Nalekoker – Boerneef

Desember 16, 2013 in gedigte

Klik hier vir die Blog Monitor – kry ‘n kennisgewing as jou gunsteling bloggers inskrywings maak.

nalekoker

Naaldekoker vanoggend teen ons tuinmuur 

Die kind was lief vir nalekokers vang
bloues en rooies en miskien ook geles
groot aardigheid ril deur sy lyf
vannie bewe vannie nelekokerlyf
ou man staan by donkerrooi blom
ligrooi nalekoker op donkerrooi blom
ou man steek hand uit bewe en tas mis
hy lag verleë vryf sy nek
die mense sal mos dink hys gek
nalekoker
daggaroker
moerskwaai moker
dissie wind
dissie wind geswind
hiert jou nalekoker

Boerneef uit Op die flottina

opgeneem in Boerneef: Versamelde Poësie, Tafelberg, Eerste druk 1977

 

6 antwoorde op Nalekoker – Boerneef

  1. Laurika Rauch het dit gesing…so ‘n pragtige weergawe,waarna my kinders ure geluister het.Jy laat my nou sommer verlang na dinge wat was….

  2. Ag sommer nice!

    Boerneef was ‘n yster!

  3. Haha ek het nou Laurika Rauch se stem gehoor terwyl ek dit gelees het.

    Mooi foto.

  4. Wow, wat ‘n nice foto!

  5. Ek kannie genoeg hiervan hou nie.

  6. tina10 het gesê op Desember 16, 2013

    Ek het ook vanoggend twee gesien op my vroegoggend stappie maar hulle was woers uit my raampie uit

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.

1 terugspoor