Die Tobies is Terug!

November 22, 2013 in Allerlei

Gebruik Blog Monitor en volg jou gunsteling bloggers!
tobie-12

Tobie-nes

tobie-11

Twee eiers in kamoefleerdrag

tobie-10

Ma (of Pa) Tobie

 

Na sowat twee jaar, is die Tobies terug by hulle skulpnes. Iewers tussen Vishoek en Simonstad, reg langs die treinspoor.

Die nes is die klompie skulpe in die middel van die eerste foto. Die goed gekamoefleerde eiers kan jy nét-nét uitmaak, regs onder teen die rand van die nes. Die wit “sneeu” in die agtergrond is die see.

Die volgende twee fotos is naby opnames van die eiers en ma(of dalk pa) tobie.

7 antwoorde op Die Tobies is Terug!

  1. Sjoe,dis darem goed aangepas,om so langs die spoor nes te maak.Tobies is mos ‘n bedreigde spesie.

    • Sedert daar ‘n verbod is om met raasmasjiene op strande rond te foeter, is hulle getalle aan die toeneem. Maar hierdie paar sal nie daardeur gepla word nie. ‘n Groter probleem vir hulle is die vistermanne, seemeeue en moedswillige mense wat om een of ander rede voel hulle móét land die treinspoor loop. Die trein self “laat hulle koud!”

  2. tina10 het gesê op November 22, 2013

    Sjoe sommige voëls is darem dom … as ek ‘n voël was het ek my nessie lekker sag met vere en donsies uitgevoer – hulle is hier sommer in die oopte… wat beskerm die eiers?
    Mooi foto’s soos gewoonlik

  3. lora2me het gesê op November 22, 2013

    So besonders om dit op kamera te kan vaslê.

  4. Twaksak het gesê op November 23, 2013

    Die lied van die natuur… dis nou vir jou MUSIEK!

  5. Ek sal nagte wakker lê en bekommer oor die voëls. Ons het so gekloek om die kiewiete by my ou werk. Tot hout om hulle nessies gepak sodat die mense met die grassnyers nie oor hulle ry nie. Maar die katte was net te slim vir ons.

  6. Eiesrs steek lekker weg tussen die skulpe…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.

1 terugspoor