Teen ‘n tuinmuur IV

Desember 28, 2011 in Sonder kategorie

Een oggend het daar ‘n ruspe teen die tuinmuur verskyn, net die ruspe.

Enkele ure daarna het ‘n klossie geel, syagtige kokonne verskyn. Die ruspe was ongeveer 2.5 cm lank en die kokone sowat 2mm.

Wat gaan hier aan?

‘n Parasitiese wesp het waarskynlik haar eiers binne die ruspe gelê, hier het die eiers uitgebroei en binne die ruspe as larwes gegroei totdat hulle gereed was om die lewende gasheer te verlaat en kokonne te spin. Uit hierdie kokonne sal dan ‘n volgende geslag wespe tevoorskyn kom.

Die drie foto’s hier onder wys die ruspe langs die kokonne, die kokonne met een van die nuwe wespe en ‘n nabyskoot van een van die wespe. Onthou dat die wesp skaars 2mm lank is!

    

Teen ‘n Tuinmuur I,  Teen ‘n Tuinmuur IITeen ‘n Tuinmuur IIITeen ‘n Tuinmuur V

7 antwoorde op Teen ‘n tuinmuur IV

  1. ‘n Miniskule drama. Baie interessant

  2. Die ruspe is die man op straat.
    Die wesp is politici/ nigeriers/piramiedskema ouens/geloofgenesers/ens..

  3. Hehe.

    Ook hoog op die lys is banke en selfoonmaatskappye.

  4. TS het gesê op Desember 28, 2011

    Interessant

  5. Dis partykeer kak om ‘n ruspe te wees – jy het nie waarborge van vlinder word nie…

  6. Bwhahahaha!

  7. Jissie, Vuurklip!
    Jy merk ook alles op.
    Die een is die beste ooit

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.