Jy blaai in die argief vir 2013 Februarie.

Ek het jou mos gesê!

Februarie 22, 2013 in Uncategorized

Press Release 22/02/13

Global Temperature Standstill Gains IPCC Support

GWPF Welcomes Dr Pachauri’s Acknowledgement

London, 22 February: The Global Warming Policy Foundation (GWPF) welcomes that Dr Rajenda Pachauri, the chair of the United Nations Intergovernmental Panel on Climate Change (IPCC), has acknowledged the reality of the post-1997 standstill in global average temperatures. (see interview with Dr Pachauri in The Australian 22 February)

The GWPF has been highlighting the global warming standstill for many years against fervent denial by climate activists. Recently, Nasa’s James Hansen also recognised that global temperatures have not risen for more than a decade.

“Even though the scientific case for the standstill is secure, and well represented in peer-reviewed scientific literature, it will surely help the climate debate now that the IPCC chairman has confirmed its existence,” said Dr David Whitehouse, the GWPF’s science editor.

The post-1997 global annual average temperature standstill is one of the most important aspects of current climate science. Its recognition by the chair of the IPCC means there is now growing pressure that this empirical fact will receive full analysis in the forthcoming AR5 report.

The GWPF points out that Dr Pachauri’s assertion that it will take a temperature standstill of “30-40 years at least” to affect theories of man-made global warming is without a scientific basis. “The 17-year standstill already strains climate models, and if it continues for much longer it will demonstrate that the climate models on which the IPCC has based its assumptions are inadequate,” Dr Whitehouse said.

contacts:

Dr David Whitehouse – david.whitehouse@thegwpf.org

Dr Benny Peiser – benny.peiser@thegwpf.org
Tel: 07553 361717

Het jy gehoor?

Februarie 19, 2013 in Uncategorized

 

Die jaarlikse Oscar toekenning se naam gaan verander!

Ek wonder hoekom?

 

`n Skotse storie met `n rokie daaraan …

Februarie 14, 2013 in Uncategorized

`n Skotse storie met `n rokie daaraan …

Hierdie is die ware geskiedenis van Julius McHerne, die jongste seun van ‘n verarmde Skotse Laird. Die geskienis speel hom af in die middel 1800’s.

Jules het sy Skotse rokkie te dikwels gelig en sy hawer wild, wyd, wakker en onverantwoordelik oor die Skotse hooglande gesaai. Boonop het hy ‘n voorliefde gehad vir kaarte en die merries van die vierbenige soort.

So kom dit dan dat sy skandes een te veel word vir die Laird, en Jules word na die Kolonies verban – soos dit toentertyd die gebruik was onder aristokrasie. Jules word sak en pak na die Kaapkolonie verban – met ‘n skrapse som geld om hom daar te vestig – ver genoeg dat verdere skandes onder die Kaapse merries en dobbelaars nie die tuisland sal bereik nie.

As die afstammeling van ‘n ware, egte Skotse Laird was onse Jules gou bekend, berug en gewild in die Kolonie. Hy is gesien by alle sosiale geleenthede en het gereëld verkyn in die Cape Times se Social Pages. Die Kaapse sosaaietie het oor hulle voete geval om hom te onthaal, en hy was op eerstenaam terme met selfs die Goewerneur – dit was “George” hier en “Jules” daar, met Kubaanse sigare en egte Skotse whisky.

Maar, aangesien Julius se geldelike vermoë beperk was, het dit nie lank so goed gegaan nie, en moes hy plan maak. Daar was min opsies wat sy krimpende fondse oopgelaat het. Die mees aantreklike was ‘n klein skaapplasie in die Karoo – en daar het hy kennis gemaak met windpompe.

Die plaaslewe war maar bra eentonig na al die opwinding van die stad en onthale in die Kasteel en Groote Schuur. Om dinge op te kikker het Jools (soos die Karoomense hom gou gedoop het) sy kreatiwiteit aan die werk gesit en allerhande uitvindings begin prutsel.

