Eendag was daar …
November 27, 2010 in Sonder kategorie
Eendag was daar ‘n plaas met ‘n klompie gelukkige hoenders. Hulle het min of meer op dieselfde tyd uitgebroei en het hulle hele lewe sorgvry op die werf rondgeskarrel en hulle kroppe lekker dikgepik aan goggas en mielipitte.
Elke oggend en elke aand het die boer met ‘n sak mieliepitte en ander byvoegsels op die werf verskyn en die kos vir die hoenders gestrooi. Gevolglik was die spannetjie spekvet en gesond, en vreeslik tevrede.
Daar was selfs ‘n mooi groot haan om hulle betyds soggens wakker te kraai (en ander dienste te lewer) sodat hulle ten volle van die boer se goedheid gebruik kon maak.
Voor slapenstyd elke aand, het die hoenders bymekaar gekom vir danksegging en om die boer te prys en hulde te bring.
Ongelukkig het die spannetjie, haan ingelsuit, nie koerant gelees nie, en ook nie TV gekyk nie. Gevolglik het die volgende advertensie hulle ongesiens verbygegaan:
Hulle smáák so lekker want hulle éét so lekker!
Onlangse kommentare