Jy blaai in die argief vir aardverwarming.

Wie sou dit gedink het!

Februarie 5, 2014 in aardverwarming, humor, katastrofes

Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


telegraph

Dis die jaar 1881. Die uitvinding van die telegraaf dreig(!) om die wêreld met koperdrade te omspan.

Die gevare wat dit vir die mensdom en die Aarde inhou is onvoorstelbaar.

Die Aarde se polariteit kan omswaai met die gevolg dat poolys skielik smelt gevolg deur vernietigende aardbewings die uitwissing van die hele mendom.

Sou Al Gore, Bill McKibben, Greenpeace, WWF, Lewis Pugh, Hollywood filmsterre, Stop Fracking the Karoo, as hierdie span destyds reeds sou bestaan het, sou hulle hiedie tegnologie teengestaan het?

Wat dink jy?

Bron: Donna Laframboise se blog.

 

Oepsie!

Januarie 27, 2014 in aardverwarming, humor

Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


Fawlty Tower!

Fawlty Tower!

 

Fawlty Towers?

Gullible’s Travels II

Januarie 17, 2014 in aardverwarming

Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


polar-bears

‘n Groep stappers van die Sierra Club het in ‘n afgeleë park in Kanada gaan stap. Soos dit nou maar gaan met die verwarmers, glo hulle onvoorwaardelik dat die ysbere aan’t uitsterf is. Newwer maaind dat hulle al tienduisende jare lank talle warm periodes oorleef het.

Nou ja, as jy glo dat die ysbere in die moelikheid is, raak jy seker maar oorgerus en haal nie dollars uit om ‘n gids te huur nie.

Ongelukkig word een van die stappers toe deur ‘n ysbeer aangeval en ernstig beseer.

Die Sierra Club se doelstalling is lofwaardig: Die beskerming van wildernisgebiede – maar hulle metodes is minder so – die gewone CO2 bangmaakstorie en wat daaraan gedoen moet word.

Lees die storie hier: M4GW

Wat noem jy …

Januarie 7, 2014 in aardverwarming, humor

Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


hockey

Die berugte “Hockey Stick” grafiek.

Wat noem jy iemand wat data versin om ‘n vooropgestelde agenda te bevorder?

‘n Motherfudger natuurlik!

Gullible’s Travels

Januarie 4, 2014 in aardverwarming, humor, katastrofes

Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


 skip-in-ys

Dis nou hoe Prof Turney se joyride na die Suidpool genoem kan word:

Gullible’s Travels.

Schadenfreude

Januarie 1, 2014 in aardverwarming, humor

Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


Schadenfreude = leedvermaak

Oorle Ma het ons geleer leedvermaak is ‘n lelike ding. Jy verkneukel jou nie in ander se teëspoed nie.

Maar die ironie! Die ironie. Dis net te veel en ek moet my sonde bely.

skip-in-ys
This image, taken by passenger Andrew Peacock, shows the ship MV Akademik Shokalskiy still stuck in the ice off East Antarctica, as it waits to be rescued

Die saak staan só: ‘n Klomp verwarmers (dis nou die wat onkrities glo dat die mensdom – en nét die mensdom – die Aarde laat verwarm) het onder leiding van Professor Chris Turney vanaf Nieu Seeland na Antarktika vertrek om te gaan kyk hoe die poolys smelt. Die plan was om die spoor van Douglas Mawson, ‘n ontdekkingsreisiger van 100 jaar gelede te volg.

Ongelukkig was hulle só deur die 97% konsensus verblind dat hulle nie kennis geneem het dat daar die afgelope 17 jaar geen verdere verwarming was nie, en sedert sowat 2005 selfs ‘n effense afkoeling. Ook het hulle nie kennis geneem dat gedurende 2013 poolys beide Noord en Suid geweldig toegeneem het.

