Jy blaai in die argief vir Allerlei.

Litnet Blogs Gebreek

Mei 19, 2014 in Allerlei, katastrofes

broken

Litnet Blogs is gebou op die gratis WordPress sagteware. Die stelsel laat jou groot vryheid toe om die werf wat jy daarmee bou, te customise.

Die probleem is, dat hoe meer jy customise, hoe groter is die kans dat die werf sal breek as jy van WordPress se updates gebruik maak, iets wat ongelukig onvermydelik is as jy jou werf veilig wil hou.

As jou werf dan deur updates gebreek is, is dit ‘n byna onbegonne taak om om uit te vind waar die fout lê.

Dis duidelik dat die kindertuin-programmeerders die Litnet Blogs uitvoerig ge-customise het, dat onlangse updates die werf gebreek het, en dat hulle nou met die hande in die hare sit.

Moenie verwag dat die probleme gou uitgesorteer sal word nie.

Sugggg.

Spammers, spammers, everywhere …

Mei 7, 2014 in Allerlei

Klik hier vir die NUWE Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


spammerVuurklip se Blog Monitor rapporteer ook as nuwe bloggers by Litnet Blogs registreer.

Die goeie nuus is dat daar onlangs heelwat nuwe registrasies bygekom het, maar die slegte nuus is dat die meeste van hulle spammers is.

 

 

Byvoorbeeld:

Angela Murrell – http://blogs.litnet.co.za/members/angelmurrell

Cinda Bostick – http://blogs.litnet.co.za/members/cinda6801

Alfonzo Oxendine – http://blogs.litnet.co.za/members/alfonoxendine

Marylin Baltzell – http://blogs.litnet.co.za/members/marylbaltzell

Vicki Collick – http://blogs.litnet.co.za/members/vickicollick

Celina Goethe – http://blogs.litnet.co.za/members/celingoethe

Lizette Westacott – http://blogs.litnet.co.za/members/lwestacot

Sunny Dunckley – http://blogs.litnet.co.za/members/sunnydunckley

Lorri Loughman – http://blogs.litnet.co.za/members/tcelorri

Delores Geary – http://blogs.litnet.co.za/members/delorsxn

Ophelia Reade – http://blogs.litnet.co.za/members/ophelzhe

vuurklip op WordPress?

April 28, 2014 in Allerlei, katastrofes

Klik hier vir die NUWE Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


trainwreck

Vuurklip dink daaraan om na die WordPress platform oor te trek. Lettersmash was ‘n fiasko maar Litnet Blogs is ‘n train smash. Daar verskyn steeds nuwe probleme terwyl oues nooit of byna nooit opgelos word nie.

WordPress wérk. Die widgets wérk. Kommentaar wérk, daar is nie die babelse verwarrende vermenging van Afrikaans en Engels nie.

Kom bekyk die eksperiment hier:
http://vuurklip.wordpress.com/

 

Nagtelike Besoekers II

Maart 22, 2014 in Allerlei

Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


mot-3

Zebra

 

 

Wat dink jy gaan hier uitbroei?

Zebratjies of marmotjies?

 

 

 

 

 

 

mot-6

Ingekleur

 

Kyk hoe geometries is die rooi merke.

Nagtelike Besoekers

Maart 18, 2014 in Allerlei

Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


 

Werlike Grootte 1 x 0.5 cm

Werklike Grootte 10 mm x 5 mm

Werklike Grootte 5 mm x 3 mm

Werklike Grootte 5 mm x 3 mm

Vuurklip se Blog Monitor

Februarie 28, 2014 in Allerlei

Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


blog-logo

Die Blog Monitor het nou ook ‘n lys van alle aktiewe Litnet bloggers. In die Monitor se Menu Bar is daar ‘n nuwe opsie: Lys van Bloggers.

Die Monitor se lys is natuurlik ook by Litnet te siene, maar om alle aktiewe bloggers te sien, moet jy deur meer as 20 bladsye kliek – die Monitor se lys laat jou deur die lys scroll – m.i. gee dit ‘n beter oorsig. Litnet sal jou ook nie laat weet as daar nuwe bloggers is nie.

Jy kan kies om per e-pos kennis te kry as ‘n nuwe blogger verskyn.

Die Monitor kyk een keer per dag na die lys van bloggers by Litnet en laat jou per e-pos weet as daar ‘n nuwe blogger verskyn het.

Laat weet as jy ‘n probleem met die Monitor ondervind. Ek kan jou altyd na Dr Salim verwys!

Somersneeu

Desember 7, 2013 in Allerlei

Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.

globular-cluster

Somersneeu

Vaarwel.

Desember 6, 2013 in Allerlei

madiba

afskeid

een vir een
sterf my wortels af.

blare doen afstand
van opgegaarde son
uit vergange seisoene.

die skors van my verweer
teen vervloë storms los
en val weg.

naak
bly my geen skans

©vuurklip

Doktersbesoek

November 29, 2013 in Allerlei

Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.

pills

Pille

*Doktersbesoek

Dis OK
Sê Dok Van,
Bloeddruk is normaal,
Maar die knie
En die linkervoet …
Ons moet maar eers
Die X-strale bekyk.

Intussen moet jy
Elke dag
Jou pille sluk,
Jou vitamines balanseer,
Jou koolhidrate streng beheer.

Só sal ons saam
Die aftakeling besweer.

25 November 2013
vuurklip

*vuurklip is nie die pasiënt nie

Die Oggendstond …

November 23, 2013 in Allerlei

Gebruik Blog Monitor en volg jou gunsteling bloggers!
goud

Oggendgoud in Simonstad

 

… het goud in die mond!

Vensters in Simonstad weerkaats die oggendson.