Fokus

April 10, 2014 in gedigte

Klik hier vir die NUWE Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


camera

Kamera

Fokus

Ek is ‘n kamera
Met iris wyd oop
En die lens gefokus
Op see en berg.

Die beelde opgevang
In volle kleur
Vir ‘n wye skerm
In hoë definisie.

Maar die interne negatief
Is tot swart-wit uitgewas
En bly steeds uit fokus.

©vuurklip
10 April 2014.

3 antwoorde op Fokus

  1. baie mooi . die vers . en dan photo shop die oksipitale area agter in die grootbrein ook nog alles wat ons waarneem en stoor dit so gepoets en aangepas in die groter geheue.

  2. tina10 het gesê op April 11, 2014

    Interessant

  3. Mooi geskryf!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.