Boet kry uiteindelik sy ry

April 14, 2012 in Sonder kategorie

Goed dan. Reg so. Piekfyn. Dit werk vir my.

Van hierdie dag af is ek niemand se “maburu” meer nie, niemand se “dutchman” nie, en niemand se “bliksemse mansmens” nie. Van vandag af is ek Niks.Ek het uiteindelik agtergekom dat dit alles net ‘n speletjie is, jy sien, hierdie konstante konstruksie, dekonstruksie en herkonstruksie van die gedemoniseerde Ander. En die gedemoniseerde rol wat my die meeste onderkry, “fokken onderwyser”. Ek verklaar myself vry van die heilige binêr van die sacred I and the demonised Other. Ek speel nie meer saam nie. Nou kry ek my ry. 

Oor presies ‘n maand klim ek op ‘n vliegtuig en ek gaan terug Taiwan toe. Ek moes in die eerste plek nie teruggekom het nie, maar nou ja, spilt milk. My plan werk so, sien: ek gaan ‘n jaar in ‘n land bly, teach, die land verken, sy letterkunde verken, sy vrouens verken, sy kos verken, sy ou geboue verken, maar voordat enige binêr my kan intrek, klim ek op ‘n vliegtuig en vertrek na die volgende land. My plan is om tien lande in tien jaar te doen. Twintig lande in twintig jaar, as dit kan. Ek is immers al 41 (en ‘n half). 

Miskien moet ek op ‘n ander punt begin, ek sien jy sit met ‘n frons op jou gesig daar voor die skerm.Hoe het ek hier gekom, op hierdie Eckart Tolliaanse oomblik van die Nou? Wat het gemaak dat ek kon terugstaan van die “pynliggaam’ van my gekrenkte dutchman/maburu/bliksemse mansmens/fokken onderwyser – ego, en sê: my “ek” (wat Eckart Tolle die ‘ego’ noem, en die Post-strukturaliste die ‘endless string of signifiers’), nou trek ek jou uit soos ‘n bekakte onderbroek, en ek stap kaalgat weg. 
Miskien moet ons begin my teoretiese wegspringplek; die binêr van die heilige Ek en die gedemoniseerde Ander.Jy sien, identiteitskonstruksie werk so: identiteit, individueel (ek), of kollektief (ons) word gevorm deur toenemend alles wat goed, mooi en reg is nader te hark, en te sê: dit is ek. Al hierdie mooi dinge verteenwoordig my. Ek identifiseer daarmee, so dit IS ek. Terselfdertyd word alles sleg, lelik en verkeerd is weggestoot na die JOU toe. ‘Ek’ en ‘Jy’ word dus toenemend weggedryf van mekaar af.  Ons word binêre opposisies van mekaar. Ek is goed, mooi en reg. Jy is ‘n bliksem. Die heilige ‘Ek’ is nooit tevrede nie. Dit is nie genoeg dat ons teenoor mekaar staan en mekaar slegsê nie, nee dit is ‘n hongerige, nimmereindigende proses wat altyd besig is om te groei. Dink maar aan jou en jou baas, jou en jou eks. Die Nasionale Party en die Rooi Gevaar, die ANC en die white, racist, imperialist bloodsuckers. Jy sien, liewe leser, wanneer die horisontale as van hierdie binêr so ver skuif dat hy nie meer verder kan nie, dan hel die hele ding om. Egskeiding, revolusie, chaos. Maar nog is hierdie monster nie versadig nie, o nee. Nou kry die honger, heilige ‘Ek’ eers momentum. Die binêre spanning word nou ‘n vertikale as. Hier begin verdrukking en onderdrukking. Uiteindelik, se Nietzsche, lei dit tot ‘n skewed hierarchy. Die konsep “goed” is immers iemand se “goed”. Dit is goed in iemand se oë dat ons die straatname verander. (oor organised forgetting sal ons op ‘n ander dag gesels). Hierdie lendelam hiërargie bly oorhel tot dit heeltemal vertikaal word, wat weer  lei dit tot goed soos slawerny, die holocaust, white genocide. Die hele proses kan eers beëndig word as een van die twee pole totaal vernietig word. Die Nazi’s word verslaan, Apartheid, die ANC, die huwelik.

Nou, hier is waar ek van Eckart Tolle en mense soos Oom Angus verskil. Bid help nie. Om op ‘n rots te gaan sit en fokus op jou asemhaling werk nie. As jy opstaan met die bedaarde kyk in jou oë van ‘n Boeddha of ‘n zol roker, moet jy nog steeds die shit gaan face. Jy klim weer terug in die simboliese konstruksie. Jy trek jou dit weer aan. Hoe raak jy dan ontslae van die vyand? Jy kry jou ry. Jy verbreek die ketening van karma, van wyrd (wat die oorspronklike germaanse woord was vir karma, en die oerwortel van die Afrikaanse woorde: ‘word’ en ‘werd’), deur kaalgat, sonder bindende gevoelens van haat, nyd, liefde, begeerte en dies meer, net weg te stap. Gaan word iets anders, iewers anders. Jy’s meer werd.

24 antwoorde op Boet kry uiteindelik sy ry

  1. Unicorn007 het gesê op April 14, 2012

    Uitstekende pos. Twintig lande, twintig jaar en 20 000 vrouens. Klink na fun.

  2. loudavisi het gesê op April 14, 2012

    Go go go go!
    Ek verstaan so goed en ek is so flippen dankbaar dat ek nog nie “daar” is nie!

