Blog Monitor

November 16, 2013 in Allerlei

 

blog-logoHier is vuurklip se splinternuwe Blog Monitor.

Jy kan dit gebruik om tred te hou met jou gunsteling Litnet blogs. Dit werk NET vir Litnet blogs!

Kliek eers op die “Registreer” skakel – dis ‘n maklike en vinnige proses en verwag geen persoonlike besonderhede nie.

Traai dit en laat weet van enige probleme.

Vertel jou vriende hiervan as jy daarvan hou – of ook as jy nie daarvan hou nie – dalk hou hulle daarvan!.

Voorstelle vir verbetering en/of ekstra funksies is welkom.

Soos gesê, dis splinternuut en sal gevolglik ‘n paar goggas bevat – hopelik minder as (Uit)Lit(uit)net se Woorddruk!

15 antwoorde op Blog Monitor

  1. Dankie man!

    Ek gaan dit sommer nou doen!

  2. Dankie! Gaan dit beslis uitprobeer!

  3. maryna het gesê op November 16, 2013

    Waar kry ek die registreer skakel? Moet ek op die prentjie kliek?

  4. Dankie, ek het toe reggekom!

    Dankie vir al jou moeite!

  5. lora2me het gesê op November 18, 2013

    Sjoe, maar jy is fluks. Ek sal later gaan loer. Dankie, @vuurklip.

  6. Ok, ek het by jou thingymabob gaan click op al die blogs wat ek wil volg. Ek kon net nie Tina s’n regkry nie?

    Haar dingetjie is mos @tina10 vir haar tweede blog, maar as ek dit so intik wil hy nie werk nie. Dalk doen ek iets verkeerd?

    • Hei! Dis ‘n thingamablog, nie ‘n thingamabob nie. 🙂
      Ek dink haar óú blog was tina10 en dis nou net tina. As ek tina10 direk in my bowser intik, dan sê Litnet: “Page not found”. Die Monitor check as jy by Subskripsies ‘n adres intik, of hy dit kan vind. In hierdie geval, kan hy tina10 nie vind nie. Wat jy dus VERKEERD doen (stout, ja!) is om op ‘n nie-bestaande adres te probeer inteken. Maar toemaar, thingamablog word nooit kwaad nie.

    • Nog iets weirds oor tina:

      As ek in die browser intik:
      http://litnetblogs.co.za/tina dan kry ek haar blog.

      As ek in die browser intik:
      http://litnetblogs.co.za/tina10 dan kry ek haar blog NIE.

      Tot sovêr lyk alles OK, maar:
      As ek in die browser intik:
      http://litnetblogs.co.za/members/tina dan kry ek haar blog NIE.

      As ek in die browser intik:
      http://litnetblogs.co.za/members/tina10 dan kry ek haar blog WEL.

      Net omgekeerd as die adres sonder members

      Litnet het êrens drooggemaak.

    • tina10 het gesê op November 19, 2013

      @cbl1979 en @vuurklip Julle het my heeltemal verloor Ek weet nie regtig wat ek wil doen nie want dalk het elk nie meer lank ‘internet’ nie. Die nuwe blog is @tina10 en die ou blog @ts Julle moet genade hê met ons ou mense

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.