Voëls – raar maar waar.

April 19, 2010 in Sonder kategorie

Die foto wys dit nie te duidelik nie, maar elke voël het drie vertikale strepe, dit is die handelsmerk van ‘n bekende sporttoerustingvervaardiger.

Dit is dan ook waarom die voëls sowel as die sporttoerusting ‘Adidas heet.

Nou weet jy dit ook.

9 antwoorde op Voëls – raar maar waar.

  1. Hadidahahahahahahahahaha!!!

  2. He,he ek voel nou baie slimmer dankie Vuurtjie!

  3. vuurklip het gesê op April 20, 2010

    We drops our aitches, dearie.

  4. vuurklip het gesê op April 20, 2010

    Pasop, netnou is jy ‘n drieling!

  5. skaawagter het gesê op April 20, 2010

    Slim storie!…. daars n ander storie oor hoekom hulle so baie kleure op een slag wys, en nog n legende oor hoekom hulle so raas as hulle vlieg. ken jy dit?

  6. vuurklip het gesê op April 20, 2010

    Vertel!

  7. skaawagter het gesê op April 21, 2010

    een van Oom Dolf Schumann se nuwe Afrika-legendes. In elke rivier woon daar n watergees, daarom gaan haal die jongmeisies nooit alleen water nie. Op n keer sit hulle langs die wal en haal potklei uit en kla by mekaar dat hulle kleertjies so vaal en verbleik is, en dat die hoofman se derde vrou alweer nuwes gekry het…
    Met n brul verskyn die watergees, hy het sy krokodilbaadjievel aan… ‘Julle sal van nou af met al die kleure van die reenboog kan spog en die son sal julle laat blink soos die water van hierdie rivier…nooit weer hoef julle water of hout aan te dra nie…en vroeg soggens sal julle almal vertel dat die tyd vir werk aangebreek het…’
    Onmiddelik verander hulle in pragtige voels met wonderlike weerkaatsende vere, sterk vlerke en laaang snawels.

    ‘maar daars n paar goeters wat julle nou moet onthou…van vandag af net paddas en erdwurms en duisendpote op die spyskaart! O ja voor ek vergeet’ julle sal wanner julle opstyg n bietjie hoogtevrees kry, maar moenie te lank aanhou skree nie…daai vlerke is goed ontwerp…’

  8. vuurklip het gesê op April 21, 2010

    Dankie. Is die hoofman se naam dalk Jacob?

  9. skaawagter het gesê op April 21, 2010

    Mag wees….werk jy dan nie vanmore nie?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.