Jy blaai in die argief vir 2013 Oktober.

Klap van die Windmeul

Oktober 10, 2013 in aardverwarming

[subscribe2]Koerante jubel en die Groenes juig oor die 500+ windmeules wat ons voorland is. Nêrens in die wereld windis hierdie goed lewensvatbaar sonder beduidende subsidies nie Google maar vir die probleme wat Duitsland en Spanje ondervind. Tog word aan ons voorgehou dat in ons geval geen subsidies betrokke is nie. Is ons die wereld nou weer voor? Nee, my vermoede is dat Eskom die windkrag sal moet koop teen ‘n premie, en wie sal die gelag betaal? Ek en jy! En as daai heffing eers gehef is, bly dit gehef, al is die windmeule uitgewerk. What goes up, stays up!

En dit alles om die carbon footprint te beperk. Let op die gebruik van die woord carbon – dit roep die beeld van swart besoedelende steenkool op, ‘n stof wat jou hande en klere vuil smeer. Carbon word doelbewus gebruik i.p.v. koolstofdioksied oftewel CO2 – ‘n kleurlose, reuklose en noodsaaklike komponent van die atmosfeer.

Hoe “gevaarlik” is die huidige konsentrasie van CO2?

Die CO2 in die atmosfeer is die gevolg van verskeie prosesse: Plante neem CO2 op en gee dit af as dit vergaan. Die oseane absorbeer CO2 as dit koud is en stel dit vry as dit warm is. Ons verbrand petrol en steenkool. So is daar meerdere prosesse, o.a. vulkane.  Dis belangrik om te weet dat, volgens pool-ys boor toetse, CO2 volg op verwarming, dws dit word éérs warm en dán volg CO2. Om te beweer dat CO2 verwarming veroorsaak, is soos om te sê: Die Son kom op omdat die haan kraai. Dit ontken nie dat CO2 wel ‘n kweekhuisgas is  nie – maar wel dat dit die klimaat reguleer.

Daar is tans sowat 400 dele per miljoen (dmp) in die atmosfeer. (As dit minder as sowat 200 dpm is sal plante nie meer kan groei nie). Dis moeilik om te visualiseer wat 400dmp behels, kyk dus na die blikkeillustrasie – dit stel 500 verfblikke voor van 5 liter elk, dws 500 x 5 = 2500 liter in totaal. Een van daardie liters is CO2! (1 in 2500 is dieselfde as 400 in 1 Miljoen). Dis die wit stukkie in die laaste blik.

Daar word beraam dat die mens se bydrae tot die CO2 “begroting” sowat 3% beloop. So, van daardie een liter in die laaste blik, dra ons 30 milliliter by. Dis die swart kolletjie op die bodem van die laaste blik. Kan jy dit sien? Kwalik, nè?

As ons nou almal skielik na Mars sou verhuis met al ons vee en hoenders en honde en katte en Range Rovers sodat ons nie meer CO2 toevoeg nie, dan is die vraag: sal dit die klimaat verander as daardie swart kolletjie in die laaste blik sou verdwyn? Sak Sarel!

Die Grilfaktor

Oktober 7, 2013 in aardverwarming

spinnekop

Is dit nie snaaks nie? Aardverwarming maak dat die stekelrige, byterige, giftige, lelike gediertes ons gaan verswelg terwyl dit al die wollerige, oulike cuddly, onskadelike, skattige skatjies laat verdwyn.

En dis alles JOU skuld.

[subscribe2]

Skakels:

slange

scorpion2

panda

polar-bears-1

koala

Dink eers!

Oktober 6, 2013 in aardverwarming

goggasDink eers voordat jy weer ‘n gogga dooddruk/doodspuit of op een of ander manier die ewigheid inhelp.

Daardie vlieg/vlooi/luis/mier, whatever, is lid van ‘n ononderboke, let wel, ononderbroke ketting van lewe wat teruggaan tot die eerste organismes op Aarde, lewe wat miljarde jare gelede ontstaan het.

Kyk dan na die volgende illustrasie. (Klik daarop om dit te vergroot) Dit is ‘n voorstelling van die gemiddelde Aard-temperatuur teenoor grafiekdie koolstofdioksied inhoud (meer hieroor later) van die atmosfeer tydens die afgelope 600 miljoen jaar. Dis duidelik dat ons tans ‘n betreklik koue en CO2  verarmde tydperk beleef.

Gedurende die afgelope miljarde jare is die Aarde gebombardeer deur meteoriete, het die Aarde talle ystyperke beleef, het kontinente saamgekom om superkontinente te vorm en weer opgebreek in kleiner sub-kontinente. Die Son het sowat 20% warmer geword en die Maan is nou verder verwyder as aan die begin. Deur dit alles, oorleef daardie gogga se bloedlyn steeds.

En ondanks al die katastrofes is ons ook hier. So moenie worry nie. Soos die vet ou gesê het:
Eat, drink and be merry, for tomorrow we diet.

Gogga prentjie hier.

Grafiek hier.

[subscribe2]

 

Doen dit, en doen dit NOU!

Oktober 1, 2013 in aardverwarming

Suggg.

Eric Holthaus

Ene Eric Holthaus, ‘n weerkundige, het die jongste IPCC bybel gelees (Ja, dié bybel wat sê die Aarde gaan in in ‘n hel van vuur en swael vergaan) en toe spontaan besluit: “Ek vlieg nooit weer nie en ek laat my spermpypies afsny”

My reaksie is, sny boeta, sny. Hoe gouer hoe beter! En jy mag maar vlieg, hoor.

Lees meer hier.