Jy blaai in die argief vir 2011 Oktober.

Koos en Kaspaas – ‘n Analogie

Oktober 23, 2011 in Sonder kategorie

(Honiball te tekening hier)

Kom nou-die-dag af op die Dunning-Kruger effek .  (Lees maar hier: Wikipedia). Die deel van die effek wat my opgeval het, is dat sommige dommerige onkundige mense te dom en onkundig is om te besef hóé onkundig hulle is, sodat hulle hul kundigheid te hoog aanslaan. Hulle is te onkundig om te kan takseer hoe onkundig hulle werklik is!

Soos baie van ons wat bokant ons ekonomiese vermoëns leef, leef hulle bokand hulle intellektuele vermoëns. In die intellektuele skuld dus.

Dit laat my toe dink aan ‘n sekere blogger, noem hom maar neef Koos (nee, nie die een met die een oor nie, dié staan onder die bed maar die eenogige).

Ek verduidelik die storie aan die hand van ‘n analogie.

‘n Tweede karakter in die verhaal is Kaspaas. Kaspaas se liggie brand ook nie te helder nie, en hy maak ‘n inskrywing oor radioaktiewe datering van veral fossielhoudende gesteentes. Kaspaas dink radioaktiwiteit het met die SABC te make en hy wéét die Aarde is net 6000 jaar oud en beweer dus sodanige datering ‘n houks.

Neef Kosie laat sy (dowwerige) liggie val op Kaspaas se blog en dit inspireer hom om self daaroor te blog. Hy gebruik nou Kaspaas se gebrekkige kennis om ook radioaktiewe datering af te skiet. Maar dan gaan hy verder, hy skiet ook sommer die hele kosmologie af. Dis nie al nie, hy spoeg daarop (soos elke rugbyspeler spoeg as hy aan die bal gevat het. Soms sonder dat dat hy aan die bal gevat het).

Maar hoekom nou hier stop? Hy spoeg sommer ook op evolusie and for good measure op die hele Euklidiese meetkunde.

In my kommentaar op Neef Kosie se blog, probeer ek vergeefs om hom te laat insien dat dit onverantwoordbaar is om ‘n gebrekkige argument te gebruik om die geldigheid van jou eie argument aan te toon. Of radioaktiewe datering geldig is of nie, jy kan nie ‘n gebrekkige argument gebruik om jou standpunt te probeer bewys nie.

Neef Koos spoeg daarop.

Bleek burokrate

Oktober 9, 2011 in Sonder kategorie

Hoe het ons hierdie mense destyds gesien?

Het ons hulle gesien soos David Goldblatt hulle tóé al gesien het?

Biskop Tutu het onlangs gesê die wêreld moet deur vroue regeer word.

Sal jy enige van hierdie vroue as regeerders wil sien?

nalatenskap

in talle donker
hole en gate
krioel en konkel
bleek burokrate
en na hulle vernoem ons
lughawens en strate

hulle nalatenskap
is kortstondig en nóú
maar wie sal hulle name
in die toekoms onthou?

http://vuurklip.net/index.php?level=6&id=70

Frakking shale!

Oktober 3, 2011 in Sonder kategorie

Hier ‘s ‘n kaart van verskeie skalie (shale) afsettings in die VSA. In ons koerante sal jy waarskynlik net van die Karoo frakking te hore kry.

Kyk na die Barnett afsetting in Texas, en lees dan die uittreksel – nog beter, lees die bron artikel. Let op die astronomiese syfers.

Iemand moet vir Big Julie hiervan vertel – die tender moontlikhede boggel die maaind!

The Barnett Shale natural gas field has generated $65.4 billion in economic activity and created more than 100,200 jobs over the 24-county area since 2001, according to a new study commissioned by the Fort Worth Chamber of Commerce.

Bron:

Dallas Business Journal, 27 September 2011