Jy blaai in die argief vir 2011 Februarie.

Groot Brag?

Februarie 26, 2011 in Sonder kategorie

In vanoggend se BY spog Dr Ali Bacher oor sy eerste mediese praktyk: Toe hy dit verkoop het, het hy 60 pasiënte per dag gesien.

As hy ‘n nege-uur dag gewerk het, beteken dit dat hy gemiddeld minder as 10min aan ‘n pasient bestee afgestaan het.

En teen vandag se koste van R285 vir ‘n konsultasie, sou hy meer as R17000 per dag verdien gemaak het.

Êrens is iets verkeerd. 

Met daai tamaai inkomste sou ek ook so tevrede en breëbors rondgestaan het. 

Foto: Times Live 

Die toekoms van navorsing.

Februarie 21, 2011 in Sonder kategorie

Wat sê die onderstaande name vir jou?

Evgeny Tsymbal
Karolina Janicka
Yong Wang
Chang-Beom Eom

Vreemde name, nie waar nie?

Hulle is aan die spits van navorsing in tegnologie wat verband hou met die stoor van data – in die ewige strewe om meer en meer data in kleiner en kleiner toestelle te berg.

Hoewel hulle aan universiteite in die VSA verbonde is,  dui dit dalk op die groeiende agterstand van Westerse skoling.

En as dit so is dat die Weste agter raak t.o.v. die Ooste, hoeveel groter word die agterstand in Afrika – hier waar ons verder en verder agter raak by die Weste. Is daar hoop om in te haal? Is die eis vir “equal education” nie net ‘n verskoning om alle “education” af te trek na die laagste moontlike standaard nie – sodat niemand hoef te voel dat hulle agter gelaat is nie. Almal is tog immers dan tesame ewe ver agter.

Foto: Mail & Guardian.

Artikel hier: Physorg.com

Windlawaai!

Februarie 14, 2011 in Sonder kategorie

Kommentaar oorbodig …

Lees die berig The futility of wind power

Jou ma se …

Februarie 8, 2011 in Sonder kategorie

http://www.jesusandmo.net/

Broeityd!

Februarie 7, 2011 in Sonder kategorie

Die tobies het suksevol gebroei, twee eiers, twee kuikens – ons hoop maar die kuikens oorleef.

Hier is ma en die twee kuikens

 

Nog een van ma en een van die kuikens van naderby:

Die pikkewyn het minder sukses, lyk dit. Ons hou die nes nou al sowat twee weke dop, maar sien nooit dat daar gebroei word nie. Daar is minstens agt ander neste naby dié een, maar hulle word skynbaar ook nie bebroei nie.

Dis nogal moeilik om die neste raak te sien, die eiers is goed gekamoefleer.

Boontjiesop teen die wet!

Februarie 7, 2011 in Sonder kategorie

Uit vandag se Cape Times …

Ek dink as Minister Chaponda (en omtrent elke politikus) net sy mond toehou , sal die probleem veel kleiner wees?