Jy blaai in die argief vir 2010 April.

Skadu’s van Piet Hein!

April 14, 2010 in Sonder kategorie

Daar doen die ‘Ollanders dit weer – die keer net omgekeerd. Hierdie keer trek hulle die seerowers vas, anders as in Piet se tyd.

Siende dat die houers ‘n ZIM logo op het, moes hulle dalk die seerowers met rus gelaat het?

Een rower beroof die ander …

Lees die storie in Der Spiegel

Blokkiesraaisel: 2010-04-13 – Antwoord

April 14, 2010 in Sonder kategorie

The Venerable Bede

 

Part of the rosary, we hear, for ancient monk. (4 letters)

“Part of the rosary” is ‘n “bead”, “we hear” sê vir ons die woord wat ons soek, klink soos “bead” – ‘n homoniem, dus (en nee, dit het niks met die monnik se seks oriëntasie te make nie!) en daardie woord gee vir ons ‘n “ancient monk”

‘n Bietjie algemene kennis is dat daar ‘n monnik was bekend as “The Venerable Bede”

Die antwoord is dus “Bede”

Lees hier op Wikipaedia

Dankie vir die saamspeel!

Greenie Gekheid

April 14, 2010 in Sonder kategorie

Hier is ‘n nuwe scam. Wys jou net, dis nie net óns politici wat korrup is nie.

Dit blyk dat Spaanse Sonkrag opwekkers diesel-generators in die stilligheid gebruik om meer krag aan die Spaanse-kragnetwerk te lewer. Dit is winsgewend omdat die subsidie op sonkrag so hoog is dat hulle ekstra wins maak op die goedkoper dieselkrag!

Die kroeks se fout was om die diesels ook snags te laat loop – sodoende het die owerhede snuf in die neus gekry.

En wie betaal uitendelik die gelag? Die belastingbetaler want dis waar die subsidies vandaan kom.

Lees die berig hier in Bloomberg Business Week

Op ‘n verwante noot: Eskom se lening by die Wêreldbank is toegestaan – maar met “strings” – daar moet naamlik honderde miljoene van die lening aan alternatiewe (wind, son) kragopwekking bestee word. Die krag wat so opgewek word, is tans nog veel duurder as steenkool-krag en die gewone gebruiker gaan weer die spit afbyt. Eskom krag sal so nóg duurder word.

Die hele gemors word veroorsaak deur die wanopvatting dat CO2 ‘n besoedeling is en aardverwarming veroorsaak. Die bydrae van CO2 is miniskuul in vergelyking met die menigte natuurlike faktore.

Dit maak net nie ekonomiese sin om duur alternatiewe te ontwikkel terwyl SA oor groot hoeveelhede goedkoper steenkool beskik nie – solank die besoedeling in toom gehou word, dis nou ander stowwe soos o.a. swael en swaarmetale – nie CO2 nie.

Blokkiesraaisel: 2010-04-13

April 13, 2010 in Sonder kategorie

Hier is vandag se clue:

Part of the rosary, we hear, for ancient monk. (4 letters)

Onthou, jy moet jou antwoord volledig motiveer.

TV Aksie!

April 8, 2010 in Sonder kategorie

Ons ou wasmasjien het die gees gegee …

Die nuwe een is van daai outomatiese modelle met die venstertjie.

Toe ek so na die wassery deur die venstertjie kyk, besef ek dat daar meer aksie in die wasmasjien is as in al die TV programme op ESYBIESIE en eTIEVIE tesame.

Wag, die ding begin nou spin, ek gaan gou kyk – sien jou later, baai.

Eco Font – Support fight against Global Warming!

April 1, 2010 in Sonder kategorie

Hierdie is ‘n oproep aan almal om die goeie stryd te ondersteun.

Wetenskaplikes in Japan het ‘n nuwe font vir rekenaardrukkers ontwikkel wat geen ink gebruik nie.

Verskeie verskaffers van drukkertegnologie soos HP, Epson, IBM staan dit erg teen en wil verhoed dat ‘n patent daarvoor uitgereik word.

Om hulle voor te spring, het ek gou die font afgelaai, en julle kan dit op julle beurt by my webwerf gaan aflaai.

Volledige gebruiksaanwysings is by die intallasie ingesluit.

Doen dit sommer NOU!

Eco Font Download