by anha111

Hello world!

Augustus 29, 2012 in Uncategorized

Welcome to blogs demo Sites. This is your first post. Edit or delete it, then start blogging!

by anha111

DROME & WENSE

Julie 9, 2012 in Sonder kategorie

Elkeen wil ‘n stem hê

‘n werk, ‘n kind, ‘n huis

‘n Oase as die storms aan

Ons hart se deure pluk

‘n Skouer om op troos te vind

As die trane naby lê

‘n Ma, ‘n Pa ‘n vriend

Wat vir jou kan “toemaar” sê

 

‘n Boek met raad oor alles

En ‘n lig wat altyd brand

‘n lewe propvol liefde

Saam met die regte vrou of man

Geld, geluk en alles

Wat dit makliker kan maak

Om eendag op ‘n reëndag

Al jou wense waar te maak.

 

Ja so wens ons en so droom ons elkeen ons eie ding

En ons giggel en ons glimlag oor die ander een se droom

Tog weet ons dat ons almal maar dieselfde drome droom

En dat wanneer daai drome waar word

Ons weer ‘n nuwe droom sal droom

 

So droom jou beste drome

Elke dag en elke nag

Verf dit in helder kleure

Hang dit hoog op soos ‘n vlag

En spreek jou grootste wense

Dat vir almal soos jouself

Net die beste wens sal waar word

Altyd omtrent so kwart voor twaalf

 

Dat hul drome nie sal omdraai

Dat hul sal maai wat hulle saai

Dat hulle sommer elke Woensdag

Die Lotto reg sal raai

Aanhou wens en aanhou droom

En lugkastele bou

Het nog niemand kwaad gedoen nie

Nog geen mens het berou.

 

Ja so wens ons en so droom ons elkeen ons eie ding

En ons giggel en ons glimlag oor die ander een se droom

Tog weet ons dat ons almal maar dieselfde drome droom

En dat wanneer daai drome waar word

Ons weer ‘n nuwe droom sal droom

 

©Anneke Steyn Barnard

 

 

by anha111

RITME VAN TYD

Julie 5, 2012 in Sonder kategorie

RITME VAN TYD

 

Tussen gisters wat was en mores wat kom

Staan ek soms verstom

Ek kyk terug oor my skouer

Ons word ouer nie jonger

Die tyd vlieg verby

 

Tussen die nommers in jare, die grys in my hare

Speel my vingers die trom

Op die pad agter my

Lê diep spore wat lei

Na die mores wat kom

 

Tussen trane van gister en drome van more

Dans ek en jy

Op maat van ons woorde

Ons eie akkoorde

En die tyd vlieg verby

 

Tussen al die krom draaie en ook reguit paaie

Sal ek volg as jy lei

Ons vlieg vry deur die lug

En keer dan weer terug

Om nog drome te kry

 

©Anneke Steyn Barnard

 

by anha111

Hoe kies ons?

Mei 8, 2012 in Sonder kategorie

Wanneer ons kies

 

Ons staan elke dag van ons lewe voor keuses. Hetsy dit is om oor ‘n straat te loop of ‘n groot finansieële besluit te maak. Enige besluit wat jy maak beinvloed jou lewe of iemand anders se lewe. Dis ‘n aksie wat ‘n reaksie veroorsaak.

Nou het ek vandag ‘n vraag:

Kan dit ook wees dat elke besluit wat ons neem ook “Ten koste van” en “ter wille van” gemaak word?

As ek sit en dink het ek al baie besluite in my lewe gemaak ten koste van en ter wille van.

 

 

by anha111

TAALMENG WOORDE:

Maart 5, 2012 in Sonder kategorie

Taalmeng woorde:

Ons kla altyd oor mense wat hulle taal meng. Ek praat nou nie van die ordinêre ou wat nie ‘n sin kan praat sonder dat elke twee woord ‘n vloekwoord is nie.

 

Jy vind dit in alle tale, Afrikaans, Engels, Sotho, Italiaans………………………

 

Bv:

Afrikaans: “Daai ou is ‘n regte SUCKER”

Engels: ” Local is LEKKER”

 

So het ek nou net ‘n nuwe woord geleer van my suster wat in Duitsland woon….

Backpfeifengesicht: Iemand wie se gesig dringend ‘n vuis nodig het.

 

Hoe hulle dit bymekaar gesit het sal net hulle weet maar hulle gebruik die woord blykbaar nogals op gereelde basis.

Noem bietjie aan watter sulke woorde jy kan dink?  

by anha111

Wie is jy?

Februarie 28, 2012 in Sonder kategorie

Wie is jy?

 

Ek staar deur die vensters van jou siel

ek soek jou anderkant

die toegetrekte gordyne

waar jy vir jouself wegkruip

soos ‘n kind wat suiker gesteel het

 

Die sagtheid in jou stem

ontbloot soms ‘n ander jy

wat ook kan liefhê

jammerkry en huil

tot jy self kan voel

wie jy eintlik is

 

Empatie skyn in jou oë

maar kom met haatwoorde

by jou mond uit

jy projekteer jou eie

overvuldheid op ander

sonder om twee keer te dink

 

Snags as die nag op sy stilste stil is

en jou kamer koud word

van eensaamheid

baklei jy teen dit

wat jy nie wil wees nie

net totdat die son weer skyn

©Anneke Steyn Barnard

by anha111

In die donker is alle katte grys

Februarie 24, 2012 in Sonder kategorie

“Evil is as evil does” en

in die donker is alle katte grys

maar as die son opkom

kan almal mooi sien

watter katte eintlik wit is

en onder watter klip

“evil” uitgekruip het

 

In die donker is alle katte grys

en met rowwe tyres kan jy

net in die aand rondry

donker kruip

waar lig dit nooit sal waag nie

en geen parfuum sal

verrotting ooit beter maak nie……

 

 ©Anneke Steyn Barnard

by anha111

Ons prinses op haar mooiste~

Februarie 22, 2012 in Sonder kategorie

 

Die punt van haar ouma se hart diè.

by anha111

“JUSTICE”

Februarie 14, 2012 in Sonder kategorie

“Hang hom” roep die gepeupel hard uit

waar hulle saam op die plein vergader

sonder om te weet hoekom hulle daar is

sonder om te weet wat hulle van mekaar is

sonder om te weet wie almal daar is

 

“Ja” skree die gepeupel wat saamdroom

op die plein “ dis waar en dis so”

sonder dat hulle die aanklag verstaan het

sonder om te dink dat die man iemand

se kind, se pa, se man, se broer mag wees

 

Hulle spoeg en vloek en skree

sonder om mekaar te hoor

sonder om mekaar te sien

sonder om te vra of die man aan die tou

hulle roede verdien.

 

Die galgvloer gaan oop en die man

kry een laaste kans om iets te sê

en kyk ver oor die gepeupel

wat voor hom staan

“Vir julle het ek niks te sê nie

want julle het nie ore om mee te hoor nie.”

 

Die galgtou val en die gepeupel skree

“Justice has been done”

Sonder dat hulle weet wat “Justice” is

Sonder dat hulle weet wie hulle is

Sonder dat hulle weet

“Justice” kom nie altyd in die vorm van ‘n tou nie

 

©Anneke Steyn Barnard

by anha111

Val in die Tyn

Februarie 13, 2012 in Sonder kategorie

More is dit weer Val in die Tyn dag so …….

Kry vir jou ‘n hart

En manne moenie vergeet om vir julle vrouens blomme en sjokolade te koop nie!