Jy blaai in die argief vir 2013 Oktober.

Tuin en Tuinier III

Oktober 31, 2013 in Allerlei

[subscribe2]Jy onthou dalk Tuin en Tuinier I en Tuin en Tuinier II? Indien nie, gaan kyk eers daar!

Hier is die derde aflewering.

Reën of Kersversiering? Die tweede en derde fotos zoom in op die eerste. Kliek op ‘n foto om dit groter te maak.

tuin3a

tuin3b

tuin3c

Somer, Son en Napier II

Oktober 28, 2013 in Uncategorized

[subscribe2]

IMG_0289

Ek het in SSN I die dorp se besienswaardighede genoem. Die NG kerk is in die vorige inskrywing gewys. Al die ander kom uit die tuin van ons verblyf.

 

 

IMG_0235

Ta’ Mossie met kroos se sprinkaan-middagete.

 

 

 

 

 

IMG_0276

Oom Mossie hou wag.

 

 

 

 

 

 

IMG_0255

Mossiefamilie se twee verdiepings! Lyk soos ‘n uitgerafelde vinknes. Mossies bou normaalweg ‘n slordige mini-kraaines maar neem soms ou swaelneste of vinkneste oor.

 

 

 

 

 

 

IMG_0243

Jangroentjie beskou sy domein.

 

 

 

 

 

IMG_0268

Opgedress in polkadots!

 

 

 

 

 

 

IMG_0269

‘n Brommer in die sop daisy.

 

 

 

 

 

IMG_0288

Die trein op platform sewe …

‘n Nuwigheid II

Oktober 26, 2013 in Allerlei, humor

[subscribe2]

Nou ja, as jy die Wurm in die Tequila ernstig opgeneem het, kan jy verder lees. Andersins hou maar verby!

Die wurm-storie is glo ‘n mite, kyk hier.

mockingbird

Die mockingbird in die Tequila is bloot ‘n versinsel om by die (pun)chline (Tequila Mockingbird) uit te kom en is ‘n woordspeling op die bekende boek van Harpeer Lee: To Kill a Mockingbird. Die storie is verfilm met Gregory Peck as Atticus Finch.

So moenie stress nie – die voëltjies is veilig en jy kan maar rustig teug aan jou Tequila.

Somer, Son en Napier I

Oktober 25, 2013 in aardverwarming, Allerlei

[subscribe2]

IMG_0280IMG_0281

Vuurklip, Polleneis en die Dapper Waghond het vir ‘n paar dae in Napier “afgetree”.

 

 

 

 

 

“Waar de hel is Napier?”, Vra jy.

 

 

 

 

 

IMG_0218

Vanaf Kaapstad met die N2 ry jy opwaarts. As jy díe voëlverskrikkers sien, hou jy nog ‘n entjie aan en draai regs. Die lemme is om die voëls wat nie skrik nie, fyn te kap. Dis nou alles om die koring te beskerm. Ongelukkig word vlêrmuise ook opgekerf en die onvoorsiene gevolg is ‘n goggaplaag.

 

 

 

NG_Kerk_Napier

As jy nou regs gedraai het, kom jy by ‘n groterige dorp. Hou aan ry, regs is Pick ‘n Pay, links graansilos. Dan ry jy en ry jy en ry jy. As jy die see sien het jy Napier gemis. Draai om en ry terug. Jy kom weer by ‘n groterige dorp. Draai links ry deur die dorp en ry en ry en ry tot jy díe kerk sien. Nou is jy in Napier. Êrens aan die linkerkant is daar ook ‘n begraafplaas – nog een van die besienswaardighede. Later meer oor die besienswaardighede.

 

 

 

Dis maar ‘n stil ou dorpie met twee soorte mense: Díe in die begraafplaas en díe op pad soontoe.

Hou dus maar die kuier kort!

‘n Nuwigheid

Oktober 20, 2013 in aardverwarming

[subscribe2]

Hierdie is vir die liefhebbers van hardehout.

Jy weet mos van die Tequilawurm?  Indien  nie kyk dan hier.worm

Nou lees ek onlangs dat daar ‘n nuwe Tequila vervaardig word. In plaas van ‘n wurm gaan daar nou ‘n mockingbird kuiken in die bottel wees. Hoekom ‘n kuiken, vra jy? Man, enige iemand kan mos sien ‘n volwasse voël gaan nie in die bottel pas nie. Die voëls gaan nou op groot skaal op “ekologies en organies volhoubare” manier geteel word. Groen, sien.

