Hoe om Nobelpryse te wen

Oktober 19, 2013 in aardverwarming, humor

[subscribe2]As jy akademies aangelê is, het ek ‘n navorsingsprojek wat byna waarborg dat jy die Nobelprys vir  Fisika sowel as die Vredesprys sal verwerf. As jy dit boonop aan CAGW (Catastrophic Anthropogenic Global Warming) koppel is jy ook verseker van groot geldelike toekennings om die projek te finansier. As jy jou voorlegging goed beplan, is daar ook die geleentheid om die wereld vol te reis (Dink Bermuda Triangle, Machu Picchu, Tibetaanse Tempels, Mount Everest – my mond water).

What is not to like?socks

Ek stel voor dat jy die projek hierdie titel gee:

The Effect of Global Warming on the Mysterious Dissappearance of Single Socks in Modern Washing Machines.

Ja, dit moet in Engels wees ander kan die WNNR (Oeps, dis nou net die CSIR) nie jou voorlegging lees nie. Jy sal beslis ook geld kry van die East Anglia (Engeland) en die Penn. State (VSA) Universiteite. Hulle is groot voorstanders van CAGW soos wat Briffa, Jones, Mann en kie sal bewys.

As ‘n sub-afdeling van die studie kan jy ‘n organisasie loods om al die oorgeblewe sokkies te versamel en aan díe lande te lewer waar burgeroorloë en/of gavalle van ethnic cleansing (mooi eufemisme vir volksmoord, nè?) baie slagoffers met net een been/voet agtergelaat het. Hierdie projek sal jou sekerlik vir die Vredesprys laat kwalifiseer.  As Al Gore en Rajendra Pachauri kan ryk word uit projekte wat die Vredesprys losgeslaan het, sal jy met ‘n ware liefdadigheids projek sekerlik ook sukses behaal. Pachauri se status as “wetenskaplike” en Nobelpryswenner het hom selfs in staat gestel om ‘n outobiografiese(?) soft porn roman te publiseer.

Dink net, twee Nobelle vir die prys van een!

As ek dit self kon doen, sou ek jou nooit hiervan vertel het nie. (Maar ek sal nie nee sê vir ‘n bietjie kommissie as die geld begin inrol nie.)

Foto: Een van my oorgeblewe sokkies wat ek nou al dertig jaar lank bewaar in die hoop sy lang verlore maat weer sal opdaag. Maar ons het nou ‘n nuwe wasmasjien en dus word die kanse al hoe skraler. Maar ek het nog nie moed opgegee nie.

 

8 antwoorde op Hoe om Nobelpryse te wen

  1. tina10 het gesê op Oktober 19, 2013

    Ek dink daar is tog ontvangers wat dit waarlik verdien?

  2. ‘Met die waters wat verby is sal die meule nooit weer maal…’

  3. Bruggie het gesê op Oktober 19, 2013

    Daai sokkie se maat het dalk op n kersboom diens gedoen. n Takbok lief mos sokkies.

  4. adage het gesê op Oktober 19, 2013

    Die ding van sokkies is regtig baie weird, miskien kan n psychic help of dalk is dit n conspiracy ? Behoort dit wiskundig te kan bewys.

  5. Maak handpoppe van die alleenkouse vir die kinders.

  6. Ek wonder ook altyd waar verdwyn die sokkies heen…

  7. Dit gebeur net met kommin sokkies – die met bietjie klas bly behoue – navorsing het bewys dat dit die werk van die Papie van die Purple Peasant Sock Eater is – hulle word aangetrek deur helder kleure, en dan kom hulle uit die vyfde dimensie uit, vreet die sokkie en verdwyn weer – en een sokkie is presies genoeg vir ‘n maaltyd.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.