Jy blaai in die argief vir Uncategorized.

Oog

November 3, 2014 in Uncategorized

Oog

Oog

Oog

Deur die lens
Van hierdie klein sfeer
Stroom fotone
Vanaf die verste sterre
Die oogbal binne.

Bots teen sensitiewe binnewande
En skep so ‘n beeld
Binne die beperkte ruimte
Van die brein.

‘n Beeld van die
Onbeperkte,
Oneindige sfeer
Van die Heelal.

©vuurklip
3 November 2014

Kwatryn: Waarheid

Junie 1, 2014 in Uncategorized

waarheid

Hou verby as jy dit op WordPress
gesien het …

Waarheid

Die Waarheid van vandag
Vervang die Waarheid van gister.
Die Waarheid van môre
Is meer as wat jy ooit kan verwag.

©vuurklip

Steeds opgekrok! Ek het jou mos gesê …

Junie 1, 2014 in Uncategorized

broken1

FUBAR

Aiéééé.

Die dônnerse LitnetBlogs is steeds gekrok. Ek kry geen keenis as daar kommentaar op my inskrywings verskyn nie.

Boonop is daar daagliks weer ‘n klomp nuwe spammers.

Ek kan ook nie meer ‘n border vir grafika spesifiseer nie.

Weet jy waarvoor staan FUBAR?

Frustrasie III

Mei 7, 2014 in Uncategorized

Klik hier vir die NUWE Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


frustrasieLitnet Blogs is op die punt om af te spoel – jy weet waarin!

Alle kommentaar beland in spam, selfs jou eie. En vis jy dit daaruit, verdwyn dit in dieselfde gat (om nooit weer gesien te word nie) waarin Litnet Blogs besig is om in te verdwyn (om dalk ook nooit weer gesien te word nie).

Ironie laai op

Januarie 15, 2014 in Uncategorized

Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


turkey

Turkey

Ship of Fools

Ship of Fools

Jy onthou Prof. Chris Turnkey wat wou gaan kyk hoe die Suidpool smelt en toe raak hy vasgevang in die ys en hoe ysbrekers wat tot hulle redding gekom het, ook vasgeval het? (Kyk hier)

Nou ja, as hulle na betroubare weervoorspellers geluister het, sou hulle nie soos Chicken Little te kere gegaan het nie, maar hulle monde gehou het en net ‘n paar dae langer gewag het vir die ys om op te breek.

Hulle is toe per helikopter na ‘n Australiese skip oorgeplaas, die betrokke skip was op pad na die Australiese navorsingstasie in Antarktika. Die skeepsbemanning het hulle agtergelaat. Turnkey en sy mede toeriste (ek wil hulle nie navorsers noem nie) sit nou steeds in Antarktika terwyl hulle navorsingsskip weer los is en reeds terug is in Nieu Seeland.

Soos ‘n grapmaker gesê het: Die bemanning is gered toe die toeriste gevlug het!

Somer, Son en Napier II

Oktober 28, 2013 in Uncategorized

[subscribe2]

IMG_0289

Ek het in SSN I die dorp se besienswaardighede genoem. Die NG kerk is in die vorige inskrywing gewys. Al die ander kom uit die tuin van ons verblyf.

 

 

IMG_0235

Ta’ Mossie met kroos se sprinkaan-middagete.

 

 

 

 

 

IMG_0276

Oom Mossie hou wag.

 

 

 

 

 

 

IMG_0255

Mossiefamilie se twee verdiepings! Lyk soos ‘n uitgerafelde vinknes. Mossies bou normaalweg ‘n slordige mini-kraaines maar neem soms ou swaelneste of vinkneste oor.

 

 

 

 

 

 

IMG_0243

Jangroentjie beskou sy domein.

 

 

 

 

 

IMG_0268

Opgedress in polkadots!

 

 

 

 

 

 

IMG_0269

‘n Brommer in die sop daisy.

 

 

 

 

 

IMG_0288

Die trein op platform sewe …

Maer wurms, haarwurms …

September 17, 2013 in Uncategorized

As jy die wurm-liedjie ken is jou sell-by-date lankal verby …

Gesien in ons tuin:

wurm-1

 

en van naderby:

wurms-1

Strandloper

September 15, 2013 in Uncategorized

Gesien op Glencairnstrand – ‘n krap word opgeneem in die Kraphemel:

Vleuels

Tuin en Tuinier II

September 13, 2013 in Uncategorized

Die “blomtuin” is ‘n piepklein moskolletjie in ‘n hoekie van die trappies na die plaveisel. Reg in die middel van die rooi sirkel op die eerste foto. Die tweede foto is van die mos en die “spore capsules” met ‘n tiensentstuk wat die skaal aandui. Ek moet beken dat daar geen tuinier hierby betrokke is  nie – tensy jy in tuindwergies glo.

Lees meer hieroor (Soortgelyke mos van Alaska):

http://analogicalplanet.com/Pages/ContentPages/Mosses/MossIndex.html

Tuin en Tuinier

September 12, 2013 in Uncategorized

‘n Rotstuin. Later meer oor die Tuinier. Watch this space!

Blomtuin