  3. shlwanjan het gesê op April 14, 2012

    sterkte met die 10 lande in 10 jaar ding. Dit klink na ‘n briljante plan. Net een ou dingetjie wat potensieel kan pla met die idiaal van daai laaste paragraaf van jou. Ek weet dit is wat MY sou kortwiek, as ek sou ‘up and go’: waar ek ookal sou heengaan om wat ookal te word sonder wie ookal….ek sou ongelukkig daar aanland saam met dieselfde ek.

  4. waiguoren het gesê op April 14, 2012

    Dankie vir die kommentaar, en ja ek neem ter harte wat julle se.
    Wat die 20 000 vrouens aanbetref, dis die groot bek van n man wat nou net gedump is wat so praat. As ek daar aankom gaanek tien teen een in my hoekie sit in Starbucks en vir almal loer. Wat ek saamneem van die ‘ek’ aanbetref, wat ek hou van die endless string of signifiers meets Eckhart Tolle idee, ek kan miskien nie ontslae raak van die ketting nie, maar ek kan die signifiers kies wat dit opmaak. En te moer met ander se pogings om my te konstrueer. Thanks vir die lees, julle.

  5. HeavyHenry het gesê op April 14, 2012

    “As jy opstaan met die bedaarde kyk in jou oë van ‘n Boeddha of ‘n zol roker, moet jy nog steeds die shit gaan face.”

    Jip!

    Welkom hier. Nice pos – doet so voort.

    NB – as jy kommentaar antwoord, kliek op die “Antwoord” knoppie – dan kry die persoon ‘n epos. As jy antwoord soos jy hier onder gedoen het, dan sal hulle dit net sien as hulle weer sou kom kyk – dis bietjie random.

  6. TS het gesê op April 14, 2012

    Grinnik… you go boy!

    Welkom.

  7. Die nuweling snap nie die volle genot wat jy ook uit die 20,000 wil put nie , liewe Dar.

  8. Lou, you can run but you can’t hide. Ek is verbaas dat jy ook geknel is.

  9. lora2me het gesê op April 14, 2012

    Boet, dit klink na ‘n goeie plan, behalwe vir die 20000 vroue, want hulle het almal kwaai pa’s. Gaan groot en geniet dit. Welkom hier.

  10. frikve het gesê op April 14, 2012

    In jou blog lees ek “the lightness of freedom”. Ek verstaan wat jy sê – jy is by jou ware self en dit moet besonders wees.

  11. Unicorn007 het gesê op April 14, 2012

    Met tyd kom raad.

  12. waiguoren het gesê op April 14, 2012

    Ja, Frik. Dit laat my dink aan Milan Kundera se “unbearable lightness of being”. Ek het glad nie die omvang besef van wat hy gepraat het toe ek die boek in die laat 80’s gelees het nie. Nou in my 40’s doen ek. Noudat die ANC en die nuwe “reign of terror” aan ons doen wat hulle doen, noudat ek moet ophou om ‘n vrou lief te he wat my nie liefhet nie, nou verstaan ek hoe swaar bestaan kan wees, en wat die waarde van “lig” is. Dankie vir die kommentaar.

  13. waiguoren het gesê op April 14, 2012

    Sjoe, Lora, en ‘n Sjinese pa is ‘n ander ding. Hulle noem ons mos “waiguoren”, wat beide uitlander en buitestander beteken. selfs hier in SA (hulle wis mos nie ek kan Sjinees praat nie), praat hulle lustig van blanke Suid Afrikaners as “waiguoren”.

  14. waiguoren het gesê op April 14, 2012

    Jip, dis natuurlik my “ek” wat meer werd is daar iewers anders waar ek kan gaan “word”. But what the hell, ek en my ek is oppad.

  15. waiguoren het gesê op April 14, 2012

    jis, hoe nuuskierrag is ek nou.

  16. Trakie het gesê op April 14, 2012

    Hehehe, nogals in onse eie land.

  17. loudavisi het gesê op April 14, 2012

    Nee, bruggie!
    Ek en Hartman is al 36 jaar gelukkig genoeg bymekaar….ek bedoel net dat ek Boet se situasie verstaan oor ek mense ken (wie ken nie?) wat daardeur is.

  18. shlwanjan het gesê op April 14, 2012

    Mag dit ‘n goeie journey vir jou wees.

  19. palamino het gesê op April 16, 2012

    😉

  20. slfkowef het gesê op April 17, 2012

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    $33 True Religion jeans, Ed Hardy jeans,LV,Coogi jeans,Affliction jeans

    $30 Air Jordan shoes,Shox shoes,Gucci,LV shoes

    50%Discount winter fashion :Sandle,t-shirt,caps,jerseys,handbag and brand watches!!!

    $15 Ed Hardy ,LV ,Gucci Bikini

    $15 Polo, Ed Hardy, Gucci, LV, Lacoste T-shirts

    $25 Coach,Gucci,LV,Prada,Juicy,Chanel handbag,

    $10 Gucci,Ed Hardy sunglasses

    $9 New Era caps.

    give you the unexpected harvest

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

    ==== ( http://www.fullmalls.com ) =====

  21. waiguoren het gesê op April 17, 2012

    haai daar mense, kan iemand vir my se hoe verhoed mens sulke diegene wat kommentaar lewer deur vir jou aanbiedinge te maak vir goedere wat jy nie in belangstel om te koop nie? This is not what I signed up for

  22. waiguoren het gesê op April 17, 2012

    Dear SLFKOWEF, Unfortunately I never buy anything in US dollar. RMB is good, SA rand is ok-ish, Thai Baht is great, but not US dollar. I live in Africa, you see. Thank you for considering me all the same.

  23. palamino het gesê op April 17, 2012

    Ag ignore en delete maar net, dis al.

  24. Mzungu sal jy bly, al word jy wat genoem

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.