Poetin stem saam!

November 27, 2013 in humor, katastrofes

Gebruik Blog Monitor en volg jou gunsteling bloggers!

 

HP (Hewlett-Packard) se IT produkte stink. My laptop het ‘n klomp nie-werkende HP sagteware en ek weet nou waarom hulle (HP) ‘n “gratis” printer wegingegooi het toe ek die laptop gekoop het! Die printer en die meegaande programmatuur werk ook nie na behore nie.

Een van die talle probleme van die (WiFi) printer is dat dit soms in “powersave mode” ingaan, en dan nie weer daar uitkom nie – ek moet die se kragprop uitruk en dit dan weer terugdruk. Soms gaan dit nooit in “powersave mode’ in nie en bly ten volle aangeskakel. Die laptop verloor ook gereëld kontak met die printer en dan is dit weer die kragprop triek. Ek noem nie eers al die ander probleme nie.

Onlangs het die laptop begin koors ontwikkel as dit bietjie swaar gelaai word, bv. as dit ‘n volle virus ondersoek uitvoer. Die ding se CPU word dan warm en sodra dit 90 °C bereik, dan kliek! skakel dit heeltemal af. Maak nie saak waarmee jy besig was nie. Morsdood.

laptop

Poetin se Opinie

Op youtube is daar video’s wat wys hoe jy die laptop kan oopskroef om die fân skoon te maak. Toe sien ek wat Mnr Poetin van die saak dink. En jy hoef nie eers Russies te verstaan nie.

5 antwoorde op Poetin stem saam!

  1. lekker kort en kragtige woordjie

  2. tina10 het gesê op November 27, 2013

    Eish dat dooie goed mens nou so kan pooitjie!

  3. Hehehe! Vatso Katvis! 😉

  4. Lekker glimlag ek vir jou!

    Laat my dink aan Lewies se inskrywing nou die dag oor ook so drie letter woordjie wat net so effektief is!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.