Toegewy aan God

April 1, 2020 in Uncategorized

Vanoggend in my stiltetyd het ek Romeine 12 gelees. Sjoe, as ons maar so kan lewe!


– Stel jou liggaam as ‘n lewende, heilige offer wat vir God aanneemlik is;

– Vernuwe jou denke;

– Moenie meer van jouself dink as wat jy moet nie. Wees eerder beskeie;

– Help ander met blymoedigheid;

– Laat jou liefde opreg wees;

– Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is;

– Wees hartlik teenoor mekaar met broederliefde;

– Betoon eer aan ander;

– Wees vurig van Gees en dien die Here;

– Verbly jou in die hoop, staan vas in verdrukking, volhard in gebed;

– Help mekaar en wees gasvry;

– Se├źn die wat jou vervolg en moenie vervloek nie;

– Wees vol medelyde met jou medemens;

– Wees nederig en moenie eiewys wees nie;

– Moenie kwaad met kwaad vergeld nie;

– Wees goedgesind teenoor alle mense;

– Leef in vrede met alle mense;

– Moenie wraakneem nie. Laat dit aan God oor;

– Bewys ook liefde aan jou vyande;

– Oorwin die kwaad deur die goeie.

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *