Jy blaai in die argief vir 2010 Februarie.

Die hoenders in!

Februarie 15, 2010 in Sonder kategorie

Hier (Pecking order) is ‘n insiggewende kyk op hoenders en wat ons by hulle kan leer.

Het ons in Afrikaans ook soveel terme wat die oorsprong aan hoenders te danke het?

Watching chickens is a very old human pastime, and the forerunner of psychology, sociology and management theory. Sometimes understanding yourself can be made easier by projection on to others. Watching chickens helps us understand human motivations and interactions, which is doubtless why so many words and phrases in common parlance are redolent of the hen yard: “pecking order”, “cockiness”, “ruffling somebody’s feathers”, “taking somebody under your wing”, “fussing like a mother hen”, “strutting”, a “bantamweight fighter”, “clipping someone’s wings”, “beady eyes”, “chicks”, “to crow”, “to flock”, “get in a flap”, “coming home to roost”, “don’t count your chickens before they’re hatched”, “nest eggs” and “preening”.

Blaps du jour

Februarie 11, 2010 in Sonder kategorie

Die wêreld se “main stream media” begin nou om oor die IPCC se menige blapse te berig. Maar moenie dink jy sal iets in Die Burger daaroor te siene kry nie – net af en toe ‘n lesersbrief …

Vandag se storie gaan oor die IPCC se jongste verslag (Fourth Assessment report) waarvolgens:

Climate variability affects many segments of this growing economic sector [Tourism]. For example, wildfires in Colorado (2002) and British Columbia (2003) caused tens of millions of dollars in tourism losses by reducing visitation and destroying infrastructure

Hierdie bewering word gesteun deur drie verwysings: (Associated Press, 2002; Butler, 2002; BC Stats, 2003). Dit blyk twee koerant berigte te wees en een (BC Stats) ‘n toerisme verslag.

Slegs die BC Stats verslag is nog beskikbaar, maar as jy die verslag lees, merk jy op dat toerisme vir die maande onder bespreking eintlik toegeneem het.

Hierdie is die soveelste geval waar die IPCC sy eie reëls verbreek en bronne gebruik wat nie deur ‘n “peer review” proses gegaan het nie.

Dit behoort al lankal duidelik te wees dat die IPCC se propaganda nie as ‘n basis vir beleidsbesluite kan dien nie.

Hierdie misleiding wat ook ons regering heelhuids sluk gaan ons sakke nog ruk.


Lees meer hier

Gulp! Sluk!

Februarie 6, 2010 in Sonder kategorie

In vanoggend se BY word AP Brink aangehaal waar hy homself uitlaat oor JM Coetzee as dosent:

As dosent kon J. M. Coetzee sommige studente laat toevou soos ‘n madeliefie – en ander laat straal soos ‘n oop gulp.

Werklik? Hoe straal ‘n oop gulp?

Die beelde wat dit by my oproep is te erg selfs vir ‘n nagmerrie:

   Vader Jacob (Regop) as hy ‘n vrou in ‘n kanga sien?

   AP self as hy na ‘n CD van Anna Netrebko luister?

Spaar my asseblief hierdie soort beeldspraak.

PS. Het BY werklik niemand anders as Mev AP Brink om oor JM Coetzee te skryf nie? Sy-aan-sy nogal met AP se eie artikel? En deur hom vertaal?

If you can’t stand the heat …

Februarie 3, 2010 in Sonder kategorie

Confucius said: If you can’t stand the heat, fudge the figures.

Nuutste kroekery op die warmfront.

Dit blyk nou dat Jones (CRU, hide the decline, Mike’s nature trick, destroy the data, hide the data, ens., ens) en Wang Chinese weerstasie statistieke gamanipuleer het om die sg. Urban Heat Island (UHI) effek te kan afskryf. Sou die UHI effek verontagsaam word, beteken dit dat aardtemperature hoër voorkom as wat dit in werklikheid is.

UHI is die verskynsel dat temperature in stedelike gebiede hoër is as in landelike gebiede – dit as gevolg van geboue, teerpaaie en ander strukture.

Lees die storie hier by Watts Up With That

Vreeslike Akkedisse!

Februarie 3, 2010 in Sonder kategorie

Wys hulle ware kleure!

Lees meer in National Geographic

Vloekwoorde – sensitiewes hou verby!

Februarie 1, 2010 in Sonder kategorie

Scroll af …

nóg …