As jy sukkel met WordPress …

Februarie 23, 2014 in humor

Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.


'n Raat vir alles

‘n Raat vir alles

As Litnet se Blog-masjienerie jou dryf tot raserny, is Dr S.M Salim se alles omvattende diens die antwoord.

Ek is seker hy het net die regte kruietjie, en as dit nie help nie sal hy vir jou bid – dalk tot ‘n Almagtige van jou eie keuse.

 

13 antwoorde op As jy sukkel met WordPress …

  1. As dit maar so maklik was!Dan is daar nog mense wat daarvoor sal val. 🙄

  2. Dr SM Salim is ‘n gerespekteerde psigiater wat pasiente kontant wil laat betaal vir sy/haar diens , deur hierdie soort bemarking, omdat die siekfondse nie geld het om hom/haar te betaal nie, weens hul tipiese wanbestuur van lidpremies, wat eerder spandeer word op oneffektiewe amateuragtige inbel-sentra.

    “Geestelike geneesheer” beteken nie dat hy/sy geloogsgenesing promofeer nie. Volgens hulle etiese raad mag toordoketers glad nie moraliseer nie, net westers-opgeleide kwakke mag sulke aanmatigende teregwysings pleeg.

    🙂

  3. Dink jy ek kan hom vra om my avatar op die blogstuisblad te genees van die swart blokkie reg onder die oog? Ek sien die ander avatars het dit ook so lyk my dis aansteeklik.

  4. tina10 het gesê op Februarie 23, 2014

    Sommer lekker in Afrikaans ook Wonder wat hy vir werkloosheid sal voorstel?

  5. 😀 Dis baie snaaks.

  6. Dit werk – nie die slim dokter se goete nie, maar die blog monitor wat jy geskep het! 😛

  7. @vuurklip : Ek is nie pro toordoker nie, inteendeel , maar kyk weer na die probleemlys en sien dat moderne psigiatriese geneeskunde met die meeste daarvan vir mense probeer help . Sonder waarborg vir enige sukses . Daar word ook van kuie-agtige substanse gebruik gemaak , hulle noem dit net nagevorsde psigotrope middels .

    En die uitwys van dit wat ek noem oor die siekfondse is net die punjies van die seekooi se ore . . .

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.

1 terugspoor