So het hy dan die eerste persoon geword wat ‘n stoom-strykyster uitgevind het. Hy moes begin met die ou soort hol yster waarin warm kole gesit is om hitte te verskaf. Hy het gaatjies in die ystervoet geboor vir die stoom en ‘n tregterjie bo waar die water ingegooi kon word. Ongelukkig het die water die kole geblus en die water wat onder uitgeloop het, het die skoon wasgoed net bemors – ‘n totale mislukking dus.

Na ‘n paar meer of minder suksesvolle pogings, het hy met groot optimisme aan ‘n vliegtuig begin. Sy groot “deurbraak” was om die roos van ‘n windpomp as skroef in te span. Maar, aangesien hy geen kennis van termodinamika gehad het nie, het hy nie besef as die wind die skroef moet draai, die skroef nie die vliegtuig vorentoe gaan trek nie. Weer ‘n mislukking.

Die volgende poging was ‘n boot. Bo-op is ‘n windpomp gemonteer en die pomp gedeelte is aangewend om ‘n skroef onder die water aan te dryf. Hierdie was ‘n groot sukses, en anders as met seilbote, het die windrigting nie saak gemaak nie.

Met sy kontakte in die Kaap het hy sy uitvinding aan die Departement van Verdediging verkoop – nie sonder “kickbacks” aan die Minister en ander apmtenare nie. En dis net hier waar die “tenderpreneurskap” wortel geskiet het (maar dis ‘n ander storie).

Die een groot probleem het niemand voorsien nie: Die wind waai nie elke dag nie! Dis iets wat die Hollanders al lankal uitgevind het, en hulle het dan ook hulle windmeulens met ‘n ander tegnologie vervang. Vir die Kaap en die res van die wêreld het die liggie nog nie opgegaan nie en windkrag word naarstiglik met subsidies en kickbacks bevorder (maar dis ‘n ander storie).

Hierdie sukses het onse Jools aangevuur vir die volgende projek: ‘n Duikboot deur ‘n windpomp aangedryf! Die plaasdam is dieper gebagger en hier was die duikboot weer ‘n groot sukses – solank die wind gewaai het, en die windpomp bokant die water uitgesteek het. Die laaste probleem kon hulle natuurlik nie simuleer nie – die plaasdam was te vlak!

Soos ons nou al van staatsdepartemente en politici gewoond is, het probleme nie verhoed dat Jools se nuutste skepping met groot fanfare in die Kaap onvang is nie.

Maar, O wee! Die Kaap van Storms is nie ‘n plaasdam nie! Die golwe is rof (Vra maar vir Wolraad) en die bodem is diep (maar nie só diep dat ons hedendaagse duikbote hulle self nie teen die seebodem te pletter loop het nie – maar dis ‘n ander storie).

Met die eerste duikslag het probleme begin. Die duikboot was nie teen golwe en diepte bestand nie en het gou begin lek. Water het by honderde opening onder die groter druk ingelek.

Die hele bemanning het verdrink!

Dit het so ‘n skande veroorsaak dat Jools terstond die land uitgevlug het – gelukkig het hy sy kontrakgelde betyds in Switserse bankrekenings weggemoffel. Die Kaapse departement en die verantwoordlelike politici het alle verantwoordelikheid natuurlik ontken en mettertyd het die storm bedaar en het die publiek die skandaal vergeet.

Jools het in Parys anker gegooi. Maar gou was hy hier veveeld – hy was maar net nóg ‘n vlugteling van die gereg en niemand het veel aandag aan hom bestee nie – totdat hy sy avonture opgeteken het nie. Natuurlik met heelwat oordrywing en versiering.

Sy boek het onder ‘n skuilnaam verskyn – sy Skotse naam net so effe aangepas en die Mc is laat val. Hierdie boek was dan ook die eerste van talle wat hom tot vandag beroemdheid besorg het:

Twenty Thousand Leaks under the Sea
deur
Jules Verne

(PS: Jy kan Julius se strykyster vandag nog in die Kasteel se museum gaan besigtig – njannies!)