Nou sit hulle vas in die ys, ‘n Chinese ysbreker wat moes kom red sit ook vas en en ‘n Australiese skip kan ook nie bykom nie. Daar word nou gewag op beter weer sodat hulle per helikopter gehaal kan word.

In ons koerante lees jy van die debakel, maar jy sal nie lees wat die agtergrond is  nie. Jy sal nie lees dat die totale verwarming van die agelope 100 jaar slegs 0.7 grade Celsius is nie. Jy sal dit nie aan jou lyf voel nie.

Lees meer hier: Mail Online

Terloops, ‘n klomp mense het Al Gore en sy trawante geglo dat die Noorpool teen 2013 geen ys sal hê nie en hulle het onderneem on die befaamde North West Passage te bevaar. Hulle sit ook in die ys vas.

Voorwaar,  A (very) Inconvenient Truth!

Update 1:
FoxNews interviews expedition leader Chris Turney:

But Chris Turney, a professor of climate change at Australia’s University of New South Wales, said it was “silly” to suggest he and 73 others aboard the MV Akademic Shokalskiy were trapped in ice they’d sought to prove had melted. He remained adamant that sea ice is melting, even as the boat remained trapped in frozen seas.

Bostaande is ‘n uittreksel van Judith Curry se uitstekende blog

Update 2:
Lees die media spin om die ekspedisie se werklike doelwit te verberg en om die embarasserende werklikheid te verdoesel: Joanne Nova, nog ‘n uitstaande blogger.

Update 3:
Lees meer oor die gullible green sailors  wat in die North West Passage vassit

Costinko ergo sum

November 20, 2013 in aardverwarming

Gebruik Blog Monitor en volg jou gunsteling bloggers!

stink

Die vertaling van die Latynse blogopskrif is:
     I stink, therefore I am.

Nee, nie ek nie*, ek stort elke dag, al dra dit by tot Katastrofiese Mens Veroorsaakte Aardverwarming (wat terloops al die afgelope 17 jaar opgehou het).

Die ou wat stink ter wille van die Groot Bedreiging, is ene Professor Keith Anderson. Dit lyk darem of hy skeer, al bad hy nie te dikwels nie.

Ek sou dink die hittewalms in sy nabyheid mag dalk hoër as normaal wees (gegewe die ekstra mikrobiese aksie), maar as ek jy is, sou ek dit nie self toets nie.

Lees die storie hier:
    Climate Depot

Wat jy ook al van sy (watevrye) gebaar dink, ek moet hom krediet gee: “he puts his money where his mouth is“. Hy het nie (tot onlangs) ‘n yskas nie en hy vlieg nie (baie) nie. Behalwe seker na die IPCC jamborees toe.

*My leuse is: I drink, therefore I am.

Somer, Son en Napier I

Oktober 25, 2013 in aardverwarming, Allerlei

[subscribe2]

IMG_0280IMG_0281

Vuurklip, Polleneis en die Dapper Waghond het vir ‘n paar dae in Napier “afgetree”.

 

 

 

 

 

“Waar de hel is Napier?”, Vra jy.

 

 

 

 

 

IMG_0218

Vanaf Kaapstad met die N2 ry jy opwaarts. As jy díe voëlverskrikkers sien, hou jy nog ‘n entjie aan en draai regs. Die lemme is om die voëls wat nie skrik nie, fyn te kap. Dis nou alles om die koring te beskerm. Ongelukkig word vlêrmuise ook opgekerf en die onvoorsiene gevolg is ‘n goggaplaag.

 

 

 

NG_Kerk_Napier

As jy nou regs gedraai het, kom jy by ‘n groterige dorp. Hou aan ry, regs is Pick ‘n Pay, links graansilos. Dan ry jy en ry jy en ry jy. As jy die see sien het jy Napier gemis. Draai om en ry terug. Jy kom weer by ‘n groterige dorp. Draai links ry deur die dorp en ry en ry en ry tot jy díe kerk sien. Nou is jy in Napier. Êrens aan die linkerkant is daar ook ‘n begraafplaas – nog een van die besienswaardighede. Later meer oor die besienswaardighede.

