Jy blaai in die argief vir 2010 Desember.

(Un)Scientific American

Desember 29, 2010 in Sonder kategorie

Ons weet nou al dat die klimaat-veranderingsprofete nie die afgelope 3 jaar se koue noordelike winters voorspel het nie. Voor hierdie koue weer, het hulle net warmer weer voorsien.

En nou, met die kouer weer, word post facto allerhande  argumente opgerakel om te verduidelik hoekom winters nou kouer is!

Kyk nou na die heerlike double speak soos gerapporteer in die Scientific American:

In fact, while no single storm is anything more than weather,

stronger winter storms are exactly what climate scientists

expect from a warming climate.

Huh?! Hoe kouer die weer, hoe meer aardverwarming? Let op, hulle is versigtig om te sê stronger winter storms en nie colder nie.

En die eenvoudige verklaring (meer warmte, meer vog in die atmosfeer) was drie jaar gelede nie aangehaal as synde ‘n oorsaak van kouer weer nie.

Ek dink ek kan!

Desember 28, 2010 in Sonder kategorie

‘n Drama in die kleine, met ‘n gelukkige sowel as ongelukkige einde!

Die mot is te groot en het oorleef, die geitjie het honger gaan slaap.

Stoom!

Desember 25, 2010 in Sonder kategorie

Stoom op pad

na Simonstad!

Die treine loop (miskien) weer.

Weervoorspellings en Global Warming

Desember 22, 2010 in Sonder kategorie

Die Britse weerkantoor voorspel nou al die afgelope drie jaar dat hulle winters matig en warmer as gemiddeld sal wees. In 2000 het hulle selfs beweer dat sneeu iets van die verlede is!

Gedurende die Tweede Wêreldoorlog was die Geallieerdes se inval kritiek afhanklik van die weer en het hulle staat gemaak op akkurate weervoorspellings om die finale datum vir die inval te bepaal.

Wat dink jy sou gebeur het as Eisenhower op die huidige weerkantoor se vooruitskatting staat moes maak?

(Britse weervoorspelling sou van dag vandag akkurater en in Duits gewees het.)

Lees hier: GWPF 

Foto: Omaha Beach

Krieket se nuwe fan

Desember 22, 2010 in Sonder kategorie

Weet jy hoekom die Bokke so vrot rugby speel en die Blou Bulle nie meer so goed vaar nie?

God is nou ‘n krieket fan en hy support Sachin!

Lees hier: Cricket Now 

Recycle, recycle, recycle!

Desember 21, 2010 in Sonder kategorie

Hoeveel keer kan jy ‘n gevriesde hoender recycle?

Dink jy die die skuldiges stop by een?

Lees hier: News24

Foto
 

Vyfde Wiel aan die wa?

Desember 11, 2010 in Sonder kategorie

Ek sien die vyfde Vaviel aan die alliansie se wa wil nou alle privaatskole afskaf.

Alles moet gereduseer word na die laagste (nie werkende) gemene deler.

Hy sê: “… private skole is bastions van klasse-ongelykheid en moet waai …

Foto

Die Wiel op Wikipedia

Bron: Die Burger

Opium of the Masses

Desember 10, 2010 in Sonder kategorie

Dilbert is agter die tyd! Die drug is lankal uitgevind – ons noem dit religion

Potloodskerpmaker gesoek!

Desember 9, 2010 in Sonder kategorie

Van die afgevaardigdes by Cancún is nie van die skerpste nie! Hulle was maar te gewillig om ‘n bogus petisie te teken. Die petisie is teen Diwaterstofmonoksied. (Monoksied, klink blerrie gevaarlik nè?)

Dit móét verban word omdat dit onder andere:

  • voorkom in suurreën
  • gebruik word om steenkool- én kernkragstasies te verkoel
    stel jou voor! Steenkool sowel as Kernkrag! 
  • dodelik is om in te asem
  • een van die gevaarlikste kweekhuisgasse is
  • teenwoordig is in vars groente en vrugte

Kyk maar self …

 

Bron: CFACT

Uit Arabella

Desember 4, 2010 in Sonder kategorie

‘n Hoogtepunt uit Mimi se repertoire …

Een van die mooiste liefdesduette.

ARABELLA 
ganz leise, mit ihm 
Und du wirst mein Gebieter sein und ich dein Untertan 
dein Haus wird mein Haus sein, in deinem Grab will ich mit dir begraben sein – 
so gebe ich mich dir auf Zeit und Ewigkeit. 

Die teks is ontleen aan Esther uit die Bybel