Maar voordat jy jou groen kleure wys en te kere gaan oor die wreedheid teenoor voëls, dink aan die duisende voëls en vlermuise wat jaarliks deur “groen” windmeules aan stukke gekap word. Ek wil jou daaroor ook hoor te kere gaan.

O, ja, die naam van die nuwe hardehout is natuurlik:
Tequila Mockingbird.

Klink bekend, nè?

Hoe om Nobelpryse te wen

Oktober 19, 2013 in aardverwarming, humor

[subscribe2]As jy akademies aangelê is, het ek ‘n navorsingsprojek wat byna waarborg dat jy die Nobelprys vir  Fisika sowel as die Vredesprys sal verwerf. As jy dit boonop aan CAGW (Catastrophic Anthropogenic Global Warming) koppel is jy ook verseker van groot geldelike toekennings om die projek te finansier. As jy jou voorlegging goed beplan, is daar ook die geleentheid om die wereld vol te reis (Dink Bermuda Triangle, Machu Picchu, Tibetaanse Tempels, Mount Everest – my mond water).

What is not to like?socks

Ek stel voor dat jy die projek hierdie titel gee:

The Effect of Global Warming on the Mysterious Dissappearance of Single Socks in Modern Washing Machines.

Ja, dit moet in Engels wees ander kan die WNNR (Oeps, dis nou net die CSIR) nie jou voorlegging lees nie. Jy sal beslis ook geld kry van die East Anglia (Engeland) en die Penn. State (VSA) Universiteite. Hulle is groot voorstanders van CAGW soos wat Briffa, Jones, Mann en kie sal bewys.

As ‘n sub-afdeling van die studie kan jy ‘n organisasie loods om al die oorgeblewe sokkies te versamel en aan díe lande te lewer waar burgeroorloë en/of gavalle van ethnic cleansing (mooi eufemisme vir volksmoord, nè?) baie slagoffers met net een been/voet agtergelaat het. Hierdie projek sal jou sekerlik vir die Vredesprys laat kwalifiseer.  As Al Gore en Rajendra Pachauri kan ryk word uit projekte wat die Vredesprys losgeslaan het, sal jy met ‘n ware liefdadigheids projek sekerlik ook sukses behaal. Pachauri se status as “wetenskaplike” en Nobelpryswenner het hom selfs in staat gestel om ‘n outobiografiese(?) soft porn roman te publiseer.

Dink net, twee Nobelle vir die prys van een!

As ek dit self kon doen, sou ek jou nooit hiervan vertel het nie. (Maar ek sal nie nee sê vir ‘n bietjie kommissie as die geld begin inrol nie.)

Foto: Een van my oorgeblewe sokkies wat ek nou al dertig jaar lank bewaar in die hoop sy lang verlore maat weer sal opdaag. Maar ons het nou ‘n nuwe wasmasjien en dus word die kanse al hoe skraler. Maar ek het nog nie moed opgegee nie.

 

Oor Tendense

Oktober 18, 2013 in aardverwarming, katastrofes

[subscribe2]Predictions are difficult especially about the futureNiels Bohrbohr

Ons is geneig om ons voorspellings of vooruitskattings te baseer op tendense wat ons waarneem uit gebeure in die verlede. Ons kan met sekerheid sê dat sulke tendense hoegenaamd geen waarborg is dat so ‘n tendens lei tot geldige vooruitskatting nie. Dit is slegs as oorsaak en gevolg deeglik verstaan word en volledig genoeg bekend is, dat voorspellings met vertroue aangedurf kan word.

In die afwesigheid van die nodige kennis van oorsaak en gevolg, moet jy maar jou skeptiese bril opsit en elke voorspelling met groot omsigtigheid evalueer.

Hier is twee voorbeelde van voorspellings, een wat met vertroue gemaak kan word, en een wat lei tot ‘n tragedie.

