Die toekoms van navorsing.

Februarie 21, 2011 in Sonder kategorie

Wat sê die onderstaande name vir jou?

Evgeny Tsymbal
Karolina Janicka
Yong Wang
Chang-Beom Eom

Vreemde name, nie waar nie?

Hulle is aan die spits van navorsing in tegnologie wat verband hou met die stoor van data – in die ewige strewe om meer en meer data in kleiner en kleiner toestelle te berg.

Hoewel hulle aan universiteite in die VSA verbonde is,  dui dit dalk op die groeiende agterstand van Westerse skoling.

En as dit so is dat die Weste agter raak t.o.v. die Ooste, hoeveel groter word die agterstand in Afrika – hier waar ons verder en verder agter raak by die Weste. Is daar hoop om in te haal? Is die eis vir “equal education” nie net ‘n verskoning om alle “education” af te trek na die laagste moontlike standaard nie – sodat niemand hoef te voel dat hulle agter gelaat is nie. Almal is tog immers dan tesame ewe ver agter.

Foto: Mail & Guardian.

Artikel hier: Physorg.com

3 antwoorde op Die toekoms van navorsing.

  1. Vetjan het gesê op Februarie 22, 2011

    In die RSA beteken equal enigeding aftrek na die laagste gemene deler. Laat my dink aan my destydse girlfriend, ons wou gaan surf, ek het ‘n lekker wetsuit gehad sy nie, toe wil sy hê ek moet myne uittrek want dit sou verkeerd wees as sy sou koud kry en ek nie!

  2. Ek stem saam. Die heidige standaard van onderwys is snert.

  3. Duidelik is RSA in groot akkies met die ANC regering.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.