Jy blaai in die argief vir 2011 Januarie.

Flying Fish!?

Januarie 24, 2011 in Sonder kategorie


Die Ingelse beoog nou om visse vanaf die Lake District te airlift na koeler waters in Skotland. Dis glo noodsaaklik om die visse te red agv aardverwarming – newwermaaind die afgelope jare se aardafkoeling. Lees hier: The Independent

Nou wonder ek of hulle die visse van Skotland se koue waters gaan airlift na die Lake Districts as dit nog langer afkoel? Ek die hoop Ingelse het dáárvoor beplan.

Commuting Fish …

As ons moet oordeel op die chaos op hulle lughawens, het ek ernstige twyfel!

Grafika

 

Mammoete herlewe?

Januarie 16, 2011 in Sonder kategorie


‘n Span navorsers in Japan beoog om mammoete te laat herlewe. Die plan is om mammoet DNA in ‘n olifant eiersel te plant en om dan die eiersel in ‘n olifant in te plane – in die hoop dat die olifant ‘n mammoet-kuiken sal voortbring.

Die idee is natuurlik in  beginsel moontlik, mits die DNA van genoegsame kwalitiet en en sekerlik nog ‘n hele klomp ander voorwaardes. 

Maar die instituut waar die navorsing gedoen word, is Kinki University’s Graduate School of Biology-Oriented Science and Technology. En dit laat my wonder watse ander kinky eksperimente daar gedoen word …

Artikel en illustrasie hier

Trollebolle

Januarie 12, 2011 in Sonder kategorie


Ek het vantevore oor Trolle geskryf (hier). 

Trolle word vet van reaksie. Dis waarvoor hulle trol: om reaksie te kry, om te wéét en te ervaar dat hulle ‘n effek bereik het.

Die enigste verweer is on hulle heeltemal te ignoreer. Heeltemal, elke keer.
Moenie die trolle voer nie. As hulle geen kos kry nie, vrek hulle van die honger.

Verwyder beledigende kommentaar sonder verdere reaksie op jou of sy/haar blog.

Rapporteer die trol se blog.

Rapporteer  beledigende kommentaar.

Sit op jou hande.

Foto 

Die Burger: 50 jaar gelede

Januarie 12, 2011 in Sonder kategorie

Bybels vir Afrika : In sy rubriek op bl. 2 skryf P. A. Joubert oor Bybelverspreiding in Afrika. “Die verspreiding geskied op ’n verskeidenheid van gewone en minder gewone maniere,” skryf hy onder meer. “In Suid-Afrika het een sendinggenootskap glad al ’n vliegtuig gebruik om evangelies op uitgesoekte naturelle-statte af te gooi, met goeie gevolge.”

Die Burger

Met goeie gevolge? Het hulle dalk die toordokter raakgegooi?

 

Afrikaners is Plesierig, dit kan julle glo!

Januarie 10, 2011 in Sonder kategorie


Nou ja. Daar het ons dit. Sanlam het verskeie mediese- en pensioenfondse se surplusse geplunder.

Ja, die woord is geplunder. 

In die afgelope drie maande moes Sanlam reeds 1 Miljard terugbetaal.

Die storie is hier in vandag se Cape Times: 

Verdict on Sanlam a boost for medical aid

En wie moet, aan die einde van die dag, soos Naas sou sê, hiervoor opdok? Die polis- en aandeelhouers. 

Ek wonder hoeveel van die sg. Reversionêre Bonusse op my annuïteite waarop ek geregtig was, in werklikheid teen my beleggings gekrediteer is? Sal seker nooit weet nie.

Pasop!

Januarie 10, 2011 in Sonder kategorie


Noudat al hoe minder mense skrik vir Global Warming en die einde van die wereld teen 2100, moet die wolf-roepers die die doelpale verskuif.

Die wereld het nou blaaskans tot die jaar 3000!

Climate change to continue to year 3000 in best case scenarios

New paper in Nature Geoscience examines inertia of carbon dioxide emissions

New research indicates the impact of rising CO2 levels in the Earth’s atmosphere will cause unstoppable effects to the climate for at least the next 1000 years, causing researchers to estimate a collapse of the West Antarctic ice sheet by the year 3000, and an eventual rise in the global sea level of at least four metres.

Bron: Watts up With That 

Hoe om Matriekpunte verder op te stoot

Januarie 10, 2011 in Sonder kategorie


Is dit nie prysenswaardieg nie? 

Ons matriekslaagsyfer verbeter van 60% tot 67% en dit terwyl onderwysers staak! 

Dalk moet hulle volgende jaar wéér staak, en dan sommer langer.

Sim Sala Bim! Kul jou hier, kul jou daar, en siedaar!

Januarie 7, 2011 in Sonder kategorie

  

As jy glo aan die magic armbandjie (soos die Proteas doen), móét jy eenvoudig ook die horlosie aanskaf. Dit bevat Toermalyn en Germanium – jy kán eenvoudig nie daarsonder nie, en met daardie bestanddele kán jy net nie verkeerd gaan nie..

Hol onmiddellik Sportsmans Warehouse toe en kry joune vandág nog. Met ‘n bietjie luck, sal jy ook kan sien hoe laat dit is.

Sneeu in Europa?

Januarie 7, 2011 in Sonder kategorie

Watwo! Hierdie is Volksrust, laat 1950’s.

Kat in die sak beding?

Januarie 3, 2011 in Sonder kategorie


In hierdie land waar jy letterlik met moord wegkom, gaan jy ‘n pleitooreenkoms aan wat jou 18 jaar in die tjoekie laat sit.

En het jy al ooit gehoor dat ‘n hofsaak waarin moord en kaping ter sprake is, binne dae afgehandel word?