 

 

 

Dis maar ‘n stil ou dorpie met twee soorte mense: Díe in die begraafplaas en díe op pad soontoe.

Hou dus maar die kuier kort!

‘n Nuwigheid

Oktober 20, 2013 in aardverwarming

[subscribe2]

Hierdie is vir die liefhebbers van hardehout.

Jy weet mos van die Tequilawurm?  Indien  nie kyk dan hier.worm

Nou lees ek onlangs dat daar ‘n nuwe Tequila vervaardig word. In plaas van ‘n wurm gaan daar nou ‘n mockingbird kuiken in die bottel wees. Hoekom ‘n kuiken, vra jy? Man, enige iemand kan mos sien ‘n volwasse voël gaan nie in die bottel pas nie. Die voëls gaan nou op groot skaal op “ekologies en organies volhoubare” manier geteel word. Groen, sien.

Maar voordat jy jou groen kleure wys en te kere gaan oor die wreedheid teenoor voëls, dink aan die duisende voëls en vlermuise wat jaarliks deur “groen” windmeules aan stukke gekap word. Ek wil jou daaroor ook hoor te kere gaan.

O, ja, die naam van die nuwe hardehout is natuurlik:
Tequila Mockingbird.

Klink bekend, nè?

Hoe om Nobelpryse te wen

Oktober 19, 2013 in aardverwarming, humor

[subscribe2]As jy akademies aangelê is, het ek ‘n navorsingsprojek wat byna waarborg dat jy die Nobelprys vir  Fisika sowel as die Vredesprys sal verwerf. As jy dit boonop aan CAGW (Catastrophic Anthropogenic Global Warming) koppel is jy ook verseker van groot geldelike toekennings om die projek te finansier. As jy jou voorlegging goed beplan, is daar ook die geleentheid om die wereld vol te reis (Dink Bermuda Triangle, Machu Picchu, Tibetaanse Tempels, Mount Everest – my mond water).

What is not to like?socks

Ek stel voor dat jy die projek hierdie titel gee:

The Effect of Global Warming on the Mysterious Dissappearance of Single Socks in Modern Washing Machines.

Ja, dit moet in Engels wees ander kan die WNNR (Oeps, dis nou net die CSIR) nie jou voorlegging lees nie. Jy sal beslis ook geld kry van die East Anglia (Engeland) en die Penn. State (VSA) Universiteite. Hulle is groot voorstanders van CAGW soos wat Briffa, Jones, Mann en kie sal bewys.

As ‘n sub-afdeling van die studie kan jy ‘n organisasie loods om al die oorgeblewe sokkies te versamel en aan díe lande te lewer waar burgeroorloë en/of gavalle van ethnic cleansing (mooi eufemisme vir volksmoord, nè?) baie slagoffers met net een been/voet agtergelaat het. Hierdie projek sal jou sekerlik vir die Vredesprys laat kwalifiseer.  As Al Gore en Rajendra Pachauri kan ryk word uit projekte wat die Vredesprys losgeslaan het, sal jy met ‘n ware liefdadigheids projek sekerlik ook sukses behaal. Pachauri se status as “wetenskaplike” en Nobelpryswenner het hom selfs in staat gestel om ‘n outobiografiese(?) soft porn roman te publiseer.

Dink net, twee Nobelle vir die prys van een!

As ek dit self kon doen, sou ek jou nooit hiervan vertel het nie. (Maar ek sal nie nee sê vir ‘n bietjie kommissie as die geld begin inrol nie.)

Foto: Een van my oorgeblewe sokkies wat ek nou al dertig jaar lank bewaar in die hoop sy lang verlore maat weer sal opdaag. Maar ons het nou ‘n nuwe wasmasjien en dus word die kanse al hoe skraler. Maar ek het nog nie moed opgegee nie.