hulle lego blokkies gespeel. Mieliepit was besig om ‘n 4×4 te bou en Boesman het ‘n reddingshelikopter gemaak. Met my gedagtes afwesig het ek blokkies op mekaar gedruk totdat Mieliepit met ‘n groot vraagteken op sy gesig wou weet watse ding is ek nou besig om te bou? Ek het nie die vaagste benul gehad nie!
As jy iets doen, moet jy eers weet wat dit is wat jy wil doen. Basies, eenvoudig maar waar. Hoeveel goed is gedoen sonder dat die wat dit gedoen het dit wou doen?
Op ‘n minder filosofiese noot: ‘n Fransman het my eendag gevra wat die verskil tussen seks en lego is?”Nee, wat?” het ek teruggevra. Hy het my bejammerend aangekyk en gese: “No, you just keep on playing with your lego,ok!”
louisna het gesê op Oktober 5, 2009
Ek ken nie ‘n verskil nie maar wel ‘n ooreenkoms. Albei maak jou spelerig.
aa3cher het gesê op Oktober 5, 2009
Ek moes daaraan gedink het dan het ek nie so rooi gesig gehad nie!
MissLimpopoTeen2008 het gesê op Oktober 5, 2009
LOl..dis oulik..
louisna het gesê op Oktober 5, 2009
Einste
louisna het gesê op Oktober 5, 2009
Wat is die lewe sonder speel?