Jy blaai in die argief vir 2011 Junie.

Waar kry jy daardie hoed?

Junie 26, 2011 in Sonder kategorie

Maar ek wil nie met jou ruil.

Is daar weirder hooftooisel as onder kerklikes?

Verbaas dit jou dat hulle ook rokke dra?

Nagtelike besoekers

Junie 21, 2011 in Sonder kategorie

Hierdie motte het elk ‘n vlerkspan tussen 1 en 2 cm.

Oordrywing in overdrive II

Junie 16, 2011 in Sonder kategorie

Het jy vandag in jou 4×4 gery? Die verwarmer aangeskakel? Kos gemaak? Gebad/gestort?

Jou koolstofvoetspoor maak die Aarde warm. Skaam jou!

Weet jy hoeveel kooldioksied is in die atmosfeer? 10%, 15%, 20%, meer as 20%?

Nee, dis ongeveer 0.04%. Ja, nul punt nul vier persent.

Waar kom hierdie CO2 vandaan? Daar is ‘n gedurige wisselwerking, CO2 word vrygestel en geabsorbeer in ‘n oneindige kringloop. Plante absorbeer CO2, plante vergaan en stel CO2 vry. Koue seewater absorbeer CO2, warmer seewater stel CO2 weer vry. Mense verbrand fossielbrandstof. Meer as 300 vulkane wereldwyd en onder die see spu tonne CO2.

Die vraag is, hoeveel van hierdie siklus is deur ons toedoen? Dit blyk dat ons bydrae ongeveer 3% bedra.

As ons nou almal skielik weer in grotte gaan woon, geen vuur meer maak nie en net rou kos eet, dan verminder ons die totale CO2 komponent, wat reeds baie klein is, met 3%. Wat is 3% van 0.04%. Gee jy om? 

Dit gaan bokkerol verskil maak aan die koolstofsiklus en nog minder aan die klimaat. Maar jý gaan saffer.

Grotte is ons woning nie – nie meer nie.

PS

Die “rook” in die foto is net stoom. So moenie worry nie.

Oordrywing in overdrive I

Junie 16, 2011 in Sonder kategorie

Jy weet nou al dat aardverwarming handuit geruk het en dat dit alles JOU skuld is. Al Gore sê self so. En jy weet dat alle politici altyd die waarheid praat – veral as hulle on the side ‘n winsie kan maak. 

Hoeveel het die Aarde die afgelope 100+ jaar verwarm? Is dit 2°C, 5°C, 10°C?

Nee, nie een van daai nie, dis 0.7°C. Lees weer, nul punt 7 grade Celsius. Jy kan dit skaars op ‘n gewone termometer aflees. Dis minder as die daaglikse temperatuurverskil tussen dag en nag. En dis ‘n gemiddelde geneem oor die hele Aarde. Die IPCC self is een van die bronne vir hierdie warm klimaat.

Hoekom skrik ons so dan so groot hiervoor? Een van die redes is die grafiese voorstelling van die verwarming. Dit is gebruiklik om dit op ‘n grafiek aan te toon met behulp van anomalieë. Hulle kies een of ander beginpunt, sê 15° en wys dan net die temperatuurverskil tussen die metings en 15°.

So sal ‘n temperatuur van 15.7° voorgestel word as +0.7° en ‘n lesing van 14.3 sal voorgestel word as -0.7°.

Hierdie truuk maak enige verandering meer opsigtelik, maar laat die verandering veel ernstiger voorkom as wat dit in werlikheid is. Kyk na die grafiek hier:

Kyk jy nou na die data op die Kelvinskaal, dan lyk dit só:

Niks om voor te skrik nie. Nie eers vir die dapper muis nie.

Lees meer by How it looks from here.

So eg en tradisioneel soos?

Junie 15, 2011 in Sonder kategorie

Volkspele!

Die meriete van pre-koloniale Afrika-regeringsvorms is nie tersake nie. Maar ‘n tradisionale Afrika-parlement bestaan nie, het nooit bestaan nie.

Die be-oogde nuwe parlement teen R1.4 miljard sa net so eg tradisioneel wees soos eg tradisionele Volkspele.

Laat daar lig(?) wees …

Junie 9, 2011 in Sonder kategorie

Vir dié wat dit kan bekostig sal daar lig wees.

  

Ons dierbare regering peplan om gewone gloeilampe uit te faseer. Sou hulle daaraan gedink het dat dat derduisende mense in die informele nedersettings noueliks die duurder gloeilampe sal kan bekostig? En sal dié wat kan veilig daarvan ontslae raak?

Daar word ons vertel dat die nuwe gloeilampe ‘n 5 tot 10 jaar leeftyd het. In my ondervinding het hulle eerder ‘n gemiddelde leeftyd van 2 jaar. Ek het nog géén gloeilamp gehad van langer as 4 jaar gehou het nie – nie eers die wat slegs een keer per dag aan- of afgeskakel word nie.