Biografie

September 21, 2014 in gedigte

Biografie

Ek het ‘n boek
Van baie blaaie.
Het aanvangs te vinnig gelees,
Paragrawe oorgeslaan,
Sinne misverstaan.
Ontgogel deur misverstand.

Ek lees nou langsamer,
Blaai teësinnig om,
Ontleed elke paragraaf,
Proe versigtig aan elke woord.

Langtand op pad
Na die laaste bladsy.

©vuurklip
n.a.v. ‘n Lesing deur William Kentridge
Woensdag 17 September 2014

2 antwoorde op Biografie

  1. ‘n betekenisvolle vers

  2. spokie het gesê op September 22, 2014

    @vuurklip
    Sjoe – dit spreek eintlik boekdele. Mag jou proe soet wees…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.