Jy blaai in die argief vir 2014 April.

vuurklip op WordPress?

April 28, 2014 in Allerlei, katastrofes

Klik hier vir die NUWE Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


trainwreck

Vuurklip dink daaraan om na die WordPress platform oor te trek. Lettersmash was ‘n fiasko maar Litnet Blogs is ‘n train smash. Daar verskyn steeds nuwe probleme terwyl oues nooit of byna nooit opgelos word nie.

WordPress wérk. Die widgets wérk. Kommentaar wérk, daar is nie die babelse verwarrende vermenging van Afrikaans en Engels nie.

Kom bekyk die eksperiment hier:
http://vuurklip.wordpress.com/

 

Fokus

April 10, 2014 in gedigte

Klik hier vir die NUWE Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


camera

Kamera

Fokus

Ek is ‘n kamera
Met iris wyd oop
En die lens gefokus
Op see en berg.

Die beelde opgevang
In volle kleur
Vir ‘n wye skerm
In hoë definisie.

Maar die interne negatief
Is tot swart-wit uitgewas
En bly steeds uit fokus.

©vuurklip
10 April 2014.

Met Pase voorhande …

April 8, 2014 in gedigte

Klik hier vir die NUWE Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


Agnus Dei Lam van God

Agnus Dei
Lam van God

Waarskuwing: As jy bang is om jou geloof te toets, hou liewer verby!

Agnus Dei

Grootdoenerig verskyn die Engel,
Vuur blits uit sy oë
En met vlerke dreigend gestrek
Annunsieer hy:
Wees gegroet Maria
Vol van Genade!
Jy sal jou bene sprei,
En jy sal Hom ontvang,
Die heilige wellustige Ram,
En jy sal Sy vrug dra,
Vir nege maande sal jy dit dra,
En dan verlos word van die Lam,
En Hy sal gebore word in bloed,
En sal só ter slagting gelei word,
En só word vir óns sondes geboet,
En só word óns sondes vergewe.

Maar kan die Ram
Ooit vir Sý sonde vergoed?

©vuurklip
30 Augustus 2009

My Damaskus Ervaring

April 4, 2014 in humor, katastrofes

Klik hier vir die NUWE Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


capetimes

Hou verby as jy skrik vir ironie of vir ‘n donker sin vir humor!

Ek is bekeer!

Feng Shui is nou my ding.

Wat my oorgehaal het, is die beriggie in vanoggend se Cape Times:

BEIJING: A feng shui master was buried alive in a landslide at a Chinese cemetery moments after showing the family the ‘perfect burial plot’ …

Ongelukkig is ses van die familielede ook in die grondstorting begrawe, maar dit wys jou nou net hoe goed die posisie vir die graf gekies is. Daar is nou sommer sewe mense daar begrawe.

‘n Onomstootlike bewys dat Feng Shui wérk.