My Damaskus Ervaring

April 4, 2014 in humor, katastrofes

Klik hier vir die NUWE Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


capetimes

Hou verby as jy skrik vir ironie of vir ‘n donker sin vir humor!

Ek is bekeer!

Feng Shui is nou my ding.

Wat my oorgehaal het, is die beriggie in vanoggend se Cape Times:

BEIJING: A feng shui master was buried alive in a landslide at a Chinese cemetery moments after showing the family the ‘perfect burial plot’ …

Ongelukkig is ses van die familielede ook in die grondstorting begrawe, maar dit wys jou nou net hoe goed die posisie vir die graf gekies is. Daar is nou sommer sewe mense daar begrawe.

‘n Onomstootlike bewys dat Feng Shui wérk.

12 antwoorde op My Damaskus Ervaring

  1. Natuurlik werk dit – die grond- en waterwesens wys die pad aan!

    En sonder ‘n “money frog” op die voorstoep is niemand voorspoedig nie!

    🙂

  2. tina10 het gesê op April 4, 2014

    En goedkoop…

  3. Twaksak het gesê op April 4, 2014

    Inderdaad!

  4. Maar gelukkig was die voorval nie ook toe te skryf aan die magiese krag van apartheid nie ? 🙂

    https://www.youtube.com/watch?v=AXsZ5bydFT0,

    Toevallig “white lightning” in die Noordweste. . . en daar in Sjina ‘n storting van “white snow” ? Ysssss …

  5. Godiva het gesê op April 5, 2014

    Natuurlik ‘werk’ dit. Dit was die feng shui master se auspicious tyd en plek om te gaan.
    no mess no fuss, 7 vliee met een klap.

  6. Jy weet natuurlik inskrywings met waarskuwings soos die by jou trek my soos ‘n magneet.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.