Jy blaai in die argief vir 2011 Mei.

Pikkiewyn!

Mei 26, 2011 in Sonder kategorie

Hierdie ma sit op drie kuikens – maar hier sien jy net een.

As jy fyn oplet by die kolonie sal jy heelwat kuikens te siene kry, al hou die ma’s die kleintjies styf teen die bors.

Die drieling hier is maar woelig en ma pikkewyn moes net keer om hulle onder die vlerk te hou.

Apocalips nog met ons

Mei 25, 2011 in Sonder kategorie

Helaas, die wegraping en meegaande aardskuddings het nie gebeur nie, en Apocalips is steeds met ons (foto):

Onse Vader!

Mei 25, 2011 in Sonder kategorie

Paternoster se toekoms:

Die goed is groot, nè?

Dit het werklik gebeur! Die Wegraping

Mei 23, 2011 in Sonder kategorie

Ons het almal die boodskap verkeerd gelees – die Wegraping is nie vir die mensdom beskik nie – ons is immers te sondig.

Hier sien jy die gelukkige weggeraaptes:

Cabo das Tormentas

Mei 23, 2011 in Sonder kategorie

Gister:

Vandag:



Die Rooi See in Simonstad – Net vir die sondaars!

Mei 21, 2011 in Sonder kategorie

Dagbreek – as jy hierdie dag beleef is jy oorgeslaan by die Wegraping!

Is jy nie dankbaar nie?

Wit is die water …

Mei 17, 2011 in Sonder kategorie

… en bleek is die maan,

Wie is dit wat daar

So geruisloos gaan?

Uit Rietfontein van I.D. du Plessis


Is jy desperaat? Bel 021 782 2063

Mei 16, 2011 in Sonder kategorie

Soek jy geluk?

Hier is die antwoord – in Vishoek, nogal

‘n Groot dam …

Mei 15, 2011 in Sonder kategorie

… as jou enjin gekalf het! 

Die skipper laat waai met die rieme.

Hoeveel engele …

Mei 13, 2011 in Sonder kategorie

… swem in ‘n doopvont?

Net so relevant in vandag se Die Burger is daar twee berigte:

  1. Kaapse NGK vra hulp oor doop-turksvy
    Ek haal aan “… na ‘n lang en soms emosionele debat … oor hoe die kerk moet reageer op lidmate wat as babas gedoop is ná ‘n bekering as volwassenes weer laat doop”.
    Jirre, waarmee die mense hulle eindeloos kan besig hou. Dit verg nogal ‘n lang en soms emosionele debat.
  2. Is daar ‘n duiwel of nie?
    Jy is vrek gelukkig as jy ‘n lidmaat van die NG Kerk in die Wes- of Suid-Kaapland is – want jy mag nou self besluit of ou Mefisto bestaan of nie. As jy elders woon moet jy maar ligloop – vir jou is daar geen onsnapkans nie. Geen plesiertjies op Sondae meer nie, en hou maar op drink, rook en dans.