  1. Die Son gaan môre oggend opkom.sunrise
    Ons weet dat die Son ‘n ster is wat ongeveer 150Milj. kilometer van ons verwyder is. Ons weet dat die Aarde om die Son wentel asook om sy eie as. Ons is ook redelik seker dat die Son nog baie miljoene jare gaan skyn en dat daar weinig kragte is wat die Aarde in sy bewegings kan stuit. Ons verstaan dat die “sonsopkoms” eintlik net die gevolg is van die aswenteling. Weens die uiters onwaarskynlike kans dat ‘n groot meteoriet ons vandag gaan tref, kan ons taamlik seker wees dat die Son môre gaan “opkom”. Indien nie vir jou en my nie, dan ten minste vir die res van die wereld.
  2. Die boer gaan môre oggend weer mielies strooi.chicken
    Henniekepennie skrop elke dag heerlik op die werf rond, lê ‘n eierjie, kekkel trots en het geen worries nie. Daar is selfs ‘n haan onder die hoenders. Beter kan dit nie. Môre kom Boer Jan weer met handevol mielies en lêmeel. Wat onse Henniekepennie nie weet nie, is dat mevrou Boer net wag tot Henniekepennie lekker vetgevoer is, dan volg die tragedie – altans vir Henniekepennie.Dit illustreer mooi dat die tendens as sulks geen waarborg bied nie – veral as jy nie al die feite tot jou beskikking het nie.

Hou dus maar daardie spesiale bil byderhand.

Oor Modelle

Oktober 15, 2013 in aardverwarming

[subscribe2]Nee, jammer manne, nie hierdie soort model nie!models

Hierdie stuk gaan oor modelle vir fisiese sisteme oftewel fisiese stelsels. Ek sal hier deurgaans verwys na stelsels – verder gaan dit oor modelle in die algemeen en modelle om die klimaat te voorspel in die besonder.

‘n Model word gewoonlik gebruik om ‘n stelsel se reaksie onder bepaalde, veranderende toestande te ondersoek. Die model is gewoonlik eenvoudiger as die werklike stelsel omdat ‘n werklike stelsel gewoonlik te kompleks is of die stelsel se verandelikes buite die beheer van die modelleerder val.

In die algemeen kan ons sê dat die sukses van enige model afhanklik is van ten minste vier faktore:

  • Die mate van kennis oor hoe verandelikes die stelsel affekteer.
  • Die volledigheid van die model, m.a.w. of alle veranderlikes wat die stelsel affekteer bekend is en by die model ingesluit is.
  • Of die begintoestande met voldoende presiesheid bekend is.
  • Die mate tot waartoe die model vereenvoudig moet as gevolg van die kompleksiteit van die stelsel.

Hier is twee voorbeelde van stelsels wat in met redelike sukses gemodelleer kan word:

  • Die Sonnestelsel.
    On het hier uitstekende kennis van die faktore wat die stelsel affekteer: Newton se wette soos aangepas deur Einstein. Ons kan dan ook die relatiewe bewegings van die planete met groot akkuraatheid voorspel – maar net tot op ‘n punt. Ons model se voorspellings word met verloop van tyd steeds minder presies. Die redes hiervoor kan afgelei word uit die faktore hier bo genoem. Ons kan byvoorbeeld nooit met voldoende presisie die huidige toestande en verandelikes bepaal nie.
  • Trajek van ‘n kanonkoeël.
    Weereens goeie kennis. Maar weereens gebrek aan presisie. Ons kan nie presies voorsiening maak vir wind, weer, kruitlading, loopweerstand, koeëlmassa, ens. ens. Ons kan bereken naastenby waar die koeël gaan tref, maar nie met millimeter presisie nie. Hoe groter die afstand, hoe groter die onsekerheid.

Weervoorspellings.

Ons weet uit ondervinding dat huidige weervoorspellings nie baie akkuraat is nie, en nie verder as enkele dae betroubaar is nie. Die begin toestande oftewel veranderlikes is nie met voldoende presisie bekend nie: Wind toestande, seestrome, oppervlakte temperature, wolke, atmosferiese voginhoud, ens. kan slegs by benadering bepaal word. ‘n Model wat die weer suksesvol kan simuleer, is ten minste net so kompleks soos die weerstelsel self! Met huidige tegnologie en beskikbaarheid van voldoende sensors, is akkurate weervoorspelling buite bereik. Omdat weervoorspelling korttermyn is, is daar min geleentheid vir knoeiwerk – ons kom gou agter as die voorspelling swak is.

Klimaat.

Die meeste klimaat bangmaakstories is gebaseer op modelle wat op superrekenaars loop. Hierdie modelle gaan almal uit van die standpunt dat CO2 die klimaat beheer. Talle ander faktore word buite rekening gelaat. Die modelle faal dus reeds op verskeie van die faktore hierbo genoem. Die oorsake van ystydperke en warmer tussenperiodes is bv. nie in die modelle ingewerk nie.

Die manier waarop die modelleerders te werk gaan, is as volg. ‘n reeks formules word opgestel om die effek van elke verandelike (bv. CO2 vs temperatuur, temperatuur vs atmosferiese voginhoud, ens) op elke ander veranderlike te simuleer. Hulle begin dan op ‘n tydstip êrens in die verlede en doen ‘n reeks simulasies tot die huidige. As die simulasie van die werklike huidige verskil, pas hulle die verandelikes aan, en probeer weer. Bv. tussen 1945 en 1970 het temperature afgeneem, dit strook nie met die CO2 aanname nie en dan postuleer hulle lugbesoedeling om die afkoeling te verklaar, die formules en verandelikes word dan aangepas, meer besoedeling in daardie tydperk. Om nou die verwarming van 1970 tot 2000 by te bring, word die besoedeling verminder weens grootskaalse pogings van regerings om lugbesoedeling te bestry – dink maar aan acid rain. So hou hulle aan met hindcasting totdat die simulasie redelik suksesvol is. Suksesvolle hindcasting is geen waarborg vir suksesvolle forecasting nie!

Nou begin die sports – om toekomstige klimaat te voorspel. Hou in gedagte dat daar sommer ‘n klomp modelleerders is.

Die eindproduk van elke model is ‘n sg. scenario, d.w.s. ‘n aantal gegewens wat ‘n toekomstige klimaat weergee en sluit is sulke veranderlikes soos gemiddelde aard temperatuur, seevlak, poolys, storm frekwensie, reënval, ens. ens. Hoe kom hulle by ‘n scenario uit? Die model word ingestel op ‘n beginpunt, sê maar vandag se veranderlikes, die model ondergaan dan ‘n aantal lopies met intervalle van sê maar ‘n jaar. Elke lopie se beginpunt is die vorige lopie se eindpunt. Jy kan insien, dat, as die model nie alle faktore in ag neem nie en as boonop die eerste lopie se vernderlikes onvolledig is, dat die eind scenario steeds verder van die werklikheid divergeer. Hoe swakker model i.t.v. volledigheid en presisie van veranderlikes, hoe vinniger divergeer jou scenario van die werklikheid.

Let wel: ‘n gegewe eind scenario is opgebou uit talle lopies met dieselfde beginpunt. Die modelleerders skep verder talle scenarios telkens met ander veranderlikes as beginpunt. So verkry hulle talle scenarios. Baie daarvan so onrealisties dat sulke scenarios uitgegooi word, bv. as die scenario sou aandui dat daar verkoeling is (wat natuurlik van die “konsensus” verskil!), of as die uitkoms is dat die oseane weg kook in ‘n wehol verwarming. Elke modelleerder eindig dus op met ‘n aantal uitgesoekte scenarios waarvan dan ‘n “gemiddelde” geneem word.

Nou is die laaste stap om ‘n “gemiddelde” van al die modelleerders se gemiddeldes te neem en dit dan te aanvaar as die mees waarskynlike toekomstige klimaat!  ‘n Gemiddelde van ‘n klomp scenarios waarvan ten beste net een korrek kan wees en waarskynlik geen een korrek is nie.

Kyk nou na die temperatuur grafiek hiernaas. Dit stel 90 (negentig!) uitkomste voor van die proses soos hierbo cmip5-90-models-global-tsfc-vs-obs1beskryf. Let op die HADCRUT en UAH komponente. HADCRUT is oppervlakte metings, land en see. UAH is satelliet metings. Dis duidelik dat die al modelle die verwarming grootliks oordryf en dat geen van die modelle die temperatuur afplatting  van die afgelope +/-17 jaar voorspel het nie.

Omdat klimaat voorspelling langtermyn is, is dit maklik om met syfers te knoei – jy word nie maklik uitgevang nie.

Is dit redelik om beleidsbesluite te baseer op so ‘n twyfelagtige proses, besluite wat biljoene kos en biljoene mense affekteer?

Ek dink nie so nie.

Meer hier

 

 

 

Kwatryn: Carpe Diem

Oktober 11, 2013 in gedigte

[subscribe2]Carpe Diem

Vir als is daar ‘n eerste keer,first-kiss
En slaag jy nie, probeer jy weer.
Vir als kom ook ‘n laaste keer,
En daarteen het ons geen verweer.

vuurklip 10 Oktober 2013.

Foto.

Trappe van Vergelyking

Oktober 10, 2013 in katastrofes

[subscribe2]Trappe van vergelyking vir Dof:bob

Dof, Dowwer, Geldof.

Lees hoekom.

As ‘n celebrity iets sê dan móét dit waar